




Uitstekende beheer van saadgedraagde- en vroeë blaarsiektes
Effektiewe beskerming vir jong plante
Geen vertraging in ontkieming
Verlaagde swamsiekte-inokulum
Kontak jou naaste BASF-verteenwoordiger om verder te gesels. WhatsApp eenvoudig ‘hi’ na: +27 66 125 9522.
BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk • Sestiendestraat 852, Midrand, 1685
Posbus 2801, Halfweghuis, 1685 • Tel: +27 11 203 2400 • Faks: +27 11 203 2461 • Webwerf: www.agro.basf.co.za • Mobiele webwerf: m.agro.basf.co.za • Flite® Reg. Nr. L4965 Wet Nr. 36 van 1947. Aktiewe bestanddeel: Triticonazole 200 g/ℓ. Waarskuwing. Flite® is ’n geregistreerde handelsmerk van BASF
Gevaarstellings: Moontlikheid dat dit vrugbaarheid negatief kan beïnvloed. Kan skade aan organe veroorsaak (die lewer en byniere) deur langdurige of herhaalde blootstelling. Baie giftig vir waterlewe met langdurige gevolge. Dra beskermde handskoene/klere/oog-/ gesigbeskerming. Moenie die missproei of dampe inasem nie. LEES DIE ETIKET VOOR GEBRUIK.
VOORBLAD
The quantity of wheat exports directly from farms have grown over the past two marketing years. See page 8 for information how the SA Grain Information Centre’s inspectors approach stock counting.
Koringfokus / Wheat Focus verskyn ses keer per jaar en word in samewerking met die koringbedryf saamgestel, wat insluit: LNR-Kleingraan; SA Graaninligtingsdiens & SA Graanlaboratorium.
Gratis beskikbaar aan bona fide-kleingraanprodusente
Adres vir redaksionele kopie, advertensies en intekenare: Mediakom Posbus 20250 Noordbrug 2552
Tel: 018 293 0622 E-pos: info@mediakom.co.za www.mediacomcc.co.za
REDAKTEUR: Willie Louw
ADVERTENSIES: Jana Greenall 082 780 9914
UITLEG: Mercia Venter - studio.chatnoir@gmail.com
KOPIEREG EN STANDPUNTE
© Kopiereg / Copyright: Ingevolge Artikel 12(7) van die Wet op Outeursreg Nr 98 van 1978 en enige wysigings word alle regte voorbehou. Standpunte en aansprake in advertensies en artikels word nie noodwendig deur Mediacom Bk en enige medewerkers / deelnemende instansies onderskryf nie. Regstellings word net oorweeg indien ‘n tipografiese fout die bemarkingswaarde van ‘n advertensie/promosie verminder.
REEDS
ONAFHANKLIKE SPESIALIS-TYDSKRIF
VIR DIE KLEINGRAANBEDRYF
4 Hoë standaarde vir veilige voedsel is noodsaaklik
05 Aanwysers, beleid en groeikanse maak landbousake vir 2025 optimisties
07 Landbou se ekonomiese inkrimping word bevraagteken
7 Nog nie konsensus oor inspeksiediens vir graanbedryf nie
8 Stock counting procedures and exports directly from farms
10 Koring kry nou ook goue erkenning vir opbrengs
11 Só boer koring se opbrengswenners onder besproeiing
15 Best article: The search for the superior oat cultivar
19 Varkboer TLU SA se Jongboer van die Jaar
19 Regstelling: Seedcare Instituut vir saadbehandeling
20 Jong boere blink uit vir 2024 se titel
20 Wessel Lemmer ruil graanopberging vir rosyntjies
26 Ondernemings se sakevertroue verbeter aan einde van 2024
27 Canola contributes in many ways
28 Landboumasjinerie se verkope stabiliseer
28 Seisoen se verloop en gewasse gaan verkoopsyfers bepaal
29 Vyf oesskattings se produksie wys hoe toestande en verwagtinge verander
30 Goeie vordering met VKB en GWK se integrasie
30 Meer kolleges fokus op landbouopleiding
16 Exploring the relationship between seed dormancy and longevity in wheat
Weens afleweringsprobleme met die gewone posdiens word intekenare en lesers versoek om hul e-posadresse aan info@mediakom.co.za te stuur vir die elektroniese versending van KORINGFOKUS - WHEAT FOCUS.
Wintergrane nou in die pylvak
22 Wintergrane nou in die pylvak
23 Noorde en suide se koringtoestande in wêreld is wisselvallig
24 Weens rompslomp verander invoertarief selde
25 Kleiner koringoes verwag maar ook minder ingevoer
Die onlangse krisis van besmette voedselprodukte op winkelrakke het die belangrikheid van gehaltetoetse beklemtoon. Die landboubedryf maak staat op die Suider-Afrikaanse Graanlaboratorium (SAGL) se metingsresultate, kalibreringsdienste en vaardigheidskemas vir die toets van graan en ooreenstemmende voedsel- en voerprodukte, sê die uittredende voorsitter van die SAGL se direksie, Boikanyo Mokgatle.
Een van die hoogtepunte van die SAGL in 2024 was ‘n onafhanklike hersiening van die SAGL se sake en werk waarin die landboubedryf eenparig sy behoefte aan die SAGL se dienste bevestig het. Dié ondersoek is gedurende 2024 onderneem om volgens Mokgatle die organisasie se volhoubaarheid in oënskou te neem. Klem is veral gelê op die SAGL se statuur as voorkeurverwysingslaboratorium.
Mokgatle het die 27ste voorsittersverslag gelewer tydens die SAGL as niewinsgerigte maatskappy se jaarvergadering. Hy word vir 2024/25 as voorsitter van die direksie deur dr Erhard Briedenhann opgevolg.
Mokgatle sê die SAGL se raad van direkteure oorweeg die hersieningsverslag se aanbevelings en die toepassing daarvan. In ‘n omgewing waar regulasies voortdurend verander, moet die SAGL voortgaan om ondersteuning en dienste te verskaf sodat vereistes van handel, voedselveiligheid en -sekerheid nagekom kan word.
Een van die SAGL se kerntake is die jaarlikse ontleding van landbougewasse se kwaliteit wat vir koring, mielies, sojabone, sonneblomsaad en graansorghum uitgevoer word. Dié verslae, wat met die finansiële ondersteuning van landboutrusts saamgestel word, weerspieël met inligtingsbasisse die landboubedryf se toewyding aan voedselveiligheid.
Die SAGL se eerste ontleding van ‘n gewas se kwaliteit is in 1997 op mielies uitgevoer. ‘n Jaar later is koring se kwaliteitsontleding bygevoeg. Weens die waarde van hierdie ontledings is dit sedert 2011 na sojabone, ‘n jaar later na sonneblom en sedert 2018 na graansorghum uitgebrei.
Hierdie waardevolle inligtingsverslae wat op datum gehou word, is volgens Mokgatle noodsaaklik vir ingeligte besluite in plaaslike en internasionale handel. Die Laboratorium se samewerking met ander organisasies in navorsingsprojekte verskaf verder ‘n basis vir aanbevelings om graan en oliesade se waardekettings te verbeter.
Die SAGL se toetse spesialiseer in vyf velde wat elkeen sy eie reeks ontledings het. Dié toetse word in die SAGL se gradering- en maallaboratorium, chemiese laboratorium, reologiese laboratorium, laboratorium vir voedingstowwe en die afdeling
vir gewasbeskerming uitgevoer. Dit vereis besondere vermoëns van personeel om die metodes volgens voorgeskrewe standaarde uit te voer.
Die afdeling vir gewasbeskerming het in 2016 tot stand gekom en is volgens Mogatle as ‘n suksesvolle uitbreiding van dienste bewys sodat regulasies nagekom kan word.
Die fokus van die afdeling vir gewasbeskerming is op fisiese toetse van plantbeskermingsprodukte, die aktiewe bestanddele daarin, stabiliteit van produkverpakkings en toetse op die stabiliteit van produkte onder verskillende toestande.
Altwee die SAGL se afdelings, gewaskwaliteit en gewasbeskerming, word geskoei op behoeftes van die Suid-Afrikaanse landboubedryf en dit is in ooreenstemming met regulasies wat verander. Die werksterreine is aanpasbaar en kan uitgebrei word om voortdurend aan die landboubedryf se behoeftes te kan voldoen.
Ten einde werk te doen wat internasionaal erken word, word die SAGL sedert 1999 volgens internasionale vereistes geakkrediteer op ISO 17025 se standaard en voldoen ook aan beginsels van goeie laboratoriumpraktyke. Die ISO 17025-akkreditasie bepaal dat ‘n laboratorium se kwaliteitsbestuur aanvaar kan word en dat die laboratorium die vermoë het om akkurate toets- en kalibrasieresultate te voorsien.
Tydens die jaarvergadering is ‘n geouditeurde finansiële verslag voorgelê waarin vermeld word dat die SAGL in ‘n gesonde finansiële posisie verkeer, met toegang tot leningsgeriewe indien dit benodig sou word. Sedert sy ontstaan het die organisasie ‘n skoon ouditrekord en die afgelope finansiële verslag was weer eens sonder enige kwalifikasies.
Ondanks die gesonde finansiële posisie is in die onafhanklike hersiening van die SAGL se sake en bedrywighede kommer uitgespreek oor voldoende fondse vir kapitale uitbreidings in die laboratoriums.
Die belangrikste bron van inkomste is projekte wat die SAGL vir landboutrusts doen, gevolg deur ad hoc ontledings en inkomste wat die afdeling vir gewasbeskerming genereer.
In die oorsigjaar het die afdeling vir gewaskwaliteit meer as 48 000 ontledings vir 1 251 projekte uitgevoer. Die afdeling vir
Ondanks bedreigings vir Suid-Afrikaanse landbou soos ander lande se toenemende selfbeskerming, die internasionale geopolitieke situasie en beperkings weens groen handelsvereistes is Suid-Afrika in ‘n beter posisie as ‘n jaar gelede en betree 2025 met minder onsekerheid, sê Theo Boshoff, uitvoerende hoof van die landbousakekamer Agbiz.
Tydens ‘n inligtingsdag het hy faktore soos die regering van nasionale eenheid en politieke stabiliteit, hervormings in spoorvervoer en sekerheid met energie as redes vir optimisme uitgelig. Verder bied Suid-Afrika se posisionering in Brics+ en die G20-beraad saam met die hersiening van die Amerikaanse wet op groei en geleenthede in Afrika (Agoa) nuwe vooruitsigte vir landbou.
Omtrent die meesterplan vir landbou en landbouverwerking, die AAMP, sê Boshoff dit is uiters belangrik. As net die helfte van die plan suksesvol is gaan landbou in ‘n veel beter posisie wees. Dit is ‘n baie ingewikkelde plan en met 137 inisiatiewe daarin is die AAMP bykans soos ‘n wenslys. Betrokkenes moet egter onthou dat baie van die
inisiatiewe afhanklik is van ander regeringsdepartemente en nie net van die departement van landbou nie. Landbou kan nie planne op eie stoom in werking stel nie, soos om nuwe markte vir produkte te open.
“Ons fokus op wat ons kan verander en probeer om elemente van die plan vaartbelyn in ‘n vyfjaarplan te groepeer,” sê Boshoff.
Hy het Suid-Afrika se aanbieding van die G20-beraad as ‘n opwindende geleentheid beskryf waaruit Suid-Afrika baie voordeel kan trek. Die G20-lande verteenwoordig internasionale handel en is vir 75% van die internasionale bruto binnelandse produk verantwoordelik.
VAN BLADSY 4
gewasbeskerming se navorsingswerk het van die vorige jaar se 284 projekte tot 400 in die oorsigjaar toegeneem.
Personeel
Twee personeellede van die SAGL het reeds 27 jaar se diens agter die rug. Hulle is Jolanda Nortjé en Johannes Mkasi. Dr Hannalien Meyer het in 2024 afgetree en in dieselfde jaar ‘n doktorsgraad verwerf. Sy het in 2012 by die SAGL begin werk.
DNog ‘n positiewe faktor vir landbou is die vordering met spoorvervoer se logistiek. Grondige beleids- en institusionele veranderings word gemaak, ook danksy die betrokkenheid van ander landbouorganisasies soos Graan SA en die sitrusbedryf. Die logistieke situasie by hawens is volgens Boshoff ongelukkig steeds ‘n uitdaging waar toestande nie veel verander het nie.
Theo Boshoff, uitvoerende hoof van Agbiz.
Dr Martin Brits, tegniese spesialis van die SAGL, het in 2024 die toekenning as chromatografis van die jaar van die organisasie ChromSA ontvang.
Mogatle het die bestuur en personeel van die SAGL vir hul toewyding bedank en geluk gewens met die standaard wat gehandhaaf word. Hy het Wiana Louw as bestuurder uitgesonder en ook die landboutrusts en landboubedryf bedank vir hulle ondersteuning.
ie SA Graanlaboratorium (SAGL) se raad van direkteure vir 2024/25 is by die jaarvergadering van 2023/24 aangewys met dr Erhard Briendenhann van die Oliesade-advieskomitee as voorsitter. Dr Dirk Strydom van Graan SA is die ondervoorsitter en verteenwoordig koringprodusente.
VERTEENWOORDIG DIREKTEUR ORGANISASIE
Verwerkers - bakkers Craig Binnion SA Kamer van Bakwese (SACB)
Produsente
Verwerkers - meulenaars
1. Willem Groothof (mielies)
2. Gerrit Roos (sojabone)
3. Dr Dirk Strydom (koring)
1. Boikanyo Mokgatle (mielies)
2. Erwin Potgieter (koring)
Verwerkers - veevoer Liesl Breytenbach
Navorsing
Graan SA
Nasionale Meulenaarskamer (NCM)
Veevoervervaardigers (AFMA)
Dr Erhard Briedenhann Oliesade-advieskomitee (OAK en OPOT)
Graanhanteerders en opbergers vakant
Handelaars
Dr André van der Vyver
Agbiz Grain
SA Handelsvereniging vir graan en oliesade (SACOTA)
Control of Italian ryegrass and other selected weeds in wheat.
Control of broadleaf weeds on fallow land.
Control of broadleaf weeds and some annual grasses in wheat.
Scan This Code To View Our Cereals Webpage
Control of broadleaf weeds in wheat in the Western Cape.
FOR MORE INFORMATION CONTACT THE REGISTRATION HOLDER: Corteva Agriscience RSA (Pty) Ltd · Reg. No. 1991/003030/07 • Paarl +27 (0) 21 003 8259 • Centurion +27 (0) 12 683 5700 • 2nd Floor, Building A, Lakefield Office Park, 272 West Avenue, Centurion, 0157, Gauteng, Republic of South Africa.
ALWAYS USE ACCORDING TO LABEL RECOMMENDATIONS: Aubaine® 518 SC contains chlorotoluron (500 g/L) and isoxaben (18.75 g/L) | Reg. No. L11069 | Act No. 36 of 1947 | WARNING HAZARD STATEMENT(S) Suspected of causing cancer. Suspected of damaging the unborn child. Very toxic to aquatic life with long lasting effects. • Pixxaro® 266 EC contains Arylex® (16.25 g a.e./L) and fluroxypyr (250 g a.e./L) | Reg. No. L11191 | Act No. 36 of 1947 | DANGER HAZARD STATEMENT(S) May cause an allergic skin reaction. Causes serious eye damage. May cause respiratory irritation. Very toxic to aquatic life with long lasting effects. • Quelex™ 200 WG contains Arylex® (100 g/kg) and florasulam (100 g/kg) | Reg. No. L10759 | Act No. 36 of 1947 | DANGER HAZARD STATEMENT(S) Causes serious eye irritation. May cause cancer. Very toxic to aquatic life with long lasting effects. • Tarzec® 320 WG contains Arylex® (70 g/kg) and Pyroxsulam (250 g/kg) | Reg. No. L10760 | Act No. 36 of 1947 | WARNING HAZARD STATEMENT(S) May be harmful if swallowed. Causes serious eye irritation. Very toxic to aquatic life with long lasting effects. TM ® Trademarks of Corteva Agriscience and it’s affiliated companies. © 2024 Corteva.
Landbou-organisasies gaan hul berekeninge van ekonomiese statistiek deur middel van die departement van landbou met Statistieke SA deel om akkurater groeisyfers te kan bepaal.
Dit volg na Statistieke SA ‘n inkrimping in die landbou-ekonomie in die eerste drie kwartale van 2024 in Desember 2024 bekend gemaak het. In teenstelling met verwagtinge het die drie kwartale se inkrimping 15,5% beloop en die omvang daarvan was vir ontleders en sakelui ‘n verrassing. In die derde kwartaal alleen het landbou-ekonomie volgens Statistieke SA met 28,8% ingekrimp. Dit is gegrond op syfers wat die departement van landbou verstrek het.
Landbou se ekonomiese prestasie speel ‘n belangrike rol in Suid-Afrika se bruto binnelandse produk (BBP). Die aangekondigde landboustatistiek het meegebring dat die land se groeikoers laer as verwagtinge was.
In ‘n gesamentlike verklaring deur die landbousakekamer Agbiz en Agri SA sê die organisasies dat ‘n afname van landbou se ekonomiese prestasie in 2024 se derde kwartaal wel verwag is, maar dat die omvang daarvan ‘n verrassing was. Die twee organisasies het daarop die buro vir voelsel- en landboubeleid (BFAP) versoek om die inligting in besonderhede te ontleed.
Voor die BFAP se ontleding en die bekendstelling van hulle verslag op 20 Desember 2024, het Agbiz se senior landbouekonoom, Wandile Sihlobo, tydens ‘n mediadag op 6 Desember 2024 gesê hy twyfel of 2024 se ongunstige landboutoestande omvangryk genoeg sou wees om tot ‘n inkrimping van 28,8% in landbou-ekonomie te kon lei.
Die BFAP het die departement van landbou se inligting aan
Statieke SA ontleed en ‘n tegniese verslag saamgestel waarin verskeie verskille aangedui is. Die verslag stel voor dat hervorming nodig is om sterker aanwysers vir landbou-ekonomie in te sluit. Die verslag kan gelees word op die BFAP se webtuiste: https://www.bfap.co.za/wp-content/uploads/2024/12/AgGDP-Q3-of-2024.pdf
Volgens die BFAP se verslag moes landbou se inkrimping in die eerste drie kwartale van 2024 tussen 5% en 6% wees en nie die amptelike inkrimpingsyfer van 15,5% nie. Die BFAP se berekeningsmodelle voorsien dat landbou in 2024 met 4,8% gaan inkrimp, wat ‘n groeisyfer in die laaste kwartaal impliseer. Die BFAP se inkrimping van 4,8% is nader aan die organisasie se basisberekening van -2,2% wat reeds in Augustus 2024 gepubliseer is.
Volgens die verklaring van 20 Desember 2024 is die BFAP se ontleding en resultate aan die departement van landbou gegee wat dit amptelik met Statistieke SA gaan deel.
Vir akkurater ontledings in die toekoms wat inligting oor landboutoestande en algemene indrukke oor produsente se bedryfstoestande insluit, word ‘n komitee in 2025 tot stand gebring. Die komitee word in die departement van landbou gevestig saam verteenwoordigers van Agri SA, Agbiz, die BFAP en kundiges. Die komitee beplan ‘n gereelde vergadering om die stand van landbou te beoordeel en daarvolgens verklarings te maak.
Ondanks onderhandelings en vergaderings met Leaf Services, die maatskappy wat die departement van landbou vir graaninspeksies wil aanstel, het sorgwekkende sake nog nie aandag gekry nie, sê Annelize Crosby, hoof van die landbousakekamer Agbiz se regsafdeling. Rolspelers in die graanbedryf bly bekommerd oor Leaf Services se rol en het alternatiewe planne voorgelê, het sy by die Koringforum se jaarlikse vergadering gesê.
Die departement van landbou het Leaf Services reeds in 2016 as gevolgmagtigde aangestel om ingevolge wetgewing graan en graanprodukte te inspekteer. Sedert 2017 kon Leaf Services nog nie ‘n bevredigende sakeplan voorlê nie. Die graan- en oliesaadbedryf meen hulle reguleer self die staandaarde onafhanklik en betaal daarvoor. Nog ‘n inspeksiediens kan volgens
die bedryf koste onnodig opjaag sonder dat dit waarde toevoeg.
Ondanks herhaalde versoeke en vergaderings met die departement en met Leaf Services het hulle nog nie op die graanbedryf se versoeke gereageer om oor aspekte wat nie opgelos is nie te onderhandel, soos tariewe en metodes. In sommige gevalle is met die departement oor beginsels ooreengekom, maar daarna het die departement dit weer geïgnoreer. Die departement het nog nie bekend gemaak wat hulle mandaat aan Leaf Services is en riglyne daaroor nie.
Volgens ‘n berig in Landbouweekblad en hul onderhoud met John Steenhuisen na sy aanstelling as minister van landbou, wil hy Leaf Services hersien, want die diens kan nie ingestel word as dit die koste van voedsel vir verbruikers gaan verhoog nie.
In a difficult year, like the 2024 season, there are always questions whether stock levels are correct, is it checked, are estimates correct regarding the crop size, or what is missed.
Sanet Naudé SA GRAIN INFORMATION SERVICE
Concerns were raised on whether stock is physically counted and whether the high volume of exports directly from farms are known and reported on. By providing some background on how SAGIS’s inspection department approach stock counting, some clarity on the questions is provided.
To ensure that stock taking at co-workers are done thoroughly and as accurate as possible, SAGIS’s inspectors follow specific guides and processes. Figure 1 is a schematic representation of the process that inspectors follow to physically count stock at co-workers.
Inspectors confirm on which premises the co-worker’s stock is stored to ensure the stock is not reported on by more than one co-worker. SAGIS report on the movement of grain and not the ownership of grain, therefore, the inspectors continue to investigate this to ensure that the correct premise is reporting on the stock.
All the storage facilities on the premises are inspected to
identify whether and what storage is used for raw commodities or processed products.
They also determine whether the co-worker has control over or manage the storage facilities on site, what method is used to determine stock, and do they have the volume of onsite storage facilities.
If there are any new storage units, the inspectors measure and calculate the volume, or they use engineering drawings to determine the volume.
Cement silos are mainly measured with a laser, or measuring tape if a laser is not successful due to dust, for example.
Steel silos with no access at the top is measured by tapping on the side and counting the rings.
When inspection is done on dams or open storages the area and profile of lose stock is measured and then estimated accordingly. The intake and dispatch reports are compared as a control measure.
The length of silo bags is measured. The number of bags is
then counted and calculated according to the average per bag.
Silo/bin stock under fumigation:
• Inspectors are not allowed to open any structure under fumigation.
• Ronin system solutions or any alternative would be used for that specific unit.
• The overall risk of stock will also be taken into consideration with regards to other units which was physically counted, compared to the unit under fumigation.
• A fumigation certificate is required and verified during the audit for any silo or unit under fumigation.
• Inspectors use the same method as the co-worker.
• Compare / use co-worker’s computerised system with own measurements and calculations.
• Volume and commodity are converted back to tonnage according to density.
• The shape or profile of commodity in storage are adjusted with a standard formula to accommodate for the intake or out loading of a commodity.
• Due to the nature of physical stock taking of bulk grain, discrepancies between the booked and physical stock are common. However, if discrepancies are above the accepted threshold of SAGIS, the necessary adjustment are made on the returns, otherwise the co-worker’s stock is accepted to be a true reflection.
Currently, exports directly from farms are reported by traders. Should a farmer, however, export directly without a registered trader, there is a possibility that SAGIS will not report this. During an inspection of traders, the export details are verified with the trader involved.
The grain exported directly from farms are recognised immediately as producer deliveries and declared every week as soon as the exports are declared by the traders involved. These exports are then also verified and/or updated with the monthly returns.
From Figure 2 it is clear how the quantity of wheat exports directly from farms have grown over the past two marketing years, with the biggest increase taking place during the current marketing year.
To ensure accuracy and completeness, SAGIS encourage any person to visit the SAGIS website and follow the link on the home page to report any misconduct or non-compliance anonymously.
Nieteenstaande die uitdagende omstandighede waaraan graanprodusente in 2024 blootgestel was het sommige daarin geslaag om steeds uitstekende opbrengste te realiseer.
Tydens die 2024 Graan SA Groei vir Goud Nasionale Opbrengskompetisie se erkenningsgeleentheid wat naby Johannesburg gehou is, het Corné Louw, Graan SA se hoof van toegepaste ekonomie en lededienste, boere geloof wat ondanks moeilike omstandighede steeds ingeskryf het.
“Hierdie kompetisie gaan oor die hoogste opbrengs, maar bied aan boere ook die geleentheid om hul vaardighede te toets en te kyk hoe hulle ook in droogtejare bo die gemiddeld kan uitstyg.”
Om saam te val met die kompetisie se vyfde bestaansjaar is drie kategorieë vir koring geskep wat bestaan het uit die hoëreënvalstreek van die Wes-Kaap
en besproeiing in die noordelike en suidelike streek.
Hoëreënval: Wes-Kaap
Die wen-opbrengs vir koringproduksie in die Wes-Kaap is behaal deur Jose de Kock van Napier met die Sensako-kultivar SST 0187 van Syngenta Saad. Hy het ‘n opbrengs van 5,9 t/ha behaal terwyl die gemiddelde opbrengs vir koring in hierdie gebied 3 t/ha is.
Besproeiing: Noordstreek
In die noordelike besproeiingsgebiede is die gemiddelde koringopbrengs sowat 7 t/ha. Die drie produsente wat bo-aan die prestasielys geplaas is, het al drie
‘n hoër opbrengs as hierdie nasionale gemiddeld behaal.
Ross Braithwaite van DT Farming naby Winterton in KwaZulu-Natal het gewen met ‘n opbrengs van 11,270 t/ha met die Sensako-kultivar van Syngenta Saad, SST 8205. Koos Pieterse van Thabazimbi was tweede met ‘n opbrengs van 9,307 t/ha en Kobus Coetzee, ook van Thabazimbi, was derde met ‘n opbrengs van 8,956 t/ ha. Beide het hierdie prestasies ook behaal met die kultivar SST 8205.
Die gemiddelde opbrengs van koring in die suidelike besproeiingsgebiede in die 2023/24-seisoen was 6,50 t/ha. As saadproduk het SST 8205 van Syngenta Saad uitgestaan. Al drie die topprodusente het bo die gemiddelde opbrengs per ha presteer.
Hilton Megaw van Douglas was eerste met ‘n opbrengs van 11,180 t/ha, Joël le Roux van Hopetown tweede met 10,020 t/ha en Fanie Blumenthal, ook van Hopetown, het derde gekom met 9,260 t/ha.
Koring is die eerste keer in Graan SA se opbrengskompetisie Groei vir Goud ingesluit. Agter is Andries Wessels van Syngenta Saad, Ross Braithwaite (wenner noordelike besproeiing) en Jose de Kock (wenner Wes-Kaap hoë reënval). Voor is Graan SA se voorsitter, Derek Mathews, Dieter Schröder (wenner suidelike besproeiing), Corné Louw (Graan SA) en Hilton Megaw (wenner suidelike besproeiing).
Ross Braithwaite van DT Farming naby Winterton in KwaZulu-Natal het die opbrengskompetisie gewen met ‘n koringopbrengs van 11,270 t/ha met die Sensako-kultivar van Syngenta Saad, SST 8205.
Braithwaite bedryf ’n gemengde boerdery wat bestaan uit mielies, koring, sojabone, aartappels, kool en dekgewasse asook ‘n voerkraal net buite Winterton. Koring verteenwoordig 18% van die totale boerdery-omset. Braithwaite beskou sy afgetrede pa, Hugh, asook sy skoonpa, Dieter Schröder, as sy mentors.
Volgens Braithwaite plant hulle mielies, sojabone, koring en ’n dekgewas in ’n wisselboustelsel. Na die somergewasse gestroop is word beeste in die lande gestuur om dit vir ‘n rukkie te bewei. Daarna word die diere op die lande gesit waar die dekgewasse geplant is.
In die toekoms sal hy graag die beesgetalle wil vermeerder sodat hy die dekgewasse beter kan benut. Hy wys daarop dat die beeste nie op die gestroopte koringlande gesit word nie, omdat hulle direk nadat die koring gestroop is, mielies in die
plantreste plant.
Braithwaite beskryf die 2023/24-plantseisoen as uitdagend. In dié plantseisoen het hulle vir die eerste keer SST 8205 op 38 ha-proef geplant. Die blok is op 9 Junie 2023 geplant en op 20 November 2023 gestroop. Die opbrengs van 11,72 t/ha was die finale aansporing om die proefblok vir die kompetisie in te skryf.
Die koringseisoen strek van 1 Junie tot 31 Oktober. Die gemiddelde reënval vir die tydperk was 125 mm en dit is met 277 mm besproeiing aangevul. Dit beteken die koring het in totaal 402 mm water ontvang. As die wenblok se opbrengs ontleed word beteken dit dat elke 1 mm water ‘n opbrengs van 28 kg koring gelewer het.
Sover moontlik volg hy minimumbewerkingspraktyke en probeer om die grond so min as moontlik te versteur. Hy sê dat hulle wel diep tandbewerkings sal doen as hulle agterkom dat daar dele in lande is wat verdig.
Benewens die groot fokus op bewaringsbewerking, fokus
Die wenblok besproeiingskoring by Winterton se ontleding van opbrengs en waterverbruik van reën- en besproeiingswater toon dat dit met elke 1 mm water ‘n opbrengs van 28 kg koring gelewer het.
VAN BLADSY 11
hulle ook op presisieboerdery. Kalk en droë kunsmis word afwisselend toegedien na gelang van grondontledings. Somme bly belangrik maar sy filosofie is eenvoudig: So lank as wat die marginale inkomste hoër is as die koste van die kunsmis, bemes hy vir opbrengs van 8 - 8,5 ton.
Op die koringblok wat vir die kompetisie ingeskryf is, kan die totale hoeveel kunsmis wat toegedien soos volg opgebreek word:
• N: 235 kg/ha
• P: 42
• K: 72
• S: 212 kg/ha (170 kg/ha gips)
• Ca: 220 kg/ha (gips)
• Zn: 1,1 kg/ha
• B: 0,225 kg/ha
• Mg: 27 kg/ha (gips)
Die voedingstowwe is gedurende die onderstaande stadiums toegedien:
• Voor plant:
o MAP - 50 kg/ha
o KCL - 80 kg/ha
o Gypsum - 1 000 kg/ha
H• Tydens plant:
o 14-14-5(32): 0,5% Zn, 4% S ,0,1% B (K2SO4)
- 225 kg/ha
• 4 weke na opkoms:
o UREA – 200 kg/ha
• 8 weke na opkoms:
o UREA – 185 kg/ha
• Vlagblaarstadium:
o 14.0.14(28) + 22% S - 150 kg/ha
Plantsiektes is ’n groot probleem in sy produksiestreek. Daarvoor dien hulle swamdoders toe gedurende die koring se verskillende groeistadia.
Hy meen verder dat saadbehandeling baie waarde inhou omdat dit die plant voor plant beskerm. Dit gee die plant ‘n hupstoot omdat gesonde plante siektes en peste beter weerstaan. ’n Onkruiddodermengsel word twee weke na plant toegedien.
Sy raad aan jong boere is om allereers op die basiese beginsels van boerdery te fokus. Dan meen hy ook dat proewe baie waarde inhou. Laastens, maar nie onbelangrik nie, is die fokus op grondgesondheid. “Beskerm jou grond en bou die grondprofiel op,” is sy raad.
ilton Megaw is die vierde geslag van sy familie wat op die plaas Zandbult naby Douglas boer. Hy boer saam met sy pa, Garth, onder die besigheid Zandbult Farms CC. Hulle het ’n kommersiële Brangus-kudde en boer verder met mielies, lusern en grondbone.
Dit was die eerste keer dat hy vir die Groei vir Goud Nasionale Opbrengskompetisie ingeskryf het. Megaw beklemtoon dat die Groei vir Goud-toekenning nie net aan sy eie vernuf toegeskryf kan word nie maar aan baie rolspelers wat elk ’n besondere bydrae maak tot ‘n mens se sukses.
In sy boerdery is volhoubare produksie met die oog op voedselsekerheid, asook die bewaring van natuurlike hulpbronne soos water, grond en die veld, vir hom baie belangrik. Niks wat hulle op die plaas aanpak mag enige newe-effek of negatiewe uitwerking op die omgewing hê nie. Sy raad aan jong boere is dan ook om met erns na hulle grond en omgewing om te sien.
Met die Sensako-variëteit SST 8205 van Syngenta Saad wat op 4 Julie 2023 in 6-duimrye en ’n plantdigtheid van 90 kg/ha geplant is, het hy ’n opbrengs van 11,18 t/ha op die blok van 35 ha behaal.
In totaal het hy 105 ha koring onder spilpunt verbou. Megaw probeer sy risiko versprei deur jaarliks ’n pakket van produkte van verskillende maatskappye te plant.
Hy wys daarop dat hy SST 8205 teen ’n hoër digtheid as sy ander koring geplant het omdat die stoelvermoë nie so goed soos sommige ander variëteite s’n is nie. Die blok is op 30 November 2023 gestroop.
Volgens Megaw gebruik hy stroperkontrakteurs, maar is gelukkig omdat hy steeds toegang het tot die kontrakteurs se
Altwee die opbrengswenners van koring onder besproeiing het die Sensako-kultivar SST 8205 van Syngenta Saad geplant.
stroperkaarte en die data wat op sy lande van toepassing is. Hierdie inligting vorm een van die fondamente van sy produksiebeplanning.
“Om water presies te bestuur is vir my belangrik en daarom het ek belê in spoedbeheerders op die pompe (VSD). Die spilpunte is toegerus met satelliet- en internetverbinding. As daar fout met ’n spilpunt is kan ek dit afskakel. Dit help ook dat ek die water kan bestuur volgens die land se grondsoort. Ek kan die spilpunt in sektore verdeel wat beteken dat ek op ’n duin of sandgedeelte van die land meer water kan toedien.”
Sensako se koringkultivars is spesifiek geteel vir die Wes-Kaap, daarom kan ons jou help om jou goeie planne in goeie opbrengs om te sit. Stel jou plantpakket saam uit die volgende SENSAKO-koringkultivars:
SST 0208 (Nuut)
SST 0187
SST 0166
SST 0147
SST 0117
SST 056
SST 015
Noukeurige waterbestuur het bygedra tot Hilton Megaw se wenopbrengs van 11,180 t/ha by Douglas.
VAN BLADSY 12
Hy verduidelik verder dat hulle grondvogmeters gebruik om grondvog te bepaal en skeduleer dan die watertoediening aan die hand van die plante se behoefte.
In die 2023/24-plantseisoen het hulle laat reën gekry, maar kon gelukkig voor bly met watertoediening ten spyte van beurtkrag. Die noukeurige waterbestuur het baie hiertoe
Vir Hilton Megaw is volhoubaarheid, voedselsekerheid en omgewingsbewaring van groot belang in hulle boerdery.
bygedra. Hulle dien gemiddeld 25 mm per siklus toe en mik na 50 mm/week.
Sy keuse uit koringvariëteite berus op goeie stoelvermoë, siekteweerstand, staanvermoë en hoë opbrengs. In sy wisselboustelsel plant hy koring, dan mielies vir drie aaneenlopende seisoene en dan lusern.
Die onderskeie boerderyvertakkings in geïntegreer en volgens hom dra die beesboerdery hulle in die maande wat die gewasse nog op die lande is. Die lusern help ook met ’n gesonde kontantvloei in die somermaande.
Die blok wat ingeskryf is, het ’n kombinasie van sand- en leemgrond gehad.
Wat grondbewerking betref doen hy ’n skeurtandbewerking van 500 mm diep waarna hy ’n ferm saadbed voorberei. Voordat hy plant sal hy probeer om die land se waterprofiel vol te maak. “Ek probeer om in vogtige grond te plant sodat saad so gou as moontlik na plant kan ontkiem. Ek maak ook seker dat die land nie te nat is nie.”
Onkruidbeheer word toegedien met ’n sleepspuit. Siektebeheer is dieselfde op al die lande en dit doen hy deur middel van lugbespuitings.
Megaw doen jaarliks grondontledings en neem die stroperdata in aanmerking waarvolgens bemesting aangepas word. Verder strooi hy drie weke na opkoms op al sy lande standaard 1 ton hoendermis en 1 ton kalk per ha.
Elektrisiteit is een van besproeiingsboere se grootste uitgawes en noem dat hy in die nabye toekoms alternatiewe energiebronne dieper gaan ondersoek.
The best article published in 2024 in Wheat Focus / Koringfokus was compiled by the researchers Petrus Delport and Dr Ernest Dube from the Agricultural Research Council’s Small Grain campus, respectively stationed in Stellenbosch and George. The article, repeated here, focused on oat cultivars in the ARC-SG evaluation programme. While the next season’s evaluations is underway soon, the evaluations will contribute to sustainable agricultural practices by enabling farmers to choose the best genetics.
Worldwide the aim is to find genetic superstars in oat cultivars that produce ample harvests. In South Africa, 17 entries from four institutions were involved in the 2023 ARC-Small Grain’s oat cultivar evaluation programme.
Petrus
Delport (Stellenbosch)
and Ernest Dube (George) ARC-SMALL GRAIN
When it comes to oats, not all cultivars are created equal. While bowls of steaming oatmeal may seem alike, the cultivars available for producers can differ immensely in their nutritional profiles, disease resistance, yields, and overall performance. It's the job of agronomists and plant breeders to evaluate these cultivars through extensive cultivar trials in the never-ending quest to find a superior oat cultivar.
At research stations worldwide, hundreds of different oat cultivars and elite breeder lines are evaluated side-by-side, replicating plots over multiple sites and years. Researchers then analyse the cultivars across dozens of important characteristics, from emergence and maturity rates to plant height, tillering, disease resistance, grain yield and, of course grain quality data.
Their aim is to find the rare genetic superstars that produce ample harvests of plump, nutrient-dense oat grains without buckling under disease pressure or adverse environmental conditions. It's a pursuit where tiny genetic differences can spell the difference between a new blockbuster cultivar and an underperformer.
But no oat variety is perfect. Increased yields and disease resistance often come at the expense of other agronomic traits.
Four institutions contributed a total of 17 entries for the 2023 ARC-Small Grain’s oat cultivar evaluation programme, each bringing its unique genetics to enrich the oat cultivar trials. Seed treatments were applied to all cultivars and optimal seed densities for the cultivars of 220 plants per square meter were maintained across all trials. Fertiliser application programmes were tailored to suit location-specific requirements, and these included N:P:K mixtures during planting and top dressing applications mid-season.
Pre-emergence and post-emergence applications tailored to each locality ensured effective weed management practices. This is especially important with oats as there are no postemergence herbicide to kill grass weeds like rye grass in oat fields. Similarly, disease and insect control measures were put in place to mitigate risks and protect oat fields from potential threats.
The Swartland region in the Western Cape, known for its diverse agricultural landscapes, faced a rollercoaster of climatic conditions in 2023. While early rainfall in May and June 2023 set a promising tone, the abrupt drought stress in October disrupted the delicate balance, impacting oat yields and kernel quality adversely.
On the other hand, the Rûens region experienced a contrasting scenario with abundant rainfall in September and October 2023, leading to flooding that posed challenges to oat quality and yield.
Notably, one trial in Rûens had to be excluded due to cattle damage just before harvesting, highlighting the unpredictable nature of agricultural endeavours.
In summary, experiences from the oat cultivar evaluation trials in the Swartland and Rûens regions during the 2023 season encapsulates a narrative of resilience, adaptability, and agricultural expertise. As farmers navigate through climatic uncertainties and operational challenges, the ARC-SG’s oat cultivar evaluation programme will contribute to sustainable agricultural practices by enabling farmers to choose the best genetics.
For further information contact Petrus Delport at: delportp@arc.agric.za
The maintenance of seed dormancy and longevity is crucial for enhancing wheat yield, quality and storability. An interesting question is whether seed dormancy influences seed longevity in wheat. Also, can these traits be improved simultaneously? This article aims to answer these questions and explain the relationship between seed dormancy and longevity.
Thobeka Philile Khumalo-Mthembu1, Ernest Dube1, Silindile Miya2 and Toi John Tsilo1
1ARC-SMALL
GRAIN, BETHLEHEM
2ARC-VEGETABLE, INDUSTRIAL AND MEDICINAL PLANTS, PRETORIA
Stored wheat seed must remain viable during storage and germinate with vigour upon exposure to favourable conditions. This is important to enable successful seedling establishment and ultimately improved wheat yield. The initial quality of stored wheat seed, the level of seed dormancy and seed storability or longevity drive this success in wheat production.
Seed dormancy can simply be described as the state in which viable seed fail to germinate under ideal growing conditions. It determines the timing and rate of seed germination. On the other hand, seed longevity refers to the total length of time the seed can remain viable and capable of germination after dry storage. This storability period includes both the dormant and non-dormant states of the seed.
Seed longevity is a valuable trait in preserving seed for germplasm banks and providing reliable crop seed to the producers. Improved seed dormancy is associated with tolerance to pre-harvest sprouting in wheat. Therefore, the maintenance of seed dormancy and longevity is crucial for enhancing wheat yield, quality and storability.
Seed dormancy is known to play a crucial role in preventing
seed from random or immediate germination soon after harvest or during storage. This delay in germination is an adaptive mechanism used by wheat seeds to protect themselves from harsh conditions or changes in the environment after harvesting. The dormancy stage (innate dormancy) of wheat seeds is short-lived – only lasts several months after harvest but plays a big role in keeping seeds from deterioration during the initial stages of storage. As a result, this enhances seed longevity.
Both genetic and environmental factors to which the seed is exposed to during maturation and storage have an influence on seed dormancy and storability. These include wheat dormancy-enhancing genes and plant growth hormones, temperature, light, seed moisture, relative humidity as well as carbon dioxide concentration.
Cooler temperatures during grain filing and maturity stages enhance seed dormancy in wheat by increasing the production of abscisic acid (ABA) and auxin, which are dormancy-inducing plant growth hormones. Conversely, higher temperatures favour the production of gibberellic acid (GA), which promotes seed germination.
Light regulates seed dormancy and germination by affecting the balance between ABA:GA levels. Blue light activates ABA biosynthesis and promotes seed dormancy, whereas red or far-red light promotes seed germination by activating the production of GA. Low seed moisture content (<12%) during seed storage enhances both seed dormancy and longevity. High relative humidity (≥75%) in combination with high
Are you a young producer or a leader in the agricultural value chain? Do you want to develop your leadership capacity?
Apply for the prestigious LEADERSHIP IN THE CONNECTION ECONOMY PROGRAMME offered within the Leadership Academy for Agriculture, sponsored by Bayer.
You’ll face challenges, engage in meaningful conversations, embrace change, and discover courage. Gain insights into the latest leadership theories and practices, along with practical tools to apply directly to your business. Connect with fellow farmers and agricultural leaders, and share in an experience that will elevate both your personal and leadership growth.
Become a member of the group of alumni who attended this programme over the past eleven years.
Duration: 10 days in three sessions (3 days, 3 days, 4 days). Programme dates for 2025:
/// Session 1: 31 March – 2 April
/// Session 2: 2 – 4 June
/// Session 3: 15 – 18 September
Applications close on 20 January 2025.
Bayer sponsors the programme fee and accommodation. Travel fees are for your own account.
To apply, email madelaine@thinkingfusion.co.za or register here: https://forms.office.com/r/pFkiXy0NkK
Certification by NWU Business School and presented by thinking fusion AFRICA
For more information, visit https://leadagri.co.za /or contact Madelaine@thinkingfusion.co.za
FROM PAGE 16
temperature (≥25 °C) during storage greatly reduce seed dormancy and vigour thereby causing seeds to deteriorate at a faster rate.
Carbon dioxide is another crucial factor necessary for the maintenance of seed dormancy and helps to protect the seed from the damage caused by oxidation and other environmental factors.
Therefore, to maintain seed dormancy and longevity, wheat seed must be stored in a cool, dry, and closed-off environment (i.e. sealed container) with controlled humidity (<40%) and temperature (0-10 °C). A seed moisture content of 4-8% is advisable as well as periodic checking of stored seed to ensure no signs of moisture or pest damage. The seed must then be checked for germination ability before planting in the field.
Seed coat colour and permeability also impact seed dormancy. Hard and impermeable seed coat acts as a physical barrier to prevent water uptake by the seed. Red-coloured seeds are known to be more dormant than white-coloured seeds in wheat. This is because dormancy genes are thought to be tightly linked with seed coat colour genes (R genes and alleles) located on group 3 chromosomes of wheat.
Seed dormancy can also be viewed as an adaptive mechanism or a state where normal cellular activities and growth are dramatically reduced or halted. Lower metabolic rates mean that the seed uses fewer resources during storage, delaying the onset of oxidative damage and cellular aging. This process is crucial for prolonging the seed’s life span to increase seed longevity.
Seed dormancy is also crucial to prevent premature, unwanted and costly germination of mature wheat grains while still attached to the mother plant upon continuously wet and humid conditions in the field. This unpleasant condition is called pre-
harvest sprouting (PHS) and is a recurring problem for wheat producers globally. Pre-harvest sprouting is associated with a reduction in grain yield and quality with implicated financial losses to the entire wheat value chain (producers, grain merchants, millers, bakers, maltsters, other processors, and the consumer). Sprouted wheat grains are unable to produce desired food products and are therefore downgraded from food to animal feed.
Moreover, sprouted wheat grains have a reduced seedling vigour, seed viability and storability (longevity) due to the already set enzymatic activity inside the grain, causing seed degradation even before storage begins. Dormancy helps mitigate this risk thereby preserving the quality of the produced wheat grain. Consequently, extensive research has been conducted and is still ongoing to understand and improve seed dormancy of modern wheat cultivars in efforts to combat preharvest sprouting. Mature seeds with increased levels of ABA (strong dormancy) in the seed endosperm are reported to be more resistant to pre-harvest sprouting.
Seed dormancy has a direct effect on seed longevity. Hence, deeper seed dormancy is generally thought to be associated with greater longevity. This is because a dormant stage may be related to an extension of the life span in plants to increase longevity. Moreover, dormant seeds maintain their structural integrity for longer, which is essential for longevity.
This assumption of a positive relationship between seed dormancy and longevity was drawn from earlier research based on environmental-stress-induced or dormancy-mutant1 genotypes in various crop species. However, recent research on natural variations of bread wheat has shown the opposite, whereby wheat accessions with higher degree of seed dormancy had shorter longevity. This negative relationship
1 A dormancy mutant is a plant with a reduced or altered ability to exhibit seed dormancy.
between seed dormancy and longevity raised further concerns about how to breed wheat varieties with both enhanced seed dormancy to avoid pre-harvest sprouting and prolonged seed longevity for better seed maintenance.
Previous studies on wheat did not mention or discuss any relationship between these two traits, while another research study on rice observed an independence between inborn dormancy and seed longevity. This unexpected observation of a negative correlation between seed dormancy and longevity was firstly reported in natural variations of Arabidopsis plant. The same study further revealed the colocation (located together) of genomic regions regulating seed dormancy and seed longevity; however, the mechanism by which this association takes place remains to be investigated.
The mentioned association between the two traits has not been dissected in bread wheat to enable a better understanding of the processes (genetic basis and associated regulatory networks) involved. This is despite the ecological, agronomical, and economic importance of seed dormancy and longevity in this crop of agronomic importance.
A better understanding of this association as well as the hidden processes/methods used by wheat seeds to significantly extend their life span, considering that the dormancy stage of wheat seed is short-lived (often lasts only several weeks/months), is necessary and remains a research hotspot to be explored. This knowledge will enable the development of wheat varieties with acceptable seed dormancy to maintain pre-harvest sprouting tolerance and greater seed longevity for longer storage.
In summary, dormancy enhances seed longevity in wheat by delaying germination, lowering metabolic activity2, and protecting against pre-harvest sprouting. Recent findings suggest that increased seed dormancy may be related to reduced seed longevity in wheat. However, as dormancy breaks down over time during storage, its protective effects diminish. Therefore, understanding the complex relationship between seed dormancy and longevity is crucial for breeding wheat varieties that balance both traits for optimal yield and storage outcomes.
Wian Süllwald, ’n 31-jarige boer van Bela-Bela in die Waterberg-distrik, is tydens TLU SA se 2024 kongres aangewys as die TLU SA Jongboer van die Jaar 2024. Hy is die eerste varkboer wat TLU SA se Jongboerkompetisie wen.
Süllwald van RK Boerdery, wat saam met sy vrou Irmarie op die familieplaas woon, is reeds vier jaar lank in die boerderybedryf en werk saam met sy pa en oom om die familieplaas te bestuur.
Sy verantwoordelikhede wissel van die daaglikse plaasbestuur en produksiebestuur tot die teel van vervangingsdiere en hy fokus op dieregesondheid en kwaliteitstandaarde. Benewens Süllwald se varkproduksie en vleisbeeste is hy ‘n perdeliefhebber en doen gewasvooruitskattings. RK Boerdery het aandele in ‘n vark-abattoir.
Süllwald se pryse as wenner van hierdie jaarlikse kompetisie sluit in ‘n leenbakkie van die Hatfield Motor Group, ‘n reis na Parys geborg deur Manitou en kontantpryse geborg deur Santam. Hy het ook ‘n boek van Lig in Duisternis Uitgewers ontvang.
Süllwald het sy pa en oom uitgesonder vir hulle bydrae in sy sukses. Hy gaan ‘n deel van die prysgeld gebruik om sy vrou saam te neem op sy buitelandse reis.
2 Metabolic activity refers to the collection of physical and chemical processes that transform and synthesize substances into energy that the plant can use to develop/grow.
‘n Vorige artikel oor Syngenta se Seedcare Instituut op Brits (Koringfokus Nov-Des 2024) vereis regstellings. Die Suid-Afrikaanse span bestaan uit 9 personeellede en die hoof van die span vir die streek Afrika en Midde-Ooste is Hanro Steenekamp. Die maatskappy se werk behels meer as net saadbehandeling en bied ‘n wye produkreeks aan die landboubedryf
‘n Veelsydige jong boer met ‘n gemengde boerdery, Dwayne Kaschula (37) van die Confluence-boerdery by Maclear in die Oos-Kaap, is aangewys as Agri SA en Toyota se 2024 Jongboer van die Jaar. Toekennings is ook oorhandig aan die New Harvest of the Year en die Kommunale boerevereniging van die Jaar.
Kaschula se boerdery sluit gewasse, lewende hawe, wild en eiers in. Die boerdery se gewasse bestaan uit aartappels, mielies en suikerboontjies. In die veevertakking bestuur hy ‘n Angus- en Brangus-stoetery en hy teel bulle vir sy kommersiële beeste en om speelkalwers te kan bemark. Verder het hy ‘n Boerbok-stoet en teel wild.
Die ander provinsies se finaliste vir die toekenning van 2024 se Jongboer van die Jaar was:
• Valeska van Schoor van Gauteng wat ‘n groentebesigheid naby Rayton bedryf;
• Guy English van Mooirivier in KwaZulu-Natal. Hy is ‘n bees- en mielieboer met ‘n geregistreerde stoet, Mooi Rivier Beefmasters.
• Kobus Beyers van die Al Cor-boerdery in die Wolmaransstad-distrik, Noordwes, bedryf ‘n gemengde boerdery met somergraan en vee.
• Dean Barnard van Waboomskraal naby George in die Wes-Kaap. Hy boer met hops, pekanneute, amandels en pruime.
• Kobus Pieters van Hazyview in Mpumalanga het ‘n makadamiaboerdery,
-verwerkingsaanleg en ‘n parsaanleg vir verskillende neute.
• Willem Engelbrecht van Piet Citrus by Marble Hall in Limpopo. Die plaas se hoofvertakking is sitrus maar hulle het ook pekanneutboorde, ‘n pakhuis vir sitrus en doen akkerbou.
• Hannes Bruwer, ‘n besproeiingsboer van die Genade-boerdery by Hopetown. Die boerdery verbou onder meer groente, mielies, springmielies, lusern, gars en koring en sluit ‘n wildboerdery in.
Die aanwysing van die 20ste jongboer het in Johannesburg plaasgevind en die finaliste het gewissel van ‘n eerste geslag in die boerderye tot die vyfde geslag. Volgens die beoordelaars onder leiding van prof Carlu van der Westhuizen verskaf die jongboere werk aan sowat 1 200 mense. Die ander beoordelaars was prof John Annandale en dr Brink van Zyl.
New Harvest-toekenning
Met Agri SA se New Harvest of the Yeartoekenning wat by dieselfde geleentheid plaasgevind het, was Meshack
Ndongeni van Kokstad in KwaZulu-Natal die wenner uit vyf finaliste. Hy is ‘n skaap- en beesboer.
Die ander nuwelinge vir New Harvest se toekenning was Theo Adams van Herold in die Suid-Kaap, Mapidianye Manoto van Lichtenburg in Noordwes, Raymond Koopstad van die Ceres-distrik in die Wes-Kaap en Thulani Magida van die Keiskammahoek-distrik in die Oos-Kaap.
Kommunale boere
Vir hierdie kategorie moet die onderneming reeds drie jaar lank in bedryf wees om genomineer te kan word. Die Kommunale boerevereniging van die Jaar was Modulaqhowa Primary Cooperative Ltd van Botshabelo in die Vrystaat. Modulaqhowa boer met boomsaailinge, groentesaailinge, vrugtebome, rose en struike.
Die ander finaliste vir die toekenning van Kommunale boerevereniging van die Jaar was die Mahasheng Association van die Matatiele-distrik in die OosKaap wat met skape en beeste boer, en Bathlako Temo Service wat onder meer ‘n sitrusboerdery in Noordwes se Britsdistrik bedryf.
Wessel Lemmer, uittredende algemene bestuurder van die landbousakekamer Agbiz se graanafdeling Agbiz Grain, het diens aanvaar as uitvoerende hoof van Raisens SA op Upington in die Noord-Kaap.
In ‘n afskeidsboodskap het Agbiz gesê Lemmer het in sy termyn sedert Julie 2020 met ingewikkelde sake te doen gekry, soos die beplande inspeksiediens deur Leaf Services en die ontwikkeling van ‘n opbergingsprotokol vir moutgars. Hy was namens die graanopbergers en -hanteerders by verskeie beleidsbesluite betrokke sodat hulle belange in ag geneem kon word.
Benewens sy betrokkenheid by beleidsbesluitneming het Lemmer inisiatiewe ten bate van die bedryf geloods. Dit sluit ‘n geakkrediteerde opleidingsprogram vir graandepotbestuur-
ders, ‘n forum vir veiligheid, gesondheid en gehaltestandaarde in die bedryf en ‘n protokol vir die neem van graanmonsters in. Saam met Agbiz se Annelien Collins het Lemmer Agbiz Grain uitgebrei deur kundiges uit die bedryf te betrek en hulle het verskeie werksessies en simposiums aangebied. Sowat 98% van Suid-Afrika se graansilo’s wat by die JSE geregistreer is word deur Agbiz Grain verteenwoordig. Hulle berg sowat 70% van alle graan.
Aansoeke vir die vakature wat Lemmer gelaat het is tot 24 Januarie 2025 ontvang. Agbiz het met die werwing van kandidate genoem dat die kandidaat met kernbeleidsake en inisiatiewe sal werk om graanopbergers en -hanteerders in hulle bedryf te ondersteun.
Stuur Fusarium planke toe: CELEST® Top beheer die versteekte gevare van saaden grondgedraagde Fusarium wat onegalige stand kan veroorsaak.
Omvattende beskerming: ’n enkele CELEST® Top-saadbehandeling beheer ’n wye spektrum insekplae en swamsiektes tydens ontkieming.
’n Hupstoot vir groeikragtigheid: aangevuur deur CRUISER ® -tegnologie, verbeter tiametoksam in CELEST® Top die groeikrag van saailinge.*
HIER VIR MEER INLIGTING
LEES DIE PRODUKETIKET VOOR GEBRUIK.
CELEST® Top (nie beperk nie) bevat fludioxonil (fenielpirrool) 25 g/ℓ, difenokonasool (triasool) 25 g/ℓ en tiametoksam (neonikotinoiëd) 262.5 g/ℓ (Reg. Nr. L10418, Act Nr. 36 van 1947). WAARSKUWING.
GHS-Gevaarstelling: Word daarvan verdink dat dit vrugbaarheid beskadig. Word daarvan verdink dat dit die ongebore kind kan beskadig. Baie giftig vir waterlewe met langdurige effekte. CELEST® Top is die geregistreerde handelsmerk van ’n Syngenta Groepmaatskappy. Syngenta Suid-Afrika (Edms.) Beperk, Privaatsak X60, Halfway House, 1685. Tel. (011) 541 4000. www.syngenta.co.za © Syngenta Ag, 2000. Kopiereg voorbehou. Alle ongemagtigde vermeerdering word verbied.
@SyngentaSA | www.syngenta.co.za
Ondanks landboutoestande wat wipplank gery het lyk die koringoes steeds beter as wat dit aan die begin van die 2024-seisoen was. Die verwagte oes van 1,9 miljoen ton is nogtans swakker as in die vorige seisoen. Volgens die jongste oesskatting is kanola se produksie steeds op die wenpad van ‘n oesrekord.
In die Oesskattingskomitee (NOK) se vyfde produksieskatting van 19 Desember 2024 is die verwagte koringoes 1 934 990 ton met ‘n opbrengs van 3,83 t/ha. Dit is 150 010 ton minder as in die 2023-seisoen. Kanola se produksie word op 295 445 ton geskat, bykans 60 000 ton meer as die vorige seisoen se rekordoes.
Soos met kanola is die verwagte produksie van gars, hawer en soetlupine ook hoër as met die vorige seisoen se oes. Die NOK se sesde produksieskatting vir wintergewasse van die 2024-seisoen word op 28 Januarie 2025 vrygestel.
Koring
Volgens die NOK se berekeninge is 32 650 ha minder koring vir die 2024-seisoen in Suid-Afrika se produksiegebiede geplant. Met die uitsondering van die Wes-Kaap, Noordwes en Gauteng is minder koring in al die ander gebiede geplant. Die grootste daling in hektare het egter in die Vrystaat voorgekom waar aanplantings met 23 000 ha verminder het en die verwagte produksie met 57 850 ton gaan daal. Die Vrystaat se aandeel in Suid-Afrika se koringoes beloop 12%.
Die Wes-Kaap het 3 000 ha meer koring geplant en verwag 1 600 ton meer as in die vorige seisoen. Dit verteenwoordig 56% van Suid-Afrika se koringoes. Noordwes se aanplantings van 12 000 ha is ‘n duisend hektaar meer as in die vorige seisoen. Uit hierdie gebied word 6 750 ton meer koring verwag.
Ander wintergraan
Ondanks ‘n laer opbrengs wat met kanola verwag word, voorsien die NOK ‘n oes van 295 445 ton. Dit is bykans 60 000 ton meer as met die vorige oes. Aanplantings het met 34 550 ha toegeneem tot 165 750 ha.
Risiko’s wat produsente met gars ervaar het waarskynlik daartoe bygedra dat aanplantings net 100 700 ha was - dit is 6 900 ha minder as in die 2023-seisoen. Die verwagte produksie is bykans dieselfde as met die vorige oes en beloop 377 050 ton. Die verwagte oes vir hawer vir die 2024-seisoen is 50 300 ton
Een van die lande vanwaar Suid-Afrika koring invoer, Rusland, gaan ‘n beperking op uitvoer
plaas terwyl Indië se meulenaars sukkel om genoeg voorraad te kry weens ‘n groot aanvraag en klein plaaslike produksie.
Hierdie twee faktore kan volgens Graan SA se markvooruitsig vir koring bulfaktore in die mark wees wat internasionale pryse laat styg. Daarenteen kan markpryse druk ervaar weens produksielande in die suidelike halfrond wat nou oes.
Volgens die verslag deur Graan SA se toegepaste ekonomie-span wissel landboutoestande vir koringproduksie in die wêreld van gunstig in China en die VSA tot wisselvallig in Argentinië en met onderontwikkelde graan in die Oekraïne.
In die Verenigde Koninkryk se produksiegebiede het baie nat weer plek gemaak vir bogemiddelde temperature en droër toestande wat plantontwikkeling verhaas en vroeë oesontwikkeling veroorsaak het.
‘n Groot deel van die Oekraïne se koringoes is weens droogtetoestande onderontwikkel hoewel beter grondvog sedert Desember se reën gevolg het.
Australië het in sy wye geografiese gebied wisselende toestande wat in produksiegebiede ‘n groot oes of beduidende oesvermindering veroorsaak. In die provinsies NieuSuid Wallis en Queensland is oestyd goed aan die gang en die opbrengs lyk buitengewoon hoog. In die suidooste het opbrengste beduidend verswak weens droogte en ryp gedurende September en Oktober.
Tabel 1. Oppervlakte- en vyfde produksieskatting vir wintergewasse op 19 Desember 2024 vir produksieseisoen 2024.
Argentinië het bykans dieselfde toestande as Australië met laer opbrengste in die noorde en bykans gemiddelde opbrengste in die suide en ooste van die land.
Prysneigings
Die Amerikaanse departement van landbou het produksievooruitsigte vir Rusland en die Europese Unie verlaag. Hulle raam internasionale produksie effens laer maar reken die eindvoorraad sal gebalanseerd wees.
Die internasionale graanraad het koring se eindvoorraad in sy jongste maandverslag afwaart aangepas met die verwagting dat dit op ‘n jaargrondslag met 9 miljoen ton kan verminder.
Rusland gaan sy uitvoerkwota tussen 15 Februarie en 30 Junie 2025 met 66% verminder. Volgens GSA se verslag is dit ‘n aansienlike vermindering van die 29 miljoen ton wat in 2024 verskeep is, tot ‘n verwagte 11 miljoen ton in 2025.
Vir ‘n beraming van die komende internasionale koringoes se ontwikkeling raai GSA se ekonome markdeelnemers aan om gewastoestande in die VSA en Rusland dop te hou. Dit is egter net so belangrik om toestande in die suidelike halfrond in die oog te hou om sommige aanwysers vir pryse te kry.
Tabel 2. Koring – oppervlakte- en vyfde produksieskatting 2024-produksieseisoen 19 Desember 2024.
1 Slegs kommersieel. Uitgesluit gars of hawer wat gebruik word as weiding, kuilvoer, hooi en / of as veevoer op die plaas.
en die oppervlakteskatting is 31 000 ha. Die verwagte opbrengs is 1,62 t/ha. Teenoor die vorige seisoen het aanplantings met 3 500 ha toegeneem en produksie is 9 300 ton meer.
Die NOK se statistiek met hawer en gars is slegs kommersiële produksie en dit sluit hawer en gars uit wat as weiding, kuilvoer, hooi en of as veevoer op plase gebruik gaan word.
In die geval van soetlupine is die produksieskatting 19 200 ton. Die oppervlakte beplant met soetlupine is 16 000 ha. Die
verwagte produksie is 19 200 ton en dit is 3 200 ton meer as in die vorige seisoen.
Meer inligting oor die NOK se statistiek is op SAGIS se webtuiste beskikbaar by www.sagis.org.za onder die opskrif ‘nonSAGIS info - crop estimates’.
Koring se invoertarief is in Oktober 2024 vir die derde keer in 2024 aangepas, bykans vier maande nadat dit volgens die kommissie vir internasionale handelsadministrasie (Itac) se tariefformule afgekondig moes word. Die jongste tarief waarvolgens Suid-Afrikaanse koringprodusente teen ‘n lae internasionale prys en goedkoop ingevoerde koring beskerm moet word, is R422,00/ton.
Nadat hierdie aanpassing op 25 Oktober 2024 gemaak is, moes die tarief reeds weer volgens die formule op 3 Desember 2024 tot R549,45 verhoog word. Dit is egter met die skryf van hierdie artikel (6 Januarie 2025) nog nie deur Itac aangepas nie.
Die koringtarief word met ‘n formule aangepas waarin veranderlike faktore soos markbewegings in berekening gebring word nadat die internasionale koringprys met ‘n bewegende gemiddeld vir drie weke lank minder as die amptelike verwysingsprys van $ 279/ton was. Die invoertarief se verwysingsprys is gegrond op VSA nommer 2 harde rooi winterkoring.
Saam met Itac is die minister van landbou en die departement van handel en nywerheid betrokke by die vasstelling en aanpassing van die invoertarief. Volgens Graan SA is die langtermyngemiddelde waarop die tarief aangepas word 44 dae. In 2024 het die vertraagde tydperk vir die aanpassing tot ‘n gemiddeld van 71 dae toegeneem.
Die vertraging van die aankondigingsproses het Graan SA en ander rolspelers in die bedryf genoop om in Junie 2024 ‘n voorstel aan Itac te maak dat die verwysingsprys en die tarief se aankondiging hersien moet word. Die versoek behels dat die aankondiging soortgelyk moet wees aan die maandelikse vasstelling en aankondiging van die brandstofprys deur die sentrale energiefonds.
Terselfdertyd het die rolspelers versoek dat die basisverwysingsprys hersien moet word sodat dit die mark se werklikhede kan insluit. Itac het in 2016 aanbeveel dat die basisverwysingsprys elke drie jaar hersien moet word. Die hersiening neem onder meer verandering van internasionale koringpryse, die reële wisselkoers, invoer vir Suid-Afrika, vervoerkoste en ‘n verwringingsfaktor in ag.
Na verwagting en volgens die NOK se Oesskatting van 19 Desember 2024 word ‘n koringoes van 1,935 miljoen ton vir die 2024-produksieseisoen verwag. Die binnelandse verbruik beloop sowat 3,5 miljoen ton. Die invoertarief se verwysingsprys is gegrond op VSA nommer 2 harde rooi winterkoring, terwyl meer as 60% ingevoerde koring van die Oosbloklande afkomstig is wat goedkoper ingevoer kan word.
Die basis- of verwysingsprys waarvolgens die tarief bereken word, is tans VSA$ 279 en dit word deur ontleders as ‘n té lae prys bestempel. Ekonome beraam dat die verwysingsprys nader aan VSA$ 300 te wees.
Markontleders en bedryfskundiges reken die lang tydsverloop tussen die datum waarop die veranderlike tarief sneller en die datum waarop dit in die Staatskoerant afgekondig word, skep onsekerheid in die mark. Vertragings ontstaan weens die administrasie en prosesse tussen verskillende regeringsdepartemente.
Die Oesskattingskomitee se beraming dat minder koring teenoor die vorige seisoen geplant is, kan daaraan toegeskryf word dat produsente wat ander gewasse kan plant eerder nie koring geplant het nie omdat koring se winsgewendheid onder druk is, sê Corné Louw, Graan SA se hoof van toegepaste ekonomie en lededienste.
In ‘n verslag wat onder meer die faktore van koring se winsgewendheid bespreek sê Louw die Wes-Kaap se gemiddelde opbrengs oor die afgelope vyf jaar was 2,88 t/ha. “Teen 2,88 t/ ha breek ‘n produsent net-net gelyk, wat nie volhoubaar is nie.”
Sy berekening van opbrengste in die Noord-Kaap se besproeiingsgebiede lewer dieselfde slotsom.
“Die gemiddelde opbrengs in die Noord-Kaap se besproeiingsgebied is 7,27 t/ha oor die afgelope vyf jaar. Weer eens,
teen hierdie gemiddelde opbrengs breek ‘n koringprodusent in die Noord-Kaap net-net gelyk en is daar geen ruimte vir iets om verkeerd te gaan nie.”
‘n Risiko vir plaaslike pryse hierdie seisoen is dat invoer kan toeneem en plaaslike voorraad laat styg, wat druk op die plaaslike mark gaan plaas. Hoewel daar volgens Louw ‘n afname in koringproduksie verwag word, is daar steeds groter voorraad in die plaaslike mark beskikbaaar as gevolg van ‘n groter beginvoorraad. Dit is te wyte aan die 2023/24-seisoen se groter invoervolumes en groot eindvoorraad.
Die eindvoorraad van die 2024/25-seisoen kan gebalanseerd bly weens die vraag wat na verwagting konstant gaan bly. Indien invoer egter weer toeneem ontstaan die risiko van druk op die plaaslike mark.
Hoewel ‘n kleiner koringoes vir 2024/25 verwag word as in die vorige seisoen gaan Suid-Afrika waarskynlik minder koring invoer. Dit is danksy die groter oordragvoorraad. Behalwe dat minder koring ingevoer hoef te word, is nog ‘n voordeel dat die internasionale produksie en voorraad hoog is en dat invoerlande deur redelike pryse bevoordeel word.
Volgens die Landboubemarkingsraad se vraag- en aanbodkomitee gaan sowat 1,82 miljoen ton ingevoer word teenoor die vorige seisoen se koringinvoer van 1,93 miljoen ton. Die hoeveelheid wat ingevoer moet word is in ooreenstemming met die land se gemiddelde behoefte oor vyf jaar.
Die groter oordragvoorraad het onstaan weens die ruim hoeveelheid wat in die vorige seisoen ingevoer is. Invoerders het waarskynlik die voordeliger internasionale pryse benut om voorraad vir die nuwe seisoen op te bou.
Met die aanvang van 2024/25 se koringseisoen was die openingvoorraad 753 000 ton. Dit is 34% meer as in die vorige seisoen en verskaf ‘n goeie wegspring vir die nuwe seisoen se voorraad.
Ondanks die beter voorraadtoestand word ‘n kleiner oes volgens die Nasionale Oesskattingskomitee verwag. Die oesskatting van 19 Desember 2024 dui op ‘n verwagte oes van 1,93 miljoen ton teenoor die vorige seisoen se 2,05 miljoen ton.
“Die oesverlies kom nie van die Wes-Kaap as grootste
Wandile Sihlobo, hoofekonoom van Agbiz.
produseerder nie,” sê Wandile Sihlobo, hoofekonoom van die landbousakekamer Agbiz. “Die Wes-Kaap verwag ‘n groter oes as in die 2023/24-seisoen. Die uitdaging is die kleiner oeste van ander provinsies wat belangrike produseerders is, naamlik die Noord-Kaap, Limpopo en die Vrystaat. Hierdie provinsies se koringaanplantings het verminder. Die relatief laer koringprys aan die begin van die seisoen mag een van die faktore wees vir die besluit om aanplantings te verminder.
“Vir die Vrystaat en Limpopo gaan die uitdaging oor meer as net die pryse,” sê Sihlobo. “Hulle het ‘n ernstige midsomerdroogte ervaar en beduidende verliese met somergraan gehad. Toe die koringseisoen in Mei aangebreek het, was produsente terneergedruk en bekommerd oor grondvog. Sulke uitdagings het tot die verwagte afname in 2024/25 se koringaanplantings gelei.”
Volgens Agbiz se markverslag van 13 Januarie 2025 is 449 000 ton koring tot in daardie stadium vir 2024/25 ingevoer. Die grootse voorsieners was Rusland, Pole, Litaue, Letland (Latvia) en Kanada.
Uit ‘n algemene oogpunt oor landboutoestande is Agbiz optimisties dat die seisoen beter as die vorige gaan verloop. Hoewel verskeie streke en kommoditeite nie ‘n goeie herstel van die vorige seisoen se moeilikhede en finansiële beperkings ervaar nie, beloof die wyer nasionale prentjie ‘n beter seisoen, meen Agbiz.
Die verwagte invoer van 1,82 miljoen ton koring vir Suid-Afrika se binnelandse behoefte gaan druk op hawelogistiek voortsit.
Landbou-ondernemings in die wintergraanstreke se gunstiger vertroue in hulle markaandeel was een van die faktore wat landbousakevertroue in die vierde kwartaal van 2024 verhoog het. Volgens die landbousakekamer Agbiz en die Nywerheidsontwikkelingskorporasie se indeks van 2024 was sakevertroue toe op die hoogste vlak sedert die tweede kwartaal van 2022.
Die opname onder besluitnemers van landbou-ondernemings in alle landbousektore is in die laaste week van November 2024 vir die vierde kwartaal gedoen. Daarvolgens het landbousakevertroue met tien punte tot 58 teenoor die derde kwartaal toegeneem. Dit was die tweede agtereenvolgende verbetering in sakevertroue.
“Hierdie indeksvlak beteken dat Suid-Afrikaanse landbouondernemings oor die algemeen optimisties bly oor saketoestande,” sê Wandile Sihlobo, Agbiz se hoofekonoom.
Hy skryf die vertroue aan ‘n kombinasie van faktore toe, wat gunstige weerstoestande insluit met die vooruitsig dat reën weens La Niña die 2024/25-seisoen gaan ondersteun. Daarby het respondente van die opname die stabieler energieverskaffing, verbetering van hawedoeltreffendheid en die totstandkoming van die regering van nasionale eenheid as belangrike faktore vir hulle optimisme beklemtoon.
Die vertrouensindeks bestaan uit tien onderafdelings waarvan vyf in 2024 se vierde kwartaal opmerklik verbeter het en vertroue in die ander afdelings gedaal het.
In die onderafdeling Markaandeel het vertroue met twee punte tot 67 in die vierde kwartaal toegeneem. Die meeste sakelui se standpunt was onveranderd maar in die wintergraanstreke is ‘n verbetering aangeteken.
By Kapitale beleggings het vertroue met 5 punte tot 63 verbeter. Dit kan toegeskryf word aan die verslapping van rentekoerse wat landbou-ondernemings en produsente geleentheid gee om kapitaal vir beleggings teen beter koerse te bekom. ‘n Belangrike aanwyser in hierdie onderafdeling is die verkope van toerusting, wat in die hele 2024 swak presteer het.
Die sentiment vir Uitvoervolumes het beduidend verbeter en tot 83 in die vierde kwartaal toegeneem. Dit is die hoogste indeksyfer sedert die eerste kwartaal van 2022. Respondente in die landbousektore van graan en vrugte het die meeste bygedra tot die verbetering van hierdie onderafdeling se vertroue.
Volgens Sihlobo is dit in ooreenstemming met waarnemings in werklike handel. Ter vergelyking was Suid-Afrika se landbouuitvoer in die derde kwartaal van 2024 US$12 miljard, wat 5% meer was as in die derde kwartaal van 2023. Die saamgestelde uitvoerwaarde in 2024 se eerste drie kwartale was 4% beter as in 2023. Dit weerspieël ‘n verhoging in verskeie landbouprodukte se uitvoer en in sommige gevalle ook beter pryse vir produkte.
Vertroue in die Algemene ekonomiese toestande het met 20 punte tot 63 in die vierde kwartaal van 2024 toegeneem. Hierdie verbetering kan toegeskryf word aan die verwagte uitwerking van minder beurtkrag in 2024 en die algemene toepassing van die regering se Operasie Vulindlula oor ekonomiese hervorming deur onder meer ministers en staatsdepartemente.
Sanet Naudé SA GRAIN INFORMATION SERVICE
The rising demand and escalating vegetable oil prices globally created the opportunity for South Africa to expand its role in the market by increasing canola production, the processing thereof, as well as to enter the exports market. This all contributes to a positive growth in the economy.
Figure 1 shows an overview regarding canola producer deliveries, processing, and exports over a twenty-year period.
For the 2023/24 marketing year canola producer deliveries of 235 904 tons were reported by 30 September 2024. This is an increase of 478% over the past twenty years.
Canola processed for animal feed decreased with 29%. The additional production was therefore mainly absorbed by increasing the crushing of canola for oil and oilcake with 684% from 26 300 tons to 206 180 tons.
The first exports for canola took place during the 2020/21 marketing year and has been happening every year since then. There are also exports through South African ports on deep sea vessels and not any cross border exports.
It is encouraging to see how the canola industry not only sustained itself with no regular imports, but also grew to produce more than 200 000 tons of canola in a year.
Sihlobo sê hoewel statistiek oor die bruto binnelandse produk (BBP) teleurstellend was, is verskeie markontleders se vooruitsigte oor 2025 se BBP oor die algemeen optimisties. Die indeks se onderafdeling oor Algemene landboutoestande het met 17 punte tot 67 toegeneem - die hoogste vlak sedert 2021 se vierde kwartaal. Die optimisme word toegeskryf aan verwagtinge wat La Niña-reën in die 2024/25-seisoen kan veroorsaak en die gevolge vir landboutoestande.
Afname in vertroue
Sakelui van landbou-ondernemings se vertroue in Omset was minder gunstig as in die derde kwartaal van 2024. Vertroue in hierdie onderafdeling het met 4 punte tot 46 gedaal. Dit is volgens Sihlobo deels veroorsaak deur oeste van somergraan en oliesade in 2023/24 se produksieseisoen. Sakelui betrokke by veral lewendehawe, somergraan en by sommige finansiële dienste was veral negatief.
In ooreenstemming met die sake-ondernemings se omset het vertroue in die netto Bedryfsinkomste met 5 punte tot 42 verminder.
Ook vertroue in Werkverskaffing het in die vierde kwartaal van 2024 gedaal. Die daling tot 42 punte was volgens Sihlobo
weens ‘n uitdagende seisoen nie onverwags nie. Dit is egter ‘n ander indruk wat geskep is uit Suid-Afrika se statistiek van indiensneming in landbou wat in die derde kwartaal van 2024 verbeter het.
Met die indeks se onderafdelings Voorsiening vir slegte skuld en Finansieringskoste word ‘n afname in vertroue as positiewe ontwikkeling beskou en ‘n verbetering van vertroue as negatief. In 2024 se vierde kwartaal het die Voorsiening van slegte skuld met 8 punte tot 42 verminder. Dit word gevolglik as ‘n gunstige verwikkeling beskou en dit kan volgens Sihlobo aandui dat sake in hierdie onderafdeling op ‘n herstelpad is.
Dit is egter ‘n verrassing dat vertroue in Finansieringskoste met 33 punte tot 79 toegeneem het. Met dalende rentekoerse was ‘n afname eerder verwag.
In geheel weerspieël die indeks se vierde kwartaal dat landboutoestande verbeter na die vorige uitdagings van droogte en veesiektes, sê Sihlobo.
“Vir landbou se langtermyngroei behoort hierdie optimisme uitgebou te word. Dit sal gesamentlike werk deur die sakebedryf en regering vereis om netwerkbedrywe doeltreffender te maak, munisipaliteite beter te bestuur, toenemende pogings vir nuwe uitvoermarkte en om bioveiligheid beter te bestuur.”
2024 se daling in die verkope van trekkers en stropers het in November voortgeduur maar dit is volgens markontleders ‘n regstelling na vorige jare se goeie verkope. Produsente het ook die vervanging van toerusting uitgestel om eers landboutoestande vir die seisoen te evalueer.
Volgens die Suid-Afrikaanse vereniging van landboumasjinerie (SAAMA) is 523 trekkers en 13 stropers in November 2024 verkoop. In die ooreenstemmende maand van 2023 was trekkerverkope 685 eenhede en stropers 34. Na verwagting gaan 2024 se trekkerverkope sowat 6 400 wees en stroper-
verkope tussen 200 en 220 eenhede, sê Willie Human, voorsitter van SAAMA.
Op ‘n jaargrondslag tot November 2024 het trekkerverkope 23,2% gedaal en stroperverkope bykans 60%. Tot November 2024 is 6 021 trekkers verkoop teenoor die ooreenstemmende tyd van 2023 se 7 843 trekkers. Met stropers is 195 eenhede tot November 2024 verkoop en 474 in 2023.
Human sê in SAAMA se maandverslag van November 2024 dat sommige produsente hul somergewasse geplant het en ander het vir reën gewag. In sommige gevalle moes aanplantings oorgedoen word weens ‘n gebrek aan opvolgreën. Die situasie het daartoe gelei dat produsente die aankoop van toerusting uitgestel het.
Wandile Sihlobo, die landbousakekamer Agbiz se hoofekonoom, sê die dalende verkope is nie verbasend nie en dit is volgens hulle verwagtinge.
“Ons het lankal een of ander regstelling verwag na ‘n lang tydperk van goeie trekker- en stroperverkope. Die afgelope paar jaar se verkope was die gekombineerde gevolg van groot oeste by graan en oliesade wat saamgeval het met hoë kommoditeitspryse wat inkomste bevoordeel het,” sê Sihlobo.
Graan en oliesadegewasse se prestasie in die 2024/25-seisoen sal bepaal of verkope van landboumasjinerie gaan herstel en of dit vanjaar en in 2026 op huidige vlakke gaan bly, sê Wandile Sihlobo, die landbousakekamer Agbiz se hoofekonoom.
Na die vrystelling van 2024 se verkoopsyfers vir trekkers en stropers deur die SA vereniging van landboumasjinerie (SAAMA) sê Sihlobo die daling van 23% in trekkerverkope en 60% in stroperverkope teenoor 2023 se syfers was te wagte.
Volgens SAAMA is 6 465 trekkers en 201 stropers verkoop. Die daling het gevolg op beter verkope in die voorafgaande drie jaar. Uit ‘n produksieperspektief is daar egter optimisme oor die nuwe seisoen weens onder meer reënvooruitsigte.
In die vorige drie seisoene van 2020 tot 2023 is beter masjinerieverkope aangespoor deur goeie oeste en hoër kommoditeitspryse wat produsente se inkomste bevoordeel het. ‘n Regstelling en afname van verkope was gevolglik te wagte.
Nog ‘n rede vir 2024 se swakker masjinerieverkope was die midsomerdroogte van die 2023/24-seisoen wat ‘n demper op produsente se inkomste en die verkope geplaas het. Die gevolg van daardie droogte was volgens Sihlobo ‘n afname van 23% in die somergraan- en oliesadeproduksie.
Hoër rentekoerse in die grootste deel van 2024 het eweneens ‘n rol in masjinerieverkope gespeel en die finansiële druk verhoog terwyl landbouskuld rondom R200 miljoen beweeg het.
Uit ‘n perspektief van landbouproduksie is daar egter rede vir optimisme in 2025, sê Sihlobo. Hoewel reën in sommige streke laat gekom het en karig in ander streke was, het dit van middel-Desember af tot in Januarie aangehou. Suid-Afrika is nou in ‘n La Niña-tydperk en reënvooruitsigte vir die volgende twee maande is in die meeste gebiede gunstig.
Dit is egter kommerwekkend dat nat toestande nou verhoed dat aanplantings kan voortgaan in gebiede waar voorheen nie geplant kon word nie. Die ideale tradisionele plantvenster was tot aan die einde van Desember.
“Daar was egter baie seisoene toe produsente nog aan die begin van Januarie geplant en ‘n goeie oes afgehaal het. Vanjaar se uitdaging is dat dit reeds in middel-Januarie was met ‘n effense afname van swaar reën in sommige gebiede.”
As produsente voortgaan om tot aan die einde van Januarie te plant ontstaan die risiko van rypskade later in die seisoen. As hulle egter ryp vryspring, soos dikwels in vorige seisoene, is daar ondanks die laat aanplantings die vooruitsig van ‘n beter graanoes.
In die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) se vyf oesskattings vir die 2024-seisoen se wintergraan tot dusver het daar ondanks wisselende landboutoestande nie veel veranderings plaasgevind nie. Met die produksie van koring, gars en hawer is die verwagtinge volgens versamelde statistiek telkens aangepas maar met soetlupine het produksieskattings min verander. Die wintergewasse se vyf oppervlakteskattings het bykans dieselfde deur die seisoen gebly.
Die vyf oesskattings vir die 2024-seisoen is op 28 Augustus, 26 September, 29 Oktober, 27 November en 19 Desember 2024 uitgereik. Die sesde produksieskatting vir wintergewasse van die 2024-seisoen word op 28 Januarie 2025 vrygestel. In die 2023-seisoen het die NOK se syfers vir wintergewasse bevestig hoe akkuraat oesskattings deur die loop van die 2023-seisoen was, asook in die afgelope tien jaar. Met ‘n norm van 5% afwyking het die NOK tussen 2004 en 2023 in 35% van die produksiejare ‘n oorskatting gehad en in 65% van die produksiejare ‘n onderskatting. Die meerderheid onder- of oorskattings was minder as 2,50%.
Koringproduksie
Na koring se eerste produksieskatting van 1 930 280 ton op 28 Augustus is 8 320 ton by die tweede skatting van 26 September gevoeg. Met die derde produksieskatting van 29 Oktober het gunstige toestande daartoe gelei dat nog 26 000 ton bygevoeg is.
Toestande het egter sodanig verswak dat 24 960 ton minder koring in die vierde produksieskatting van 27 November verwag is. Nog ‘n daling van 4 650 ton is in die vyfde produksieskatting van 19 Desember 2024 aangemeld.
Produksie het gevolglik van die eerste tot die vyfde produksieskatting met 4 710 ton tot 1 934 990 ton toegeneem.
Kanolaproduksie
In die vyf produksieskattings van kanola tussen Augustus en Desember 2024 is die oes met 29 695 ton verhoog. Produksie kon telkens opwaarts aangepas word. Die eerste produksieskatting het 265 750 ton beloop en dit is in die tweede
produksieskatting van 26 September met 28 895 ton verhoog.
Daarna het geringe verhogings in Oktober en November se oesskattings gevolg met onderskeidelik 520 ton en 280 ton en die verwagte produksie was toe 295 445 ton. Met die sesde skatting van 19 Desember 2024 is produksie onveranderd op 295 445 ton gehou.
Toestande vir garsproduksie in 2024 het veroorsaak dat die oesskatting telkens afwaarts aangepas is, met die uitsondering van die laaste produksieskatting. Die eerste produksieskatting het 415 135 ton beloop. Vir die tweede skatting van 26 September is die verwagte produksie met 16 600 ton verminder en met die derde skatting met nog 13 500 ton. Dit het die verwagte produksie op 385 035 ton te staan gebring.
Gars se verwagte produksie is met die vierde skatting van 27 November nogmaals verminder, dié keer met 13 500 ton. Die vyfde produksieskatting is onveranderd gelaat op 377 050 ton. Altesaam het die verwagte garsproduksie tussen Augustus en Desember 2024 met 38 085 ton verminder.
Vir soetlupine se produksie in 2024 het die Oesskattingskomitee slegs een aanpassing gemaak. Die eerste produksieskatting was 18 400 ton en dit is met die tweede skatting met 800 ton verhoog tot ‘n verwagte produksie van 19 200 ton. Met die daaropvolgende oesskattings is hierdie verwagting nie aangepas nie en met Desember se produksieskatting het dit steeds op 19 200 ton gestaan.
Die integrasieproses ná die samesmelting tussen die landboumaatskappye VKB en GWK in 2023 toon goeie vordering, sê die VKB Groep in ‘n verklaring. Die VKB Groep, met GWK ingesluit, het in sy 2024 finansiële jaar wat 31 Maart 2024 geëindig het ‘n genormaliseerde wins voor belasting van R608 miljoen aangeteken, nieteenstaande uiters moeilike ekonomiese en klimaatsomstandighede.
In die huidige finansiële jaar word die gevolge van ongunstige klimaat steeds gesien, asook die algemene ekonomiese druk op primêre landbouprodusente en die algemene verbruiker. Proaktiewe planne is tydig ingestel en die situasie word bestuur.
“Die VKB Groep se uitgebreide geografiese voetspoor bied 'n natuurlike risikoverskansing, veral in wisselende klimaatstoestande. Hoewel ongunstige toestande produsente altyd sal beïnvloed, kan gunstige toestande in ander streke en nywerhede die impak versag en die Groep se algehele prestasie stabiliseer. Dit is reeds sigbaar in die huidige finansiële jaar se resultate tot op datum,” verklaar die Groep.
Een van die samesmelting se doelwitte is werklike waardeskepping en dit word bereik met gesamentlike aankope en met die verspreiding en voorsiening van produkte. Met energieverskaffing is waarde reeds ontsluit met gesamentlike bedinging.
SDie groep kon in sonenergieprojekte belê en daarmee waarde skep by die hoender-abattoir en ‘n aantal graanmeulens.
In die derde kwartaal van 2024 het die groep sy maatskappystrategie hersien en dit aan personeel en belanghebbendes bekend gestel. Volgens die groep se strategiese doelwitte en tydsbeplanning word sakemodelle tans hersien.
Die tydige aanstelling van die uitvoerende bestuurspan en finalisering van maatskappystrukture in ‘n vroeë stadium het die integrering van funksies glad verloop.
‘n Voordeel is ook verkry weens die gekombineerde talentpoel van personeel. Dit bring eiesoortige perspektiewe, idees en 'n kultuur van vindingrykheid bymekaar. Deur samewerking tussen kundiges in dieselfde loopbaanvelde, met verskillende ervarings en agtergronde, word beste praktyke gedeel en toegepas om doeltreffendheid en waarde te ontsluit. Die uitgebreide struktuur van die VKB Groep bied selfs groter potensiaal vir loopbaanvordering en werkskepping in Suid-Afrika.
“Die goeie vordering met die samesmelting kan toegeskryf word aan 'n gestruktureerde benadering gelei deur die kundigheid van die VKB/GWK-integrasiekomitee, in samewerking met die VKB Groep se direksie en uitvoerende leierskapspan,” lui die verklaring.
aam met bestaande instansies wat opleiding in landbou op verskillende vlakke aanbied het ‘n landboukollege in Mpumalanga se Morgenzon-distrik sy deure geopen. ‘n Ander nuweling naby Bloemfontein, die Landboukollege Vrystaat, verwag in 2025 ‘n groot toename in studente in sy derde bestaansjaar. Boere en die plaaslike gemeenskap uit die Morgenzon-distrik het onder leiding van Phillip du Preez van die plaas Uitkomste die Agri Innovasie-kollege gestig wat teoretiese en praktiese opleiding op plase aanbied. Die kollege vir skoolverlaters is in vennootskap met die Morgenzon Landbou-akademie vir hoërskoolleerders.
Soos die Landboukollege Vrystaat is die Agri Innovasie-kollege deel van die onafhanklike internasionale landbou-akademie, die International Agricultural Academy for Africa (i3A). Laasgenoemde is by die Suid-Afrikaanse kwalifikasie-owerheid geakkrediteer om tersiêre sertifikaat- en diplomakursusse aan te bied.
Morgenzon Landbou-akademie het koshuisgeriewe vir studente van die Agri Innovasie-kollege. Die akademie is ook die basis vanwaar aanlyn teoretiese kursusse deur i3A gebied word. Volgens beplanning gaan studente vir die helfte van die dag teoretiese werk doen en die ander helfte praktiese werk met gewas- en veeproduksie op plase in die distrik.
Die Landboukollege Vrystaat met Afrikaans as voertaal het as private kollege sy deure in 2023 geopen om jong boere vir kommersiële boerderye op te lei. In 2024 het 63 skoolverlaters vir
die kollege se landboudiploma van twee jaar in vee- of gewasproduksie ingeskryf. Die kollege se kampus is op Kwaggafontein naby Bloemfontein en het koshuisgeriewe vir mans en vroue. Studente volg ‘n plaasroetine vermeng met praktiese klasse, teoretiese opleiding en kortkursusse in spesifieke vaardighede.
Kontakbesonderhede
Agri Innovasie-kollege: Tel 078 707 8438 of 051 444 0201, E-pos admin@agri-innovasie.co.za
Landboukollege Vrystaat: Tel 051 444 0201 of Whatsapp 064 915 4470, E-pos admin@vlsk.i3a.co.za
UITGEWERS VAN:
Koringfokus / Wheat Focus: Die spesialistydskrif vir kleingraan in Suid-Afrika
Vegetables & Fruit / Groente & Vrugte: Ontgin alternatiewe moontlikhede in nismarkte
Subtrop Journal: Joernaal vir avokado-, mango- en lietsjiekwekers.
Navorsingsjoernaal:
SA Avokadokwekersvereniging (SAAGA)
SA Lietsjiekwekersvereniging (SALGA)