5 minute read

Landbou deur die oë van môre se leiers

‘n Groep van 17 jong landboukundiges het ‘n inspirerende blik op en visie vir landbou in Suid-Afrika aangebied tydens die afsluitingsfunksie van 2020 se ontwikkelingsprogram, Leadership in the Connection Economy. Hoewel die fokus akademies van aard was, het die krag van persoonlike ontwikkeling die kalklig gesteel.

SYNGENTA BIED JAARLIKS die Leadership in the Connection Eco- nomy program in samewerking met die Noordwes Universiteit se Sakeskool en Thinking Fusion Africa aan, met ondersteuning van Graan SA. Die program val onder die sambreel van die Leadership Academy for Agriculture. Die ontwikkelingsprogram vir leierskap is spesifiek gemik op jong boere en rolspelers regoor die landbousektor. Dit is in die lewe geroep om te help verseker dat landbou se toekoms nie aan toeval oorgelaat word nie, maar gevorm word deur jong boere toe te rus vir die uitdagings in hul bedryf. “Met die Leadership Academy blaas ons lewe in leierskappotensiaal onder alle omstandighede,” sê Antonie Delport, sakehoof van Syngenta SA. “Sterk leierskap was selde meer nodig as nou. Verlede jaar se kontras tussen landbou se hoogs positiewe bydrae tydens die COVID-grendeltyd en die rasgedrewe botsings in Senekal, laat geen twyfel oor die kompleksiteite waarmee die bedryf worstel nie. Binne hierdie konteks staan die Leadership Academy met sy missie om toekomstige landbouleiers te vorm en te bemagtig.” Die program was aanvanklik slegs op graanboere gemik, maar in 2019 is dit uitgebrei om alle soorte boerdery in te sluit en voorsiening te maak vir samewerking met ander rolspelers in die landbousektor. Saam met graan- en beesboere, was landbou-ekonome, voerkraalbestuurders, ‘n voorligtingsbeampte en ‘n grondgebruiksbeplanner Die ondervinding het ‘n blywende indruk op hom gemaak. “Ek het onder meer besef dat die lewe vir niemand perfek is nie, nie eers vir wit boere nie,” sê Niko. “Ek het besef dat ons almal in dieselfde bootjie is en dat ons dieselfde wense het, soos om suksesvol te wees en ‘n erfenis vir ons gesinne na te laat.” Hy noem dat boerery ‘n eensame besigheid kan wees, veral vir jong mense, en dat die netwerke wat boere en ander rolspelers in die bedryf tydens die program bou, ‘n belangrike bron is van die ondersteuning wat in die bedryf nodig is. As ‘n talentvolle en welsprekende debatvoerder, voeg Niko by dat die

Sommige studente van die ontwikkelingsprogram was Louis Steyl, René Uys, Mbali Nwoko, Mhlali Xhala, Harry van der Merwe, Gerswin Louw, Matthew Worrall en Carel Olckers.

deel van die 2020-groep. Oor die afgelope sewe jaar het 225 landboukundiges die Academy se program voltooi.

Jong leiers in die kalklig

Danksy die verslapping van die Covid-regulasies om geleenthede met beperkte bywoning toe te laat, kon die kandidate dít wat hulle geleer het persoonlik met ‘n paneel van belanghebbendes deel. ‘n Hoogtepunt van die geleentheid was ‘n toespraak deur Niko Mtimkhulu, ‘n melkboer en melkverwerker wat die leierskapontwikkelingsprogram in 2019 voltooi het.

Die verhoudings wat tussen nasionale leiers gebou word, moet op plaasvlak weerspieël word.

leierskapontwikkelingsprogram hom ook geleer het om regtig te luister en te verstaan voordat hy reageer. Hierdie perspektief van ‘n alumnus onderstreep die belangrikheid van die Academy se klem op self-ontdekking en bemagtiging, die ontwikkeling van leierskapvaardighede en om môre se landbouleiers betrokke te kry by die sektor se huidige uitdagings. Die manier waarop die studente drie sulke uitdagings bestudeer het, was die hoof-item op die afsluitingsgeleentheid se sakelys. Ingedeel in drie groepe, het hulle hul begrip van elke uitdaging uit- eengesit, gevolg deur moontlike resultate en die strategieë wat nodig is vir die verlangde toekoms. Die landbou-uitdagings wat uitgelig is, was: ‘n verdeelde sektor met ‘n swak openbare beeld; openbare-private vennootskappe kan help om groei te ontsluit, transformasie te verbeter en voedselsekuriteit te verseker; die vyandige ekonomiese omgewing wat kommersiële boere in die gesig staar. ‘n Paar tema’s het soos goue drade deur die studente se aanbiedings geloop: geen genade vir korrupsie, die noodsaaklikheid vir sterk bestuur en ‘n bevoegde staatsdiens, vertroue wat tussen alle belanghebbendes in die landbousektor gebou moet word, verbeterde kommunikasie, en leiers wat dapper is en hoop verkondig. Die afgeronde aanbiedings was egter net ‘n voorsmakie van die groot persoonlike ontwikkeling wat die kandidate ondergaan het sedert die program in Februarie 2020 afgeskop het. In getuigskrifte wat ná die formele aanbie- dings gelewer is, het die jong manne en vroue gepraat van groei in selfwaarde, selfvertroue en bevoegdheid in Engels, saam met beter begrip en meer empatie oor ras- en geslagskeidslyne heen.

Landbou kan die leiding neem

‘n Atmosfeer van persoonlike outo- nomie het geheers, saam met die oortuiging dat landbou baie meer kán en behoort te doen as om vir mense kos te gee. Soos Jannie de Villiers, hoofbestuurder van Graan SA gesê het: “Landbou kan hierdie land heel maak”. Hy het die klas van 2020 aangemoedig om dít wat hulle in die Leadership Aca- demy vermag het, op hul plase en in hul landboubesighede en gemeenskappe te gaan herhaal. “Die verhoudings wat tussen nasionale leiers gebou word, moet op plaasvlak weerspieël word. Die sagte vaardighede wat by die Leadership Academy geleer word, is broodnodig om verhoudinge te verbeter. Ons land kan nie die khaki-vs-rooi-stryd bekostig nie.” In sy toespraak het Antonie Delport, sakehoof van Syngenta SA, die hernieude waardering vir boere as voedselprodusente wat uit die Covid-19 ondervinding gespruit het, uitgelig. “Ons het deur die grendeltyd gekom sonder dat produksie gestop het. Nou moet ons aanhou wys hoe ons kan saamwerk en hoe suksesvol ons kan wees. Meer as ooit het ons ‘n volledige stel vaardighede nodig om slimmer te kan boer, en dit is waarom die Leadership Academy bestaan.” As ‘n alumnus en agri-entrepreneur, het Niko die klas van 2020 uitgedaag om dapperheid bo gemak te kies. “Ons het die geleentheid om die toon aan te gee vir ons nasie. Almal hou ons as boere dop. Laat ons dus die land in die rigting stuur waarin ons wil hê hy moet gaan deur ons waarheid te praat en geïnspireerde aksie te neem.” Besoek www.leadagri.co.za vir meer inligting en om aansoek te doen.

Onder die studente wat 2020 se program voltooi het was Lindiwe Nkoala, René Uys, Nobuhle Gumede, Harry van der Merwe, Jan Teubes, Johan Potgieter en Johan Nel.

This article is from: