Swartlandgazettest 20130813

Page 1

Swartland

Year 11 • 13 August 2013 | Tel. 022 482 3817

Op ’n blink toekoms!

www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi

Landbou­toerisme nodig in dié streek LIZETTE SMIT RIEBEEK-WES – Stedelinge wil ’n aandeel in landbou hê. Hulle wil sê, I picked, I made, I stayed, het Nils Flaatten, uitvoerende hoof van Wesgro, tydens Swartland-toerisme se algemene jaarvergadering gesê. Flaatten het gesê mense is baie meer bewus van waar hul kos kom en die proses wat gevolg word om dit op hul tafels te kry. “Waarom nie ’n toerismepakket aanbied waar besoekers teen ’n fooi ’n paar dae op ’n plaas bly, hul eie olywe kan pluk en weggaan met ’n T-hemp as bewys van die ondervinding van oestyd nie?” Flaatten sê 5 000 toeriste het ’n ekonomiese uitwerking van nagenoeg R40 miljoen. Swartlanders moet slim en innoverend wees om ’n deel hiervan te kry. “Toerisme is ’n besigheid. Die vraag wat gevra moet word, is hoe ons waarde kan toevoeg.” Daar moet in ag geneem word dat die ekonomie van elke dorp verskil, maar toerisme moet ’n integrale deel van ’n dorp se ekonomie word. Tydens ’n vraag-en-antwoordsessie ná Flaatten se toespraak het Tijmen van Essen, die burgemeester van Swartland-munisipaliteit, beter samewerking tussen verskillende toerismekantore in die streek voorgestel. “Die grense moet weggeneem word. Waarom byvoorbeeld nie net één skou, naamlik die Swartland-skou op Moorreesburg hou nie, maar dan moet die hele Swartland daarby inkoop?” Die nuwe bestuur vir die Swartland-toerismevereniging sal by ’n volgende vergadering gekies word.

WESKUS KOLLEGE MAAK GESKIEDENIS: Verteenwoordigers van Weskus Kollege op Malmesbury het verlede Woensdag die simboliese eerste sooi gespit vir die R70 miljoen kampus wat gebou sal word. Hier klink (van links) die kampusbestuurder, Thenjiwe Mdoko, Reginald Kortje, ’n lid van die bestuur en voorsitter van die Weskus Kollege infrastruktuurkomitee, en Osma Jooste-Mokgheti, die hoof van Weskus Kollege ’n glasie op sukses by die konstruksie-terrein in Loedolfstraat. Blaai na bladsy 2 vir meer. FOTO: LIZETTE SMIT

Nils Flaatten was verlede Dinsdag die gasspreker by die algemene jaarvergadering van die Swartland-toerismevereniging. By hom is Jolene Janse van Rensburg, bestuurder van die Swartland-wynroete.

FOTO: LIZETTE SMIT


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Swartlandgazettest 20130813 by Boland Gazette - Issuu