Vegetables & Fruit January/February 2021

Page 24

GENERAL

Landbou deur die oë van môre se leiers ‘n Groep van 17 jong landboukundiges het ‘n inspirerende blik op en visie vir landbou in Suid-Afrika aangebied tydens die afsluitingsfunksie van 2020 se ontwikkelingsprogram, Leadership in the Connection Economy. Hoewel die fokus akademies van aard was, het die krag van persoonlike ontwikkeling die kalklig gesteel.

S

YNGENTA BIED JAARLIKS die Leadership in the Connection Economy program in samewerking met die Noordwes Universiteit se Sakeskool en Thinking Fusion Africa aan, met ondersteuning van Graan SA. Die program val onder die sambreel van die Leadership Academy for Agriculture. Die ontwikkelingsprogram vir leierskap is spesifiek gemik op jong boere en rolspelers regoor die landbousektor. Dit is in die lewe geroep om te help verseker dat landbou se toekoms nie aan toeval oorgelaat word nie, maar gevorm word deur jong boere toe te rus vir die uitdagings in hul bedryf. “Met die Leadership Academy blaas ons lewe in leierskappotensiaal onder alle omstandighede,” sê Antonie Delport, sakehoof van Syngenta SA. “Sterk leierskap was selde meer nodig as nou. Verlede jaar se kontras tussen landbou se hoogs positiewe bydrae tydens die COVID-grendeltyd en die rasgedrewe botsings in Senekal, laat geen twyfel oor die kompleksiteite waarmee die bedryf worstel nie. Binne hierdie konteks staan die Leadership Academy met sy missie om toekomstige landbouleiers te vorm en te bemagtig.” Die program was aanvanklik slegs op graanboere gemik, maar in 2019 is dit uitgebrei om alle soorte boerdery in te sluit en voorsiening te maak vir samewerking met ander rolspelers in die landbousektor. Saam met graan- en beesboere, was landbou-ekonome, voerkraalbestuurders, ‘n voorligtingsbeampte en ‘n grondgebruiksbeplanner

24

Sommige studente van die ontwikkelingsprogram was Louis Steyl, René Uys, Mbali Nwoko, Mhlali Xhala, Harry van der Merwe, Gerswin Louw, Matthew Worrall en Carel Olckers.

deel van die 2020-groep. Oor die afgelope sewe jaar het 225 landboukundiges die Academy se program voltooi. Jong leiers in die kalklig Danksy die verslapping van die Covid-regulasies om geleenthede met beperkte bywoning toe te laat, kon die kandidate dít wat hulle geleer het persoonlik met ‘n paneel van belanghebbendes deel. ‘n Hoogtepunt van die geleentheid was ‘n toespraak deur Niko Mtimkhulu, ‘n melkboer en melkverwerker wat die leierskapontwikkelingsprogram in 2019 voltooi het.

Die ondervinding het ‘n blywende indruk op hom gemaak. “Ek het onder meer besef dat die lewe vir niemand perfek is nie, nie eers vir wit boere nie,” sê Niko. “Ek het besef dat ons almal in dieselfde bootjie is en dat ons dieselfde wense het, soos om suksesvol te wees en ‘n erfenis vir ons gesinne na te laat.” Hy noem dat boerery ‘n eensame besigheid kan wees, veral vir jong mense, en dat die netwerke wat boere en ander rolspelers in die bedryf tydens die program bou, ‘n belangrike bron is van die ondersteuning wat in die bedryf nodig is. As ‘n talentvolle en welsprekende debatvoerder, voeg Niko by dat die

JANUARY • FEBRUARY 2021 | VEGETABLES & FRUIT


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.