Bejo Nuvance | Oppiplaas

Page 42

nuvance depot in brits

S

edert 2007 het Nuvance (destydse Klein Karoo Saad Bemarking) die Brits kliënte vannuit ons depot in 81 Tom straat (langs Obaro) gediens. In 2014 het Zelda Hill by hierdie depot aangesluit waar sy vir die laaste 6 jaar vir die kontantver­ kope, voorraadsbeheer en administrasie verant­ woordelik was. Na 13 jaar op hierdie perseel, het Nuvance einde laas jaar ’n nuwe depot in Brits in Harrington straat 15 (langs Nandos) oopgemaak. Hierdie is gerieflik geleë direk op die hoofroete (R511) ideaal vir dié wat vininig deur Brits kom, of net wil kom navraag doen oor die verskeidenheid groentevaritiëte wat ons kliënte bied. Met die opening van die nuwe hoofkantoor en distribusie sentrum in Pretoria, is Zelda daarheen oorgeplaas as pakhuis kontroleerder aangesien haar ervaring in voorraadsbestuur hier baie meer van waarde is. In Februarie 2021 het El-Marie Kotze by Nuvance aangesluit en behartig tans die verkope en administrasie asook elektroniese voorraad beheer van dié depo. In samewerking met De Wet Meyer (verkoopsverteenwoordiger) bedien hulle die groter Brits area. Kontak die Brits depot gerus by: Tel: (012) 493 0358 El-Marie Kotze: e.kotze@nuvance.co.za De Wet Meyer: d.meyer@nuvance.co.za Adres: Harrington Straat 15 | Winkel no. 4 Brits | 0250


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.