Protect Your Cereal Crops From Damaging Broadleaf Weeds
Pixxaro® 266 EC (Reg. No. L11191) is an emulsion concentrate herbicide for preplant burn down of broadleaf weeds on fallow lands and selective early postemergence control of broadleaf weeds in wheat and barley.
KEY ATTRIBUTES & ADVANTAGES
Effective post-emergence control of many common and economically damaging broadleaf weeds in cereals and barley.
Low use rates result in low environmental load.
Alternative mode of action to help manage resistant weed biotypes.
Rapid degradation in soil and plant tissues allows crop rotation flexibility. Visit Our Website For More Information
OUR CROP PROTECTION PRODUCTS ARE AT THE HEART OF AGRICULTURE
FOR MORE INFORMATION CONTACT THE REGISTRATION HOLDER: Corteva Agriscience RSA (Pty) Ltd · Reg. No. 1997/003030/07 • Paarl +27 (0) 21 003 8259
• Centurion +27 (0) 12 683 5700 • 2nd Floor, Building A, Lakefield Office Park, 272 West Avenue, Centurion, 0157, Gauteng, Republic of South Africa.
ALWAYS USE ACCORDING TO LABEL RECOMMENDATIONS: Pixxaro® 266 EC contains Arylex® (halauxifen-methyl) (Pyridine Compound) (16.25 g a.e./L) and Fluroxypyr (250 g a.e./L) | Reg. No. L11191 | Act No. 36 of 1947 • TM ® Trademarks of Corteva Agriscience and its affiliated companies © 2024 Corteva.
VOORBLAD
Met die fyngraan-stroopseisoen voor die deur staan New Holland se CR-stropers gereed om gewasse met die heel beste kwaliteit, produktiwiteit en optimale brandstofverbruik van die land af te haal. Foto verskaf.
Koringfokus / Wheat Focus verskyn ses keer per jaar en word in samewerking met die koringbedryf saamgestel, wat insluit: LNR-Kleingraan; SA Graaninligtingsdiens & SA Graanlaboratorium.
Gratis beskikbaar aan bona fide-kleingraanprodusente
Uitgewer en eienaar
Adres vir redaksionele kopie, advertensies en intekenare: Mediakom Posbus 20250 Noordbrug 2552
Tel: 018 293 0622 E-pos: info@mediakom.co.za www.mediacomcc.co.za
REDAKTEUR: Willie Louw
ADVERTENSIES: Jana Greenall 011 476 3702 / 082 780 9914
UITLEG: Mercia Venter - studio.chatnoir@gmail.com
KOPIEREG EN STANDPUNTE
© Kopiereg / Copyright: Ingevolge Artikel 12(7) van die Wet op Outeursreg Nr 98 van 1978 en enige wysigings word alle regte voorbehou. Standpunte en aansprake in advertensies en artikels word nie noodwendig deur Mediacom Bk en enige medewerkers / deelnemende instansies onderskryf nie. Regstellings word net oorweeg indien ‘n tipografiese fout die bemarkingswaarde van ‘n advertensie/promosie verminder.
REEDS 42 JAAR DIE
ONAFHANKLIKE SPESIALIS-TYDSKRIF VIR DIE KLEINGRAANBEDRYF
NEEM KENNIS
4 Damme water en versuipings in die winterreëngebied
04 Invoertarief ry wipplank en word weer vertraag
05 New bread wheat cultivars for the industry
07 Landboumasjinerie se verkope stabiliseer
8 Winter crop production prospects remain worrying
9 Heffing op gewasse toon groot voordele
9 Wintergraan se tegnologieheffing nog tot 2026 geldig
9 Agbiz se nuwe bestuur
9 GOSA kies bestuur
10 Suid-Afrika presteer met produksiegroei
10 Saadtelers se beleggings uit heffing vergoed
12 Requests for more information and SAGIS continue to deliver on time
13 Board of directors
14 New Holland CR-stropers draf meer as 50 gewasse kaf
20 Twee hulpmiddels vir ‘n beter kanola-oes
26 Uitnemende jongboere gekies vir SA titel
28 Noukeurige kontrole om saad se kwaliteit te beskerm
29 Berg saad met sorg om kwaliteit te behou
30 Spuitstukke kan ‘n groot bydrae tot volhoubaarheid lewer
16 Nat Overberg is gerat vir almal by Nampo Kaap
17 Die formaliteite van Nampo Kaap
18 Die ruggraat vir ekonomiese groei lê in landbou
18 Jeugskou se uitdunne
19 Resepte en wyn, sangers en omroepers in vroueprogram
Weens afleweringsprobleme met die gewone posdiens word intekenare en lesers versoek om hul e-posadresse aan info@mediakom.co.za te stuur vir die elektroniese versending van KORINGFOKUS - WHEAT FOCUS.
en opberging
22 W intergraan se toekomsverwagting tot 2033
23 Beperk koste en verhoog opbrengs om mededingend te bly
24 Gars se mark vereis fyn beplanning met aanplantings
24 Koringaanplantings verminder in volgende dekade maar opbrengs verbeter
25 Goeie bedryfsplanne laat kanola in vele opsigte floreer
27 SAGIS: Wheat market information: 2023/24 marketing year MARK-INFO
6 Eerste produksieskatting: Minder koring maar meer ander wintergewasse
Damme water en versuipings in die winterreëngebied
In die Overberg het bogemiddelde reën in Junie, Julie en Augustus koring en kanola laat versuip of verhoed dat gespuit en bemes kon word. Die koue en sneeu is egter verwelkom. Versadigde grond het later veroorsaak dat damme van hektare groot in Bredasdorp en Napier se distrikte voorgekom het.
Van Bredasdorp af na Struisbaai en Waenhuiskrans was die hoof- en plaaspaaie vir lang tye onder water. Sommige boere het geskat dat tot 60% van hulle aanplantings versuip het. Dit is egter nie net gesaaides waarmee die Overbergse boere skade opdoen weens die reën en baie water nie. Kleinen grootvee se bemarking en hulle weiding het ook verliese tot gevolg en dit verg fyn beplanning om uitkoms te bestuur.
Die Swartland het eweneens bogemiddelde reën gehad maar die wintergraan het desondanks beter ontwikkel. Versuipings het wel in die suidelike deel van die Swartland voorgekom en infrastruktuur is beskadig. Ook hier is die koue wat koring nodig het verwelkom en as bonus help dit sommige plae beheer.
Die Wes-Kaapse departement van landbou het opnames oor skade in distrikte gedoen met die moontlikheid om ramphulp te verskaf.
Die Nasionale Oesskattingskomitee se eerste produksieskatting van 28 Augustus 2024 gee 'n aanduiding van oesverliese in die Wes- en Suid-Kaap (bl 6).
Oos-Vrystaat
Danksy goeie ondergrondse vog in sommige streke het koringaanplantings in die Oos-Vrystaat gedurende Julie goed gelyk. Soos in die afgelope seisoene is min koring geplant, onder meer weens die laer prys en klimaatstoestande soos reën op die plante se regte groeistadium. Veranderende klimaat het
daartoe gelei dat te min reën in Augustus en September val wanneer die droëlandkoring dit nodig het, maar in November en Desember se strooptyd kom die reën.
Die moontlikheid van ryp later in Oktober wanneer koringplantjies onder besproeiing baie sensitief daarvoor is, weerhou sommige besproeiingsboere van meer aanplantings. Die voorkoms van swamsiektes en uitermatige hitte in die afgelope twee seisoene het besproeiingsboere verder afgeskrik.
Hierdie ekonomiese en klimaatstoestande in die Oos-Vrystaat en die beter winsgewendheid van ander gewasse het veroorsaak dat die Vrystaat en veral Oos-Vrystaat nie meer soos 15 jaar gelede sowat die helfte van die land se koring produseer nie.
Invoertarief ry wipplank en word weer vertraag
Die invoertarief van koring wat beskerming aan SuidAfrikaanse koringprodusente gee is kortstondig in Julie 2024 geaktiveer, net om vroeg in Augustus 2024 weer na ‘n nultarief te verander. Die instelling van die tarief op 19 Julie 2024 was meer as dertien weke ná die datum waarop dit volgens ‘n formule afgekondig moes word. Die tarief was net vir 18 dae van toepassing voordat dit weer opgehef is.
Die invoertarief of heffing word volgens die internasionale prys van VSA se nommer 2 harde rooi winterkoring en die rand-dollar-wisselkoers in ‘n formule vasgestel. Dit word deur die regering se kommissie vir internasionale handel (Itac) in die departement van handel, nywerheid en mededinging in oorleg met ander departemente geadministreer en in die Staatskoerant afgekondig.
Die tarief is veranderlik en word as ‘n basisprys vir SuidAfrikaanse koringboere gebruik wanneer die internasionale koringprys tot vlakke daal waar dit nie meer vir Suid-Afri-
kaanse boere lonend is nie of gunstig raak om te produseer.
Sedert Mei 2021 was ‘n nultarief volgens die formule van toepassing. Op 2 April 2024 moes ‘n tarief van R176 ingestel word en dit is eers op 19 Julie 2024 afgekondig. Op 28 Mei 2024 moes die tarief weer na nul aangepas word en dit is op 8 Augustus 2024 afgekondig. Op 2 Julie 2024 was ‘n nuwe tarief van R421 volgens die formule van toepassing maar dit was met die skryf van hierdie berig nog nie afgekondig nie.
Die basis- of verwysingsprys waarvolgens die tarief bereken word, is tans VSA$ 279 en dit word deur ontleders as ‘n té lae prysvlak bestempel. Dit behoort nader aan VSA$ 300 te wees.
Die lang tydsverloop tussen die datum waarop die veranderlike tarief sneller en die datum waarop dit in die Staatskoerant afgekondig word skep onsekerheid in die mark, sê handelaars. Vertragings ontstaan weens die administrasie en prosesse tussen verskillende regeringsdepartemente.
New bread wheat cultivars for the industry
The SA Cultivar and Technology Agency (SACTA) that was established in 2016 to collect levies on various self-pollinated crops in order to support and improve breeding efforts in South Africa, is the driving force behind the release of new grain and oilseed cultivars. Wheat was the first crop to benefit from this intervention.
Mariana Purnell CONTRIBUTOR
This year, ten new bread wheat cultivars have been approved for final release following various quality analyses by the Southern African Grain Laboratory (SAGL) (Table 1).
Five of the ten cultivars are intended for the southern production area with winter rainfall and five for irrigation areas. No new cultivars were approved for the northern dry land area with summer rainfall.
The tests by SAGL ensure that these new releases from Corteva, Syngenta, Limagrain SA and Agricol not only have suitable qualities for milling and baking but also perform well in terms of growth and yield. The new wheat cultivars from these four wheat breeding companies were approved according to the most recent version of the ‘Analysis Procedure and Evaluation Norms for the Release of Bread Wheat Breeders’ lines for the RSA’. This document as well as the Wheat Forum Cultivar List is published on the SAGL website.
The process for ensuring market-directed and quality-driven wheat production, as envisaged by the wheat revival strategy initiated in 2012, involves relaxed criteria that allow a wider range of quality parameters for releasing bread wheat lines. These release norms are only applied if the new lines released have a yield of at least 5% higher than the current commercial bread wheat cultivars. Producers, breeders, millers, and bakers jointly compiled the norms with a specific set of quality parameters that have upper and lower limits determined by a set of primary and secondary quality norms.
The various analyses to verify that new wheat varieties meet these quality parameters are conducted by the SAGL. It also maintains the long-term quality data in a central database, providing historical data for comparison. The cost of these analyses is covered by the South African Winter Cereal Industry Trust (SAWCIT).
By relaxing wheat cultivar release criteria, high-yielding wheat cultivars that still meet specific quality standards are now being adopted. However, since wheat quality is affected by factors like climate, rainfall, and cultivation practices, fixed criteria are impractical. Instead, wheat cultivars are used as benchmarks for quality.
In the interest of wheat producers and processors, the eval-
Limagrain SA
*LGVENCEDOR
*LGGARCILASO
Agricol IS TORDO
*Cultivar name to be confirmed
Syngenta
SST 8247
SST 8237
SST 8245
SST 8246
Limagrain SA
*LGVENCEDOR
uation procedure uses existing successful cultivars in different regions as benchmarks against which new breeding lines are evaluated.
When a biological standard is no longer planted commercially, a replacement cultivar must be identified through a rigorous selection process requiring at least two seasons of data. Only commercially viable wheat cultivars with desirable agronomical and quality traits are considered. Wheat breeding companies or the industry can propose existing cultivars to be evaluated as new biological standards.
Any changes to these norms and standards must be thoroughly researched and carefully considered to align with the long-term objectives of the breeding programmes. The proposed cultivar is tested against the current standard, and must meet set criteria. The SAGL conducts the necessary analyses.
South Africa's wheat industry revival strategy hinges on maintaining long-term quality data, conducting essential analyses, and ensuring stable release norms and quality standards. The SAGL is central to this process, supporting the breeding of high-quality wheat cultivars that meet market demands and boost the local wheat industry.
The SAGL applies for funding to analyse wheat breeders' lines during the first, provisional, and final year releases and also arranges pre-meetings each year, where seed breeders discuss quality and agronomical results with producers, storage companies, and milling and baking industries. These meetings, kept confidential and without decision-making power, involve various seed companies.
Eerste produksieskatting:
Minder koring maar meer ander wintergewasse
Planttoestande vir wintergewasse, die ekonomiese situasie van internasionale pryse en mededingende gewasse se winsgewendheid het in ‘n mindere of meerdere mate veroorsaak dat Suid-Afrika se koringoes vanjaar met meer as 7% of 146 720 ton gaan verminder. Gemeet aan die verwagte opbrengs van 3,76 t/ha is die produksie vir die 2024-produksieseisoen 1,903 miljoen ton. Dit bring mee dat sowat 50% koring weer ingevoer gaan word.
Aanplantings van 506 300 ha koring word volgens die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) se hersiene oppervlakteskatting van 28 Augustus 2024 verwag. Dit is 31 650 ha minder as in die vorige seisoen toe aanplantings 537 950 ha beloop het.
Die grootste dalings in aanplantings het volgens die NOK se opname in die Vrystaat (22 000 ha minder), Limpopo (9 500 ha minder) en die Noord-Kaap (2 000 ha minder) voorgekom. Aanplantings van koring het onder sowel besproeiing as op droëland gedaal. Dit is die kleinste oppervlak onder koring in die afgelope sewe jaar.
Die uitwerking van ongunstige landboutoestande vir koring in die Wes-Kaap word weerspieël deur meer aanplantings as in die vorige seisoen maar ‘n verwagte daling in opbrengs. Die NOK se hersiene oppervlakteskatting van 28 Augustus 2024 toon dat aanplantings 368 000 ha beloop. Dit is 3 000 ha meer as in die vorige seisoen. Nogtans is die verwagte produksie van
Tabel 1. Eerste produksieskatting en hersiene oppervlakteskatting vir wintergewasse 28 Augustus 2024 produksieseisoen 2024.
Kommersieel:
Tabel 2. Koring – eerste produksieskatting
28 Augustus 2024.
1 067 200 ton sowat 16 800 ton minder as in die vorige seisoen.
Nog groter dalings in produksie word in Limpopo voorsien waar 135 300 ton verwag word teenoor die vorige seisoen se 195 000 ton. Aanplantings het met 9 500 ha verminder.
In die Vrystaat is die verwagte produksie 227 500 ton, 53 300 ton minder as in die vorige seisoen. Aanplantings van 50 000 ha is 22 000 ha minder.
In die Noord-Kaap het aanplantings met 2 000 ha tot 38 000 ha gedaal en die verwagte produksie is 277 400 ton.
In teenstelling met dalende koringaanplantings en produksie, is 1 000 ha méér in Noordwes geplant en die verwagte produksie beloop 75 600 ton. Dit is 7 950 ton meer as in die vorige seisoen.
Ander wintergewasse
Volgens die NOK se skatting word 10,1% meer gars, 12,5% meer kanola, 70,3% meer hawer en 15,0% meer soetlupine in die 2024-seisoen verwag. Hierdie gewasse se aanplantings het ook toegeneem.
Kanola kan die afgelope jare se rekordlopie voortsit omdat 23 000 ha meer geplant is en 29 450 ton meer verwag word. Die aanplantings beloop 154 200 ha en die verwagte produksie is 265 750 ton. Julie en Augustus se reën en oorstromings in die Wes- en Suid-Kaap kan kanola se opbrengs in die Weste verminder maar in die Overberg lyk vroeë toestande baie gunstig.
Die NOK bedank produsente en rolspelers in die bedryf vir inligting wat hulle gereeld voorsien. Hulle deelname verbeter die akkuraatheid van oesskattings. Produsente wat nie aan die maandelikse opname deelneem nie word versoek om by die opnameproses betrokke te raak.
Die tweede produksieskatting vir wintergewasse vir 2024 word 26 September 2024 vrygestel. Meer inligting is op SAGIS se webtuiste beskikbaar by www.sagis.org.za onder die opskrif ‘non-SAGIS info’ - crop estimates.
Landboumasjinerie se verkope stabiliseer
Vanjaar se daling in die verkope van trekkers en stropers het in Julie voortgeduur maar dit is volgens markontleders ‘n regstelling na vorige jare se goeie verkope.
Volgens die Suid-Afrikaanse vereniging van landboumasjinerie (SAAMA) is 563 trekkers en agt stropers in Julie 2024 verkoop. In Julie 2023 was trekkerverkope 660 eenhede en 32 stropers is toe verkoop. Na verwagting gaan vanjaar se trekkerverkope tussen 20% en 25% minder as verlede jaar wees, sê Willie Human, voorsitter van SAAMA.
Op ‘n jaargrondslag tot Julie 2024 het trekkerverkope 25,6% en stroperverkope 63,2% gedaal. Tot dusver vanjaar is 3 499 trekkers verkoop teenoor die ooreenstemmende tyd verlede jaar se 4 715 trekkers. Met stropers is 132 eenhede tot dusver vanjaar verkoop en 359 verlede jaar.
Human sê in SAAMA se maandverslag dat somergewasse se oesopbrengste en gehalte skynbaar vanjaar gely het, veral in die westelike
gebiede waar reën nie later in die seisoen geval het nie. Die mark is egter positief en produsente berei vir die komende seisoen van somergewasse voor.
“Die mark is besig om teen heelwat laer vlakke te normaliseer as wat oor die afgelope paar jaar ervaar is.”
Wandile Sihlobo, die landbousakekamer Agbiz se hoofekonoom, sê die dalende verkope is nie verbasend nie en dit is volgens hulle verwagtinge.
“Ons het lankal een of ander regstelling verwag na ‘n lang tydperk van goeie trekker- en stroperverkope. Die afgelope paar jaar se verkope was die gekombineerde gevolg van groot oeste by graan en oliesade wat saamgeval het met hoë kommoditeitspryse wat inkomste bevoordeel het,” sê Sihlobo
Kom ons groei saam
aan jou koringbesigheid met ons toppresterende kultivars wat spesifiek aangepas is vir verbouing onder besproeiing.
Beperkte voorraad NUUT SST 8227
SST 8135
SST 884
SST 8154
SST 8205
Ons help jou groeivandag en môre
Winter crop production prospects remain worrying
South Africa’s 2024/25 winter crop season is underway. The start of the season has been somewhat harsh, with drier weather conditions around May and June in Western Cape, followed by excessive rains since the beginning of July.
Wandile Sihlobo AGBIZ
From Agbiz e-Newsletter, Agribusiness Research - 30 July 2024
Fortunately, the damage to the newly planted crop appears to have been minimal throughout the period, at least thus far. (30 July 2024 - Ed.) The excessive rains have caused disruptions in the infrastructure in some regions of the Western Cape, such as Citrusdal and some residential areas around the province.
We pay close attention to the Western Cape regarding the winter crops because of the province’s significant contribution to these crops. For example, about 70% of the winter wheat plantings for the 2024/25 season are in the Western Cape. The area planted for barley, canola and oats is much more prominent in the province and as a winter rainfall region.
However, the prospects for the 2024/25 season are not as optimistic as last season, at least from the preliminary planting data. For example, the Crop Estimates Committee (CEC) estimates South Africa’s 2024/25 winter crop plantings at 794 k hectares, down by 5% year-on-year. The major areas of decline are barley and wheat. Meanwhile, canola, oats, and sweet lupines show increased area plantings but these are insufficient to lift the overall area plantings for the season.
For wheat, the preliminary area plantings are at 502 k hectares, down by 7% from the 2023/24 season. This is the lowest area planting in seven years. Notably, the sharpest declines in area plantings are in the Free State and Limpopo. The Western and Northern Cape provinces show a minor decline in area plantings. Other provinces, which are relatively small producers, such as the Eastern Cape, KwaZulu-Natal and Mpumalanga, also show a mild decrease in area plantings.
The major decline in winter wheat plantings in the Free State and Limpopo is unsurprising. The northern regions of South Africa experienced a harsh mid-summer drought, which led to significant crop losses. The farmers in some of these regions are under financial strain and, thus understandably reluctant to increase the winter wheat plantings.
Moreover, the wheat prices have moderated this year, down
by roughly 5% year-on-year. Therefore, in an environment with reduced soil moisture because of the mid-summer drought, lower wheat prices, and some financial pressures, farmers are likely focused on utilizing more area plantings for the 2024/25 summer crop plantings that start in October 2024.
If weather conditions, particularly in the Western Cape, remain favourable for the rest of the season and we achieve a five-year average yield of 3,78 tonnes per hectare in the area of 502 k hectares, then we could have a winter wheat harvest of 1,89 million tonnes. This would also be down 7% year-onyear and well below the five-year average winter wheat harvest of 2,02 million tonnes.
For barley, the 2024/25 area planting is at 102 k hectares, down 5% year-on-year. This is also well below the five-year planting area of 115 k hectares. If we consider an average fiveyear yield of 3,36 tonnes per hectare in 102 k hectares, a harvest of 342 k tonnes is plausible. This would still be well below the five-year average of 389 k tonnes.
Positively, the 2024/25 canola plantings are estimated at 146 k hectares, 11% more than the previous season. This is the largest area on record. There has been a switch from some winter wheat and barley traditional areas to canola because of price competitiveness. If we follow a similar approach of assuming an average five-year yield of 1,8 tonnes per hectare on 146 k hectares, the record canola harvest of 263 k may materialize at the end of the season.
Still, we are early in the 2024/25 winter crop season, and these planting data are preliminary. The CEC will release another area planted estimate and first production forecast on 28 August. These data will help shape our view of the possible wheat import size for the next marketing year in South Africa. The current wheat marketing year ends September.
Weather conditions are the most important factor to keep an eye on. If the rains remain moderate, with sufficient days of sunshine, then the prospects for the season may improve. The recent stormy weeks won’t be conducive to crop growing conditions in the coming months, although no material damage to winter crop regions has been reported thus far.
Heffing op gewasse toon groot voordele
Die heffing wat produsente by sommige oopbestuifde gewasse soos koring, gars en sojabone betaal en wat vir daardie gewasse se teling en tegnologie aangewend word, het sedert 2018 reeds goeie resultate gelewer. Dit word weerspieël in die vrystelling van nuwe kultivars en die tempo waarteen die gewasse se opbrengste toeneem.
Statistiek van die Suid-Afrikaanse agentskap vir teling en tegnologie (Sacta), wat die heffings administreer, wys dat 53 nuwe koringkultivars en 81 sojaboonkultivars sedert 2018 vrygestel is. In randwaarde het Sacta sedert 2016 altesaam R666 miljoen aan 30 saadmaatskappye voorsien om graan en oliesade mededingend te maak.
Met statutêre heffings moet ‘n persentasie van die inkomste vir transformasie aangewend word. Sacta het reeds R119 miljoen vir onder meer die ondersteuning van ontwikkelende boere, opleiding en transformasiebestuur oorgedra.
Tydens Sacta se onlangse inligtingsdag het dit ook na vore gekom dat Suid-Afrika se opbrengsverhoging van graan en oliesade onder die vinnigstes ter wêreld is, veral met sojabone.
‘n Groot persentasie van die inkomste uit heffings gaan aan die verskaffers van saad en tegnologie om navorsing en ontwikkeling aan te moedig, het Deon van Rooyen, voorsitter van Sacta, tydens die inligtingsdag gesê. Sedert die heffings ingestel is het ontwikkeling vinnig toegeneem en nuwe kultivars en tegnologie het begin invloei.
“Weens die voordele van die heffings het boere dit aanvaar en almal in die landboubedryf ondersteun dit,” sê Van Rooyen. Transformasie en die ontwikkeling van boere is ook vir Sacta en die rolspelers met wie hulle saamwerk belangrik en dit begin vrugte afwerp.
Benewens die nuwe kultivars wat ontwikkel is, is gepaardgaande tegnologie vir gebruik in Suid-Afrika goedgekeur. Dit sluit genetikaprodukte by sojabone in wat volgens Andrew Bennett, Sacta se uitvoerende hoof, die beleggingsvertroue weerspieël wat multinasionale maatskappye in Sacta se stelsel het.
Sacta se raad bestaan uit twee lede van die nasionale saadorganisasie Sansor, twee van Graan SA, twee ministeriële ver-
Sean Walsh, besturende direkteur van die KAL-groep, is verkies tot voorsitter van die landbousakekamer Agbiz. Hy was voorheen die ondervoorsitter.
Saam met Walsh en Agbiz se uitvoerende hoof, Theo Boshoff, is die bestuurslede Antois van der Westhuizenondervoorsitter (besturende direkteur van John Deere Financial in Sub-Sahara Afrika), Mandla Mpofu - ondervoorsitter (besturende direkteur van Omnia Nutrilogie), Rico Basson (uitvoerende hoof van SA Wine) en Justin Chadwick (uitvoerende hoof van die Sitruskwekersvereniging).
Bennett
teenwoordigers en twee bykomende lede, asook ‘n lid van die landbousakekamer se graanafdeling Agbiz Grain en Sacta se uitvoerende hoof.
Wintergraan se tegnologieheffing nog tot 2026 geldig
Die huidige tegnologieheffing wat statutêr op die wintergraan van koring, gars en hawer gehef word is nog tot September 2026 van toepassing. Die bedrywe moet indien hulle dit verkies vroegtydig weer vir ‘n heffing aansoek doen by die departement van landbou.
Die heffing word deur die Suid-Afrikaanse agentskap vir teling en tegnologie (Sacta) geadministreer. Dit word hoofsaaklik vir die bevordering van saadteling en tegnologie aangewend.
Die heffing is van 1 Oktober 2023 af vir drie jaar van toepassing en verhoog jaarliks. Tans beloop die heffing vir koring, gars en hawer R34/ton en dit verhoog in 2025/26 tot R35/ton.
Sojabone se tegnologieheffing is in die 2020-seisoen ingestel en die huidige heffing van R66/ton verval in Februarie 2025. Die bedryf het volgens Andrew Bennet, Sacta se uitvoerende hoof, weer vir ‘n heffing in ‘n termyn van drie jaar aansoek gedoen. Die voorgenome heffings beloop R70, R73 en R84/ton tot in Februarie 2028.
bestuur
Hein Rehr van RehrCo is tot voorsitter van die SuiderAfrikaanse Graanhanteringsorganisasie (GOSA) se raad verkies. Sowat 70 landboumaatskappye en instansies het GOSA se 39 ste simposium onlangs in Stellenbosch bygewoon.
Die raad se ondervoorsitter is Johan van Rensburg van VKB en die tesourier is Dries Dannhouser van Tiger Brands. Die ander raadslede is Ferdinand Meyer van Ronin, Michal Rehr van National Fumigants, Willem Strauss van die Randaksepbank, Stefan van Staden van Afgri, Tom Terblanche van Grain Carriers, Rinus Bezuidenhout van Bester Voere en Marco Pretorius van Afgri.
Suid-Afrika presteer met produksiegroei
Danksy beter genetika, saadtegnologie en boerderypraktyke was Suid-Afrika se gemiddelde groeikoers in opbrengste van graan en oliesade oor die laaste vyf jaar fenominaal, sê prof Ferdi Meyer, besturende direkteur van die buro vir voedsel- en landboubeleid (BFAP).
Hy het tydens die Suid-Afrikaanse agentskap vir kultivarteling en tegnologie (Sacta) se inligtingsdag gesê die gemiddelde opbrengsgroeikoers van koring in die afgelope tien jaar was beter as Rusland en Argentinië se groeikoers. In die afgelope vyf jaar was die gemiddelde opbrengsverhoging 5% en dit word net in Australië oortref. In die Wes-Kaap was koring se opbrengsgroeikoers volgens prof Meyer bykans 9%.
Die produksiegroei bring Suid-Afrika op gelyke voet met ander lande se groei en die land is besig om in te haal.
Suid-Afrika is volgens ander lande se kundiges onder dié
In die afgelope jaar het maatskappye wat saadteling en tegnologie aan sommige Suid-Afrikaanse boere verskaf R209,5 m as aansporing vir hulle beleggings ontvang. Die geld is afkomstig uit ‘n tegnologieheffing vir die oopbestuifde gewasse van wintergraan en sojabone. Dit word deur die Suid-Afrikaanse agentskap vir saadteling en tegnologie (Sacta) geadministreer.
Met die statutêre heffing word saadmaatskappye se telingsprogramme in Suid-Afrika ondersteun om nuwe kultivars met die jongste tegnologie aan die mark beskikbaar te stel, sê Andrew Bennet, Sacta se uitvoerende hoof. ‘n Persentasie van die heffing word volgens statutêre voorskrifte ook vir trans-
lande wat tegnologie die vinnigste aanneem en bemeester. Terselfdertyd het boere nie geld om rond te gooi nie en hulle is krities oor nuwe tegnologie en die nut daarvan, sê prof Meyer.
Suid-Afrika se opbrengsverbetering van koring in die afgelope tien jaar was sowat 2%, by sojabone en mielies was dit 4% en by sonneblom sowat 1%. Hoewel die land koring invoer, kon die bykomende plaaslike vraag uit opbrengsverhogings voorsien word.
Prof Meyer verwag ‘n moeilike tyd om koring kostedoeltreffend te kan produseer omdat die kommoditeitsprys voortdurend verminder. As Suid-Afrika in die wêreldmark wil bly en wil groei sal die bedryf in verhouding met internasionale langtermyn-kommoditeitspryse moet produseer en die produksiekurwe moet handhaaf.
‘n Vergelyking tussen koring en sojabone se aanplantings en produksie toon ‘n teenoorgestelde neiging in aanplantings. Sedert 1970 het sojabone se aanplantings begin toeneem en koring se aanplantings sedert 1987 begin afneem. Tog het altwee gewasse se opbrengs toegeneem.
Koring se aanplantings het in die laat sewentigerjare sowat 2 miljoen hektaar beloop en is nou sowat 540 000 ha. In die laat sewentigerjare is bykans geen sojabone geplant nie terwyl dit nou sowat 1,1 miljoen hekaar beloop.
formasieprojekte aangewend.
Ter verduideliking het Bennet tydens ‘n inligtingsdag by Sacta gesê indien die heffingsinkomste byvoorbeeld R100 is, word R75,08 aan saadtelers betaal en R19,50 aan transformasie in die bedryf. Kommissie word aan die invorderaars betaal en ‘n persentasie vir administrasie afgestaan. Sacta se administratiewe koste het in die afgelope finansiële jaar tot 2,01% van die inkomste verminder. In die afgelope finansiële jaar was Sacta se heffingsinkomste R245,9 m. Daarvan is R63,6 miljoen tot September 2023 uit koring se heffing verhaal, R7,9 miljoen van gars en bykans R800 000 van hawer. In sojabone se finansiële jaar tot einde Februarie 2024 is R147,1 m
uit die heffing verhaal. Sojabone se hoë inkomste was danksy die vorige seisoen se rekordoes.
Meer as 90% van die heffings word jaarliks verhaal en in sommige seisoene nog meer, soos met gars toe 97% in die 2019/20-seisoen verhaal is en 99% met sojabone in die 2021/22-seisoen. In koring en gars se laaste produksieseisoen is 93% van die heffingsinkomste verhaal en 95% van sojabone.
Vir transformasie is R119,8 m in die finansiële jare van 2021 tot 2023 aangewend. In die afgelope finansiële jaar is 119 ontwikkelende boere met 7 289 ha ondersteun en vir opleiding is 34 studente bygestaan. Sacta se fokus met studente is nagraadse opleiding.
Maak gebruik van die spesialiste
UITGEWERS VAN:
Koringfokus / Wheat Focus: Die spesialistydskrif vir kleingraan in Suid-Afrika
Vegetables & Fruit / Groente & Vrugte: Ontgin alternatiewe moontlikhede in nismarkte
Subtrop Journal: Joernaal vir avokado-, mango- en lietsjiekwekers.
Navorsingsjoernaal:
SA Avokadokwekersvereniging (SAAGA)
SA Lietsjiekwekersvereniging (SALGA)
Requests for more information and SAGIS continue to deliver on time
Over the years, the South African Grain and Oilseeds Information Service (SAGIS) received requests for more information from various industries. This includes a variety of weekly information as well as grain and oilseeds products, among other.
Adjustments to its electronic system, to include new requests, as well as new developments have significant cost consequences, says Dr Erhard Briendenhann, the outgoing Chairperson of SAGIS in the non-profit company's Annual Report of 2023/24. The speaker at the 2024 Annual General Meeting was Oliver Flake, Minister Counsellor of Agricultural Affairs at the US Embassy, with the theme Outlook for Maize, Wheat and Soybeans.
To limit the financial implications of increasing requests and adaptation of systems in SAGIS, developments, where possible, is done internally.
Due to robust structures in the South African agriculture that have been established historically, independent information can be provided to the market by institutions such as SAGIS. According to Dr Briendenhann, this is an advantage that many other countries are envious of.
SAGIS was established in 1997 after South Africa's single channel marketing system and the governing boards in agriculture were abolished. Information on nine grain and oilseed crops produced in South Africa are published.
The information that SAGIS provides to role players in the grain and oilseeds value chain plays an important role in planning and decision-making. This also includes better risk management, especially in a time of global instability due to severe
weather changes and ongoing conflicts.
With the provision of all information, SAGIS aims to make reliable information available to all concerned before 12:00 on the predetermined dates on their website. No preference is given to anyone.
To ensure the correctness and reliability of information, SAGIS processes and validates data. Information is treated confidentially and SAGIS is not involved in the trading of grain and oilseeds.
South Africa operates in a free market system, which gives the country an advantage over state-controlled markets. The most important benefit of a free market includes the principal of supply and demand by meeting the needs of end users while competition and self-interest are an invisible hand that regulates the free market by keeping quality high and prices low.
Because all the information to markets is based on facts, future decisions about planting can be made, the possible import and export of crops can be planned and better market prices can be negotiated.
To enable SAGIS to publish correct and reliable data, the various industries and all role players must strive to work together. Each industry, regardless of its size, plays a role in decision making.
In the last financial year, the Maize Trust provided 67% of SAGIS‘s budget, the Oil and Protein Seeds Development Trust provided 15,7%, the Winter Cereal Industry Trust 12,7% and the Sorghum Trust 4,6%.
SAGIS cannot afford erroneous or incomplete data, emphasizing the importance for all role players to be involved actively and supplying accurate information, especially in an already volatile economy.
As experienced in some drought-stricken or flooded countries, trustworthy data has an influence on good decision making that can become a life-threatening situation for many people.
Three mainstream users
An analysis of who the users of SAGIS‘ information are, indicates that three categories can be distinguished. These are producers, traders and processors, and policy makers.
Producers use this information to make decisions about crop choices, the size of plantings and their marketing. They can also use this information with the management of input resources and estimates of product prices.
For traders and processors, SAGIS‘s information is important because it indicates the availability of local products and the import or export of crops can be planned accordingly.
Policy makers use the information in trade agreements, in determining food security and for the development of new producers.
Trusts are the lifeblood
SAGIS has four member trusts and depend, for survival, on the existence and funding from these trusts. The members are the Maize Trust, the Oil and Protein Seeds Development Trust, the Winter Cereal Industry Trust and the Sorghum Trust.
In the last financial year, the Maize Trust provided 67% of SAGIS‘s budget, the Oil and Protein Seeds Development Trust provided 15,7%, the Winter Cereal Industry Trust 12,7% and the Sorghum Trust 4,6%.
The Trusts‘ joint contribution to SAGIS‘ budget in 2023/24 amounted to R17,6 million. For the same period auditors gave an unqualified report.
Due to larger harvests during the financial year, SAGIS’ information cost was R0,73 per ton. These costs are calculated according to local deliveries and imported grain and oilseeds.
During this period 99,9% of the mandatory reports were received and 74,2% were delivered by the deadline. In turn, SAGIS achieved a ‘pass rate‘ of 100% by publishing all data on the set dates.
Important role of the inspection team
The quality of data published is of vital importance for food
Board of directors
During the Annual General Meeting of 2023/24, the Board of the South African Grain and Oilseeds Information Service (SAGIS) was constituted by the four member trusts.
For the new financial year (2024/25), Zovuyo Ngejane was appointed as Chairperson and Dr Erhard Briedenhann as Vice Chairperson. Each of the four member trusts nominates two members to serve on the board of directors.
Maize Trust: Zovuyo Ngejane and Chris Schoonwinkel
Oil and Protein Seeds Development Trust: Dr Erhard Briedenhann and Dr André van der Vyver
SA Winter Grain Industry Trust: Craig Binnion and Wessel Lemmer
Sorghum Trust: Willem Groothof and Thato Mugonda
The General Manager, Bernard Schultz, is assisted by his management team, namely the Head Information Neo Masango, Head Inspection services Chris Herbst and the Head Corporate, Vonique Reyneke, with 23 full time employees.
security. SAGIS’s audit inspectors assist in the verification of information submitted by collaborators. Inspection functions such as stocktaking, audits, new registrations, and cancellations were done at 723 premises across the country.
The accuracy of grain and oilseed stocks at storage points are also checked. In the reporting year, a total of 5 007 217 million tons of stocks at 493 storage points were verified. Inspectors travelled approximately 64 000 kilometres, excluding those when flying and making use of rental vehicles as well as product inspections.
RNew Holland CR-stropers draf meer as 50 gewasse kaf
eeds sedert 1975 het New Holland se Twin Rotor™-stropers getoon dat hulle die markleiers is wat kapasiteit, graangehalte en doeltreffendheid betref. Met die verdere ontwikkeling van die CR-stropers in die daaropvolgende jare het New Holland hierdie kenmerke met die jongste tegnologie ontwikkel en verbeter vir voortreflike kraglewering, werkverrigting, kapasiteit, graan- en strooigehalte.
New Holland Suider-Afrika het die volgende modelle:
• CR9.90 (390 kW) toegerus met 22” rotors en sifoppervlak van 6,5 m2
• CR7.90 (309 kW) toegerus met 17” rotors en sifoppervlak van 5,4 m2
• CR6.80 (230 kW) toegerus met 17” rotors en sifoppervlak van 5,4 m2
Die CR-stroper se materiaalhyser is toegerus met die Dynamic Feed Roll™ (DFR) wat konstante materiaalvloei na die Twin Rotor™ lewer vir ‘n kragbesparing van 7 perdekrag (5,2 kW) en ‘n kapasiteitsverhoging van tot 10%. Met die reguit en egalige vloei van materiaal deur die TwinPitch Rotors™ word die skoonmaak-oppervlak eweredig belaai vir optimale gewas- en materiaalskeiding.
Die Dynamic Feed Roll lewer ‘n liniêre spoedaanpassing tussen die werkende modules om selfs groen en nat materiaal te kan verwerk. Gevolglik kan produsente vroeër soggens en later saans stroop.
Die TwinPitch Rotor™-stelsel is vir twee belangrike voordele ontwerp:
• Die rotors – ‘n konkawe opening werk altyd met genoeg klaring om ‘n gewas-op-gewas vryf-aksie te gee wat baie sagter is as gewas-op-staal dors-aksie.
• Die ontwerp lewer ‘n doeltreffende dors-aksie, veral met opbrengste met hoë volumes.
Vir die beste strooigehalte en brandstofverbruik is dit baie belangrik dat die gestroopte gewas vir die regte tydperk binne die stroper gehou word, daarom is die CR-stropers toegerus met ‘n korter rotorontwerp van 2,64 m. Die kombinasie van
die TwinPitch Rotor™ en Dynamic Flow Control™ lewer ‘n aansienlike besparing op brandstof.
CR-DNA – skoon graanmonster
Die Opti-Clean™-skoonmaakstelsel gee optimale skeiding tussen skoon graan en ander materiaal. Dit werk in sy eie raamwerk en kan die stelsel gelyk hou, selfs al kantel die stroper soveel as 17 grade. Die stroper is gevolglik ideaal vir gelyke en ongelyke werksoppervlaktes.
Die RotoThresh™ is die herdors-stelsel buite die hoofdorsarea en sorg vir die maksimum kapasiteit by alle gewasse. Die materiaal en gewas wat deur die herdors-proses gegaan het, word weer op die skoonmaaksif uitgegooi en nie in die hoofdors-area nie, gevolglik word die hoofdors-area nie oorlaai nie en die graan nie beskadig nie.
Opti-Fan™-tegnologie neutraliseer die gravitasie-effek op gewasmateriaal. Wanneer die stroper op ‘n gelyke vlak stroop kan die gewenste waaierspoed gekies word. Daarna sal die waaierspoed outomaties aanpas wanneer opdraand of afdraand beweeg word.
Voortreflike kajuit
Die stroper se kajuit is ergonomies dog eenvoudig ontwerp, maklk om op te stel, met alles wat nodig is om in beheer te bly en die taak te verrig. Elke verstelling of aksie wat tydens die stroopproses nodig is kan vining uitgevoer word, terwyl die nodige inligting op die Intellisense™-skerms verskyn. Uit die kajuit het die operateur ‘n duidelike en volledige uitsig van die material-invloei na die stroper.
Met die fyngraan-stroopseisoen voor die deur staan die New Holland CR-stropers gereed om weer eens gewasse met die heel beste kwaliteit, produktiwiteit en optimale brandstofverbruik van die land af te haal.
Met New Holland se CR Revelation-stropers is die proses eenvoudig, maklik en gerieflik.
Vir meer inligting besoek www.newholland.com/za of kontak Derrick Coetzee, Produkbemarkingspesialis vir Oes- en hooitoerusting Suider-Afrika, +27 (0)82 524 7447.
JOU NEW HOLLAND STROPER
EN JY – ‘N WENSPAN
Niemand kry die werk gedoen soos jy en ‘n New Holland-stroper nie. Ons stropers spog met gevorderde tegnologie wat jou help om effektief, doeltreffend en volhoubaar te boer. Dit is geen verrassing dat hulle toekenning na toekenning ingepalm het, rekord na rekord gebreek het en wêreldwyd die voorkeur-stropers geword het nie.
Dit beteken dat jy en New Holland saam ‘n span is wat byna onmoontlik is om uit te stof.
Kontak jou New Holland-handelaar vandag of bel ons:
Paul de Korte (064 752 1613) - KwaZulu-Natal, Mpumalanga
Quintus Smit (082 524 7397) - Wes-Kaap, Noord-Kaap en Oos-Kaap
Eduan Booyens (071 871 8163) - Noord Wes, Vrystaat, Gauteng en Limpopo
Nat Overberg is gerat vir almal by Nampo Kaap
Dreinering by Bredasdorp Park waar Nampo Kaap in September plaasvind moes weens die Overberg se buitengewone reën verbeter word maar nou is alles gereed vir die suide se grootste landboubyeenkoms.
Weens toenemende belangstelling is nog 38 buite-uitstalruimtes ingerig wat beteken dat daar altesaam 600 stalletjies gaan wees. Indien die weer saamspeel dek dit die tafel om verlede jaar se rekordbywoning van 34 635 tydens vanjaar se vyfde Nampo Kaap te oortref.
Groter is nie noodwendig beter nie, maar ‘n groter verskeidenheid uitstallings, nuwighede soos skaaphonde en herhaling van vorige sterre soos die dansende Lipizzaner-hingste beloof vermaak en interessanthede op elkeen van die vier dae.
‘Groot’ is ook ‘n goeie beskrywing van die landbouwerktuie wat van nader leer ken kan word te midde van die toenemende presisiebewerking in landbou. Tipies van Nampo Kaap is vee en ander diere ‘n groot trekpleister vir boere en vir die jeug, vir wie die Overbergse jeugskou en die skoleprogram van die Wes-Kaapse departement van landbou aangebied word.
Uitblinkers op die program
Die dansende Lipizzaners en hul bekwame ruiters lewer elke weeksdag twee vertonings in die arena en Saterdag om 10:00 een vertoning. Hulle dans op die maat van musiek en voer ou oorlogsbewegings uit om ware perdekrag en intelligensie uit te beeld.
In die berede vertonings gaan toeskouers ook asem inhou vir die vaardigheid van die boogskutters wat uit ‘n perd se saal
na teikens skiet. Die Griffins Horse Archery lewer elke dag ‘n vertoning in die arena.
In nog ‘n vertoning gaan ruiters hulle vaardighede met skou, dressuur en skouspring in ‘n uitbeelding van dissipline wys. Die perdevertonings sluit ook optredes deur Bredasdorp se swart perde, Fries- en Vlaamsperde en ponieritte vir die jongspan in.
Jeugdige deelnemers aan die Overbergse Jeugskou kan Vrydag om 14:00 ‘n gratis perdejeugskoukliniek bywoon om hulle te help voorberei vir Saterdag se Jeugskou.
Skaaphonde is soos vroeër jare terug op Nampo Kaap se program. ‘n Program van hierdie geleerde vierpotiges word in samewerking met die SA Skaaphondvereniging aangebied en dit sluit lesings, demonstrasies en kompetisies in. Skaaphonde word Vrydag in ‘n veiling van die jaarlikse eindronde van die jong afslaerskompetisie aangebied.
Die fees van blomme en kultivars
‘n Verskeidenheid plante eiesoortig aan die Overberg soos fynbos en aalwyne kan saam met blommerangskikkings in die Voermol-saal en die Neptun-saal bewonder word. Pragblomme en plante kan deur besoekers aangeskaf word terwyl lappe proteas, speldekussings, fynbosspesies en aalwynsoorte uitgestal word asof hulle in die natuur groei. Dit word aangevul met Marjolijn Malan se bekende blommerangskikkings
Die formaliteite van Nampo Kaap
Tema: Landbou - die ruggraat van ekonomiese groei
Plek: Bredasdorp-park
Datum: Woensdag 11 tot Saterdag 14 September
Tye: Weeksdae 08:00 tot 17:00; Saterdag 08:00 tot 14:00
Toegang:
Aanlynkaartjies afslag vir volwassenes by www.ticketpros.co.za: R80; By toegangshekke: R100 vir volwassenes; Alle kaartjies R50 vir skoolgaande kinders, voorskoolse kinders gratis.
Verblyf: Kaap Agulhas Toerisme 028 424 2584 / 082 896 2225 / www.overberg-info.co.za vir verblyf naby of in Bredasdorp, Napier, Struisbaai, Waenhuiskrans en L’Agulhas, Swellendam, Caledon, Stanford en Hermanus.
Met die prag van kanolablomme en heelwat bloekombome in die Overberg is byeboerdery gewild en die bye is steunpilare vir bestuiwing in die vrugtebedryf. Uitstallings en nuwighede oor korwe en verwerking is by Nampo Kaap te sien.
waarvan sommige tot by die saal se dak uittoring.
Die prag van plante eindig nie by blomme nie. Vir die graanen veeboere het saadmaatskappye demonstrasiepersele om self te sien hoe kultivars vir graan, dekgewasse en veevoer in die streek gekies kan word. Kundiges is by die persele teenwoordig om spesifieke kenmerke vir streke en klimaatstoestande toe te lig.
Werktuie en voertuie se nuwighede
Die uitstalling en demonstrasies van werktuie, masjinerie en tegnologie beslaan die grootste deel van Bredasdorp-park. Behalwe dat daar iets bruikbaar vir elke landboubehoefte is, gaan nuwe tegnologie en die jongste verwikkelinge aan landbouers ander insigte gee en bydra tot volhoubaarheid en kostedoeltreffendheid.
Die nuutste werktuie en jongste tegnologie vir graan-, vee-, vrugte-, groente- en wingerdprodusente en ander rolspelers in die landbousektor kan hier gesien word.
Uitstallings bied ‘n goeie geleentheid vir alternatiewe met energiebeperkings en watergebruik. Son- en windkrag en doeltreffende waterbenutting vir sowel landboubehoeftes as
Vaardige ruiters en pragtige diere … die dansende Lipizzaners gaan daagliks vertonings lewer.
daaglikse verbruik kry by baie uitstallings aandag.
Vir Suid-Afrikaners se voorliefde vir ontspan, uitspan en adrenalien word ruim voorsiening by die standplase gemaak. Voertuie en toerusting vir kampering, buitemuurse stokperdjies en nuwighede soos batteryaangedrewe werk- en rytuie word uitgestal.
‘n Nuwe baan is vir die batteryaangedrewe voertuie gebou waar hierdie stil voertuie beproef kan word. Die 4x4-aanhangers sal nie teleurgesteld wees nie en kan self die uitdagende bane met die rygoed aandurf.
Eetplekke is oor die terrein versprei waar volledige etes, peuselhappies, snoeperye, koeldranke, vrugtesap en alkoholiese verversings geniet kan word.
Leersaam
Vir diegene wat in landboukwessies en sake van die dag belangstel wat die landboubedryf raak, vind die Nasie in Gesprekreeks daagliks in Nampo Kaap se Santam-ouditorium plaas. Die organiseerders is nog besig om die program te finaliseer, maar onderwerpe soos infrastruktuur, wintergraankommoditeite asook die jeug en landbou word beplan.
Saadmaatskappye se demonstrasie-aanplantings bied ‘n goeie geleentheid om by die kundiges te hoor watter nuwe kultivars kan beproef word.
Jeugskou se uitdunne
Die Wes-Kaapse departement van landbou het ‘n skoleprogram vir leerders met landbou as ’n skoolvak. Sowat 300 leerders van 30 skole in die Wes-Kaap is genooi om dié program tydens Nampo Kaap te beleef. Leerders kan hul akademiese klaskamerkennis aanvul met praktiese ervarings wat die kurrikulum ondersteun. Hulle sal blootgestel word aan die jongste tendense in akkerbou, diereproduksie en volhoubare landbou asook loopbaangeleenthede.
Op Saterdag 14 September vind die jaarlikse Overberg-streeksjeugskou plaas met ongeveer 250 deelnemers. Leerders kan vir die volgende klasse inskryf: suiwelbees, vleisbees, vleisskaap, wolskaap, veselbok, melkbok, vleisbok, pluimvee, perd, konyn, duif, kulinêre kuns, suiwelbereiding en fotografie.
Seuns en meisies tot 17 jaar neem in drie ouderdomsgroepe deel: junior-junior (5 tot 9 jaar), junior (10 tot 13 jaar) en senior (14 tot 17 jaar).
Die ruggraat vir ekonomiese groei lê in landbou
Nampo Kaap word vanjaar die vyfde keer deur Graan SA en Bredasdorp Park se nie-winsgerigte organisasie in die Suid-Kaap aangebied. Dit is terselfdertyd die dertigste herdenking van die eerste Meganisasiedag wat deur die destydse Bredasdorp-skougenootskap in die Overberg aangebied is.
Nampo Kaap verskil van die Nampo op Bothaville omdat landboutoestande, die klimaat en gevolglik boerderye verskil. In die Kaap wissel boerderye onder meer van rooibos en fynbos tot bye en steenvrugte. Hierdie boerderye, saam met kleingraan en weiding, se spesifieke werktuie verskil van die noorde se masjinerie en dit word duidelik by Nampo Kaap se uitstallings en demonstrasies.
Die landboubedryf is ‘n kritieke enjin van ekonomiese groei, sê Graan SA oor Nampo Kaap se tema. Landbou voed nie net miljoene mense nie, dit verskaf ook die lewensbestaan vir ‘n beduidende deel van die bevolking.
“Die belangrikheid van landbou strek verder as blote produksie,” sê dr Dirk Strydom, Graan SA se hoof van Nampo, bemarking en navorsingskoördinering. “Nampo Kaap speel ‘n belangrike rol in landelike ontwikkeling en die bevordering van gemeenskapsgroei. Deur produsente met moderne toerusting en kennis te bemagtig, kan ons produktiwiteit en inkomste ‘n hupstoot gee, wat lei tot ‘n lewendiger en robuuste landbousektor.”
Vir die Overberg en Bredasdorp se ekonomie in die byeenkoms ‘n groot inspuiting. Die Overbergse distriksmunisipaliteit reken dat tussen R15 miljoen en R20 miljoen in die streek se ekonomie gevoeg word. Sakeondernemings in Bredasdorp en die omgewing wat aan ‘n opname deelgeneem het, reken dat hulle ‘n inspuiting van tussen R10 miljoen en R12 miljoen ontvang.
Benewens die ‘gewone’ baan vir 4x4-voertuie kry batteryaangedrewe rygoed vanjaar ‘n eie baan waarop die nuwighede beproef kan word.
Die fees van blomme eie aan die Overberg is ‘n kenmerk van Nampo Kaap. Gaan soek na die Neptun-saal waar lieflike fynbosuitstallings onder Jan Hagen se leiding wag.
Resepte en wyn, sangers en omroepers in vroueprogram
Die Vroueprogram by Nampo Kaap bars uit sy nate met vermaak en interessanthede. Dit gaan moeilik wees om die mansgeslag soggens daar weg te hou en die vrouegeslag daar weg te kry.
Die Afgri-vroueprogram word Woensdag-, Donderdagen Vrydagoggend aangebied sonder herhalings daarin. Elke oggend het nuwe onderwerpe en sterre uit onder meer die kos- en drankbedryf, gewilde sangers soos Nadine, Appel en Matthys Roets en sprekers oor vroue en gesondheid.
Die musikant en veelsydige kunstenaar Francois Boyce lei die dagprogram om 09:15 in met aanbiedings uit sy bekende optredes op sosiale media, soos #hoezitSamelewing, sy kinderproduksies en motiveringsgesprekke. Die koskenner en kookboekredakteur Carmen Niehaus se praatjies en demonstrasies handel oor familie-kuiers, rooibos en lentekos.
Ander bekendes in die vroueprogram is die RSG-omroeper Martelize Brink wat ook ‘n vermaaklike resep- en kosboodskapper is, PG Engelbrecht wat sê ‘vrouens is magic’ en Nicky Lonte wat oor borskanker en mooimaak gaan gesels. Cerderberg Wyn se David Nieuwoudt gaan die toekouers baie dors maak vir goeie druiweprodukte en Pierre van Niekerk gaan die natuur se rol in gesondheid op ligte noot bespreek.
Verversings en drankies word by verspreide punte op Bredasdorp-park gevind. Die spyskaarte wissel van volwaardige etes tot versnaperings en natuurlik warm en koue drankies.
Pluimvee is een van die klasse op die jeugskou se program. Eienaardige maar pragtigte geveerdes met kampioenstatus word in die pluimveesaal uitgestal.
Twee hulpmiddels vir ’n beter kanola-oes
Andries Duvenhage SYNGENTA SA
Tydsberekening is ‘n belangrike element in ‘n suksesvolle kanolaseisoen. Uiteraard kan die produsent net oes wanneer die graan ryp is, maar peule wat ontydig en almal op verskillende tye oopspring kan ‘n hele seisoen se belegging in die wiele ry wanneer die kosbare sade verlore gaan. Plante is nie masjiene met ‘n aan- en afknoppie nie, maar chemiese rypmaking kan die probleem oplos – op voorwaarde dat die tydsberekening reg sal wees.
Chemiese rypmaking, ook bekend as doodspuit omdat onkruiddoders gebruik word, is ‘n gouelokkiesproses wat nie té vroeg of té laat kan gebeur nie. Wanneer te vroeg gespuit word is die sade nog groen en hul chlorofilinhoud te hoog. Wanneer te laat gespuit word en die gewas oorryp is, sal die toediening die peule vinniger laat oopspring en die oes laat misluk. Die regte tyd is wanneer 80% tot 85% van die peule in ‘n land vergeel het en die sade binne-in bruin geword het.
Dit klink maklik genoeg, maar kanola is ‘n moeilike kalant. Die gewas is berug vir oneweredige rypwording en vir die neiging van peule om oop te spring. Die goeie nuus is dat tegnologie die produsent hiermee kan help. Cropwise Operations, Syngenta se alles-ineen digitale boerderyplatform, gee die produsent toegang tot satellietbeelde en -inligting wat gewasmonitering aan
40-70% (ideaal 60-70%) DOODSPUIT 70-90% (ideaal 80-90%)
die hand van die gewasgroei-indeks (‘NDVI’) moontlik maak.
NDVI is ‘n standaard-indeks wat die mate van gewasgroei en biomassa aandui en, uitgelê op ‘n seisoenlange grafiek, die hartklop van ‘n gewas illustreer. ‘n Waarde onder 0.2 dui kaal grond aan en 0.7 of hoër maksimum vegatiewe groei. Die termyn en piek van die grafiek lê vir die gewasfabriek bloot en stem sterk ooreen met opbrengspotensiaal.
Wanneer die gewas bladgroen begin verloor en ryp word, daal die gewasgroeiindeks. Dit is die produsent se teken dat oesgereedheid nie meer ver is nie en dit kan as ‘n riglyn dien vir die optimale tyd om die kanola dood te spuit. Só lyk die wiskunde: na verwagting gaan saadverkleuring begin as die NDVI onder 0.5 daal, met 30% saadverkleuring by ‘n NDVI van 0.4 en 50% by 0.3.
Onthou egter dat die NDVI niks meer as ‘n riglyn kan wees nie. Veldbesoeke is die enigste manier om beslis te weet wanneer om te spuit, veral omdat syhalms, wat ‘n groot bydrae tot opbrengs lewer, ook in berekening gebring moet word. Wanneer die produsent gevolglik deur ‘n land stap, kan ‘n verteenwoordigende
Verwagte % rypwording volgens die gewasgroei-indeks (NDVI):
NDVI > 0.50: Die oes sal na verwagting nog nie ryp geword het nie.
10-20% vir NDVI tussen 0.40-0.50, 30-50% vir NDVI tussen 0.30-0.40, > 50% vir NDVI minder as 0.30. TE VROEG
1. Tydsberekening vir platsny en doodspuit volgens saadverkleuring. Foto’s: Departement van Landbou Wes-Australië
monster uit die middel van die hoofhalm én die syhalms op die plant getrek word. Doodspuit is veral van waarde in digte gewasstande of wanneer omval ‘n risiko is. Onthou om net soveel lande dood te spuit as wat op ‘n keer geoes kan word. Dit moet binne 10 dae na toediening gedoen word (of selfs binne slegs 4 tot 7 dae onder sekere omgewingstoestande).
Na hierdie antwoord vir “wanneer” gespuit word, moet die “wat” aan die beurt kom. Daarvoor het Syngenta se tweede hulpmiddel vir kanolaprodusente die antwoord, naamlik REGLONE® REGLONE® is ’n waterige oplossing kontakonkruiddoder wat vinnig werk en nie vlugtig is nie - eienskappe wat die produk uiters doeltreffend maak om kanola uit te droog en te ontblaar. Hierdie onkruiddoder maak die gewas gelyk ryp, sorg dat minder peule oopspring, maak platsny onnodig en verminder oeskoste. Doodspuit kan ook van onkruid wat laat ontkiem ontslae raak.
Een van REGLONE® se belangrikste kenmerke is dat dit nie aan die olies van die saad bind nie en dit verseker voedselveiligheid. Nog ‘n feit wat heelwat punte tel, is dat REGLONE® ‘n uiters lae logingsrisiko het en deur grondmikrobes in natuurlike produkte soos water, CO2 en ammoniak afgebreek word.
REGLONE® het ‘n kontakwerking en daarom is doeltreffende bedekking en verspreiding binne die blaredak met toediening noodsaaklik. Resultate is gewoonlik beter wanneer gespuit word wanneer ligintensiteit laag (vroegoggend of laatmiddag) en humiditeit hoog is.
Onthou om altyd die etiketaanwysings te volg, veral met dosis, veilige hantering, die gebruik van ‘n benatter en onthoudingsperiodes.
Van land tot silo - gouer
Neem beheer van jou canola oes deur die droogmaak proses te optimiseer. REGLONE® is ’n dessikant in die ware sin van die woord wat op kontak werk en die canola vinniger en meer gelyk laat afdroog in vergelyking met ander praktyke soos platsny.
Voordele van canola behandeling met REGLONE® voor oes:
• Canola sny en dors makliker tydens oesproses
• Beheer die tyd van oes
• Oes vinniger en meer hektare per dag
Sien die verskil met REGLONE®
Wintergraan se toekomsverwagting tot 2033
Hoewel die uitbreiding van kanola-aanplantings die oppervlakte van droëland-winterkoring in die volgende dekade met 6% kan verminder, sal koring die oorheersende gewas met ‘n aandeel van 66% in die Wes-Kaap bly. In dieselfde tydperk tot 2033 kan winterkoring se opbrengs met meer as 17% toeneem in vergelyking met 2021 tot 2023 se opbrengs, sê die Buro vir Voedsel- en landboubeleid (BFAP).
Behalwe dat kanola volgens die BFAP se jongste vooruitskouing noemenswaardig met aanplantings, opbrengs en verwerking toegeneem en presteer het, kan die verbouing daarvan ook in besproeiingsgebiede toeneem. Dit word toegeskryf aan kanola se voordele as wisselbougewas, ‘n hoër prys en beleggings in verwerkingsgeriewe.
Onder die wintergewasse kan kanola die grootste persentasie toename in aanplantings en met opbrengs teen 2033 bereik. Die gewas se verwagte opbrengstoename van 30,4% is beter as die huidige opbrengstoenames van Australië en Kanada. Die verwagte opgrengstoename van Suid-Afrika se kanola is beter as wat internasionale instansies se soortgelyke verwagtings van die gewas in die Europese Unie, Australië en Kanada is.
Internasionale marksituasie vir wintergraan
Die internasionale voorraad van wintergraan is besig om ná die onsekerheid van Covid-19 en die Rusland/Oekraïne-oorlog te herstel. Pryse daal steeds, ondanks die onsekerheid van geopolitiese toestande wat seevaartroetes beïnvloed en Rusland se uitvoerbeperkings.
Die Internasionale Graanraad (IGC) verwag dat wêreldwye koringproduksie in 2023/24 gaan afneem maar in 2024/25 ‘n geringe toename gaan toon. ‘n Daling in produksie word ook in 2023/24 met gars verwag, maar in die seisoen daarna kan produksie met bykans 4% toeneem. Laer pryse en beter produksie kan aanvraag laat toeneem, behalwe in Indië waar ‘n invoerheffing van 40% steeds toegepas word.
Die internasionale produksie van kanola kan sy hoë vlak van
2022/23 in hierdie seisoen voortsit maar dit gaan na verwagting in 2024/25 met 1,3% verminder. Die prys van hierdie gewas kan in ooreenstemming ander groente-olies se pryse daal.
Plaaslike marksituasie vir wintergraan
Te danke aan die groei in Suid-Afrika se wintergraan- en oliesadebedryf wat berus het op ‘n kombinasie van hoë pryse, die uitbreiding van aanplantings en opbrengsverhogings, was die bedryf se bruto produksiewaarde in 2023 bykans 11% beter as in die tydperk van 2020 tot 2022. In hierdie vergelyking was die koring- en garsbedryf se omvang 9,9% groter en die kanolabedryf 20,2% groter.
Die BFAP verwag ‘n normalisering van pryse en dat koring en gars se bruto produksiewaarde in 2024 gaan afneem maar van 2025 af ‘n geringe toename sal toon. Ondanks laer pryse vir kanola kan die uitbreiding van aanplantings en produksie in 2024 die gewas se inkomste vergroot. In 2025 kan kanola se prys stabiliseer maar oor die mediumtermyn weer opwaarts beweeg.
Plaaslike markvooruitsig vir wintergraan
Weens plaaslike wintergraan se integrasie met die internasionale mark verwag die BFAP dat plaaslike pryse in die volgende drie jaar gaan daal. Daana sal dit opwaarts groei tot in 2033. Na verwagting gaan die internasionale koringprys in 2024 tot onder Suid-Afrika se verwysingsprys van $279 daal. Dit sal die invoertarief in werking stel met die voordeel dat die plaaslike koringprys nie soveel as die wêreldprys gaan daal nie.
Volgens die BFAP se modelle kan die plaaslike koringprys in 2024 met 2,7% daal en in 2025 met 1,8%. Van 2026 tot 2033 kan die prys jaarliks met 2,8% toeneem.
Weens gars se prysverband met koring wat tussen die plaaslike brouers en produsente ooreengekom is verwag die BFAP se gars se prys in die volgende twee jaar met onderskeidelik 2,2% en 2,0% gaan daal. Daarna kan die prys jaarliks met 3% tot in 2033 toeneem.
Die modelle van kanola se binnelandse prys toon ‘n groter afname in die volgende twee jaar as met koring en gars. Kanola se prys kan met 4,3% en 6,0% daal. Die BRAF skryf die daling toe aan kanola se prysverband met groente-olies en omdat koring deur ‘n invoertarief ondersteun word. Hoewel hierdie prysverlaging beteken dat kanola se winsmarge kan verminder, bly dit volgens die kundiges baie waardevol in die wisselboustelsel. Kanola se prys kan van 2026 tot 2033 ‘n geringe jaarlikse toename van 1,7% toon.
Soos wintergewasse se pryse stabiliseer na jare van bogemiddelde vlakke kan Suid-Afrika se oppervlak van wintergewasse min verander. Sowel koring as gars se oppervlak verminder in 2023 en 2024 maar kanola se oppervlak vergroot volgens die
3. Persentasie verandering van oppervlakte en opbrengs van belangrikste wintergewasse: 2033 vs 2021-2023 basistydperk.
Oesskattingskomitee se berekeninge met 7,5%. Dié toename word toegeskryf aan kanola se gewildheid in ‘n wisselboustelsel, die bedryf se ondersteuning en beter winsgewendheid as koring in 2023.
Beperk koste en verhoog opbrengs om mededingend te bly
Wintergraanprodusente is in die afgelope jare deur ‘n siklus van hoë internasionale pryse bevoordeel maar marges het nie tot dieselfde mate verbeter as wat by somergewasse se produksie verkry is nie, sê die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) in sy verslag vir 2024 tot 2033. Omdat die plaaslike koringprys deur ‘n wisselende invoertarief bevoordeel word, behoort wintergraan se prys nie soveel te verminder as wat met somergraan se prys verwag word nie. Die wisselkoers behoort ‘n groter invloed op wintergraanpryse te hê wanneer die invoertarief in werking tree.
Gars se prys is aan die koringmark verbind wat meebring dat net kanola onder die wintergraan nie deur die invoertarief ondersteun word nie. Met kanola verwag die BFAP se kundiges dat pryse meer gaan daal, maar die verwagte toename in op-
brengs sal die gewas se winsgewendheid ondersteun.
Hoewel kanola se marges in die tydperk van 2024 tot 2033 meer kan daal as dié van koring, het kanola getoon hoe voordelig dit in wisselboustelsels is om koste te verlaag en ander gewasse se opbrengs te bevoordeel.
Wintergewasse in geheel se marges behoort in die toekoms ewewig bokant die vlakke van 2018 te bereik maar dit sal steeds veel minder wees as prysvlakke in die onlangse seisoene.
Om mededingend te kan bly sal wintergewasse se produsente moet voortgaan om vindingryk te wees en in die beste tegnologie te belê. Hulle word deur verhoogde risiko in die gesig gestaar weens die koste van insetmiddele wat ver bokant die vlakke bly wat voor die COVID-19-pandemie geheers het.
Gars se mark vereis fyn beplanning met aanplantings
Die produksie van gars in Suid-Afrika word beperk deur die hoeveelheid moutgars wat vir die biermark benodig word. Gars van moutgraad het ook ‘n eiesoortige markmeganisme met ‘n verbintenis aan die koringprys en daarom is dit onwaarskynlik dat produsente gereeld meer sal produseer, sê die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) in sy vooruitskouing van die volgende dekade.
Produsente sal eerder aanplantings besnoei om die kans vir moutgars teen ‘n beter prys te verhoog. ‘n Nuwe toetreder wat bier vervaardig mag die prysverhouding wat lank reeds bestaan ontwrig, maar die basiese ekonomie van prys en kwaliteit sal oor die lang duur die toekoms bepaal.
In die vorige dekade tot 2023 het garsproduksie jaarliks met 3,0% toegeneem, behalwe in 2020 toe buitengewone groot oeste afgehaal is. Na verwagting gaan produksie in die vol-
gende dekade tot in 2033 jaarliks met 1,8% toeneem tot ‘n vlak van 432 000 ton.
Oppervlakgewys verwag die BFAP dat aanplantings met 6 000 ha meer as die aanplantings van 2021 tot 2023 gaan toeneem maar dit behoort nie die hoogtepunte van 2019 en 2020 se hektare herhaal nie.
Die garsbedryf het volgens die BFAP se ontleding moeilike seisoene beleef weens opbrengsverlagings en kwaliteit wat deur weerstoestande veroorsaak is. Beperkte herstel na die COVID-19-pandemie het ook daartoe bygedra.
Die bedryf werk aan sy beperkings en die garsbedryf behoort teen 2033 meer selfonderhoudend te wees wat tot minder ingevoerde gars kan lei. Indien neigings van opbrengs en kwaliteit voortduur kan die winsgewendheid op plaasvlak van 2024 af herstel.
Koringaanplantings verminder in volgende dekade maar opbrengs verbeter
In die volgende dekade kan die hoeveelheid koring wat SuidAfrika moet invoer jaarliks met 0,9% toeneem, maar die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) verwag dat produksie jaarliks met 1,1% gaan toeneem. Die verwagte produksie kan 2,3 miljoen ton in 2033 wees en die huishoudelike verbruik kan in dieselfde termyn tot 4,1 miljoen ton toeneem.
Gewasse se mededinging in die Wes-Kaap kan meebring dat koring se aanplantings tot in 2033 effens gaan verminder. Koringaanplantings onder droëland in die somersaaigebiede het ‘n laagtepunt van 55 000 ha bereik maar weens verwagte beter winsgewendheid kan die oppervlak volgens die BFAP in die volgende seisoene tot 90 000 ha herstel en stabiliseer.
Onder besproeiing gaan koringaanplantings na verwagting jaarliks met 0,2% verminder maar opbrengs gaan tot in 2033 met 9% toeneem.
Winterreëngebied
Die toename van kanola-aanplantings in die Wes-Kaap geskied ten koste van koring, maar koring sal volgens die BFAP steeds die oorheersende gewas wees met ‘n aandeel van 66% van wintergewasse. Droëlandverbouing van koring in die winterreëngebied se oppervlak kan in die volgende dekade jaarliks met 6% verminder.
Opbrengs in die winterreëngebied kan in die volgende dekade tot 17,3% meer wees as die opbrengs van 2021 tot 2023, met die voorwaarde dat die Wes-Kaap se klimaatstoestande normaal sal wees en beleggings in tegnologie sal voortduur.
Somerkoring
Die 55 000 ha koring wat in die 2024-seisoen onder droëland in die somerreëngebied geplant word verteenwoordig ‘n laag-
tepunt van 40 jaar se aanplantings. Dit word toegeskryf aan produsente wat terugkeer na alternatiewe gewasse soos sojabone en mielies.
Koring se aanplantings in hierdie verbouingsgebied kan egter in die volgende dekade weer tot 90 000 ha herstel. Dit geskied teen die agtergrond dat hoë wêreldpryse normaliseer en koring se mededingingsvermoë beter gaan wees. Mielies en sojabone se verhandeling naby die uitvoerpariteitsprys dra tot koring se verbetering by.
In vorige seisoene het koring in die noordelike gebiede baie goeie klimaatstoestande en gevolglik hoë opbrengste gehad. Die BFAP verwag in hulle vooruitskouing ‘n normalisering en dat opbrengs met 3,8% tot in 2033 gaan afneem. Klimaatstoestande in die volgende dekade kan wisselvalligheid van hierdie vooruitskouing veroorsaak.
Besproeiing
Koringaanplantings onder besproeiing gaan na verwagting in die volgende dekade jaarliks met 0,2% verminder tot ‘n vlak van 95 000 ha in 2033. In vergelyking met aanplantings onder besproeiing in 2021 tot 2023 beteken dit ‘n daling van 6% se aanplantings. Die opbrengs onder besproeiing kan egter tot in 2033 met 9% toeneem.
In die meeste besproeiingsgebiede soek produsente toenemend na alternatiewe wisselbou- wintergewasse van die gebruiklike mielies in die somer en koring in die winter. Die dubbele oesstelsel het oor jare gevestig geraak maar dit lei tot toenemende siekteprobleme soos fusarium.
As oplossing word kanola in verskillende besproeiingsgebiede as wintergewas beproef en die BFAP voorsien dat wisselbou gevolglik gaan toeneem.
Goeie bedryfsplanne laat kanola in vele opsigte floreer
Die kanolabedryf was een van die mees dinamiese bedrywe in die afgelope dekade danksy die plaaslike inisitief om nuwe tegnologie te voorsien en om verbruik aan te moedig. Na ‘n gedenkwaardige toename van 64,0% in aanplantings in die afgelolpe dekade voorsien die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) dat nog 36,2% of 43 000 ha tot in 2033 bygevoeg gaan word. Dit kan lei tot die produksie van 385 000 ton teen 2033.
Die bedryf oorweeg belangrike strategiese moontlikhede vir toekomstige groei. Een daarvan is die produksie van geneties gemodifiseerde (GM) kanola. Suid-Afrika se streng vereistes met die invoer van nuwe bastersaad beperk die bedryf se groei omdat GM-vlakke van slegs 0,01% toegelaat word.
Die vermeerdering van kultivars met hoë potensiaal blyk volgens die BFAP se opnames die gaping na saadbeskikbaarheid te oorbrug. Die toename in aanplantings het belangstelling van verskeie saadmaatskappye veroorsaak. Die toekomstige verbetering van opbrengs kan bydra tot kanola se hoër winsgewendheid in vergelyking met die van koring en gars.
In die vorige dekade het produksie jaarliks met 8,1% toegeneem en die verwagte produksiegroei in die volgende dekade is 4,6% per jaar. Die groei weerspieël kanola se bydrae tot algehele winsgewendheid in ‘n stelsel van wisselbou met wintergewasse. Nie net bevorder kanola koring se opbrengs nie, dit verminder ook die las van onkruidbeheer vir produsente.
Die uitbreiding van verwerkingsvermoë wat weens die toename in produksie veroorsaak is het meegebring dat die kanolabedryf uitvoertye strategies kon gebruik om die hoë pryse te
Figuur 4. Plaaslike kanola-opbrengs in vergelyking met internasionale produsente 2020-2022. Die internasionale mededingers se gemiddelde opbrengs is gebaseer op tipiese plase se maatstaf en nie op hulle nasionale gemiddelde nie. Bron: BFAP.
benut. Die uitvoer kon druk op plaaslike verwerking verlig tot tyd en wyl nuwe aanlegte in werking gestel is.
Naby Malmesbury in die Wes-Kaap is ‘n nuwe aanleg in Junie 2024 in bedryf gestel wat volgens die BFAP se berekeninge sowat 280 000 ton kanola kan verwerk. Dit behoort die volle oes vir minstens die volgende drie seisoene te kan verwerk voordat nog persvermoë nodig sal wees.
Verhoogde plaaslike verwerking is ook baie gunstig omdat uitvoer in die volgende twee tot drie jaar onwaarskynlik is weens die skerp daling in Europese pryse.
Uitnemende jongboere gekies vir SA titel
Uitnemende jongboere is die finaliste vir vanjaar se titel van Agri SA en Toyota se jongboer van die jaar. Die beoordeling vir die 20ste jongboer vind later vanjaar plaas en tot dusver is ses provinsiale kandidate reeds aangewys. Vrystaat Landbou het aan die 2024-kompetisie onttrek.
Die aangewese kandidate is Kobus Beyers van Noordwes, Dean Barnard van die Wes-Kaap, Kobus Pieters van Mpumalanga, Dwayne Kaschula van die Oos-Kaap, Hannes Bruwer van die Noord-Kaap en Willem Engelbrecht van Limpopo.
Noordwes
Kobus Beyers (39) van die Al Cor-boerdery in die Wolmaransstad-distrik bedryf ‘n gemengde boerdery met somergraan en vee. Sy gesaaides bestaan uit mielies, sojabone en sonneblomme. In die veevertakking is kommersiële vleisbeeste en ‘n Dormer-stoetkudde.
Hy het eers saam met sy pa, Org, en familielede geboer en later saam met sy pa en broer, Nelius. Na sy pa se afsterwe boer hy en sy broer op die plaas Doornpan. Hulle het bykomende grond gekoop en huur landerye en weiding om die boerdery aan te vul. Beyers is met Stephanie getroud.
Die ander finaliste vir Noordwes se titel was Stompie Olivier van Rysmierbult en George Nel van Stella.
Wes-Kaap
Dean Barnard (40) van Waboomskraal naby George boer met hops, pekanneute, amandels en pruime. Dit is veral sy prestasies met pruime en hops wat hom bekend gemaak het.
Oppie Plaas-boerdery is een van sewe hops-boerderye in Afrika en is in die afgelope 15 jaar reeds onder die top-drieprodusente in die land.
Met sy pruimboerdery behaal Barnard eweneens sukses. Oppie Plaas-boerdery se 2023-opbrengs met die Autumn Harvestkultivar was skrams minder as 100 ton/ha. Hy glo die grootte van ‘n plaas bepaal nie die sukses nie, want hy boer op 45 ha en dit is nie te min of te klein nie.
Hy het agt jaar gelede die plaas by sy pa, Deon, oorgeneem en sedertdien nuwe tegnologie in besproeiing gebruik om water te spaar en die pruim- en amandelboorde aangeplant.
Barnard en sy vrou Carla het ‘n seun, Wian, en dogter, Dianca. Die ander finaliste vir titel van Agri Wes-Kaap Santam se jongboer was Jurgens Botha, Rory Sandberg en Jerid-Lee Waries.
Mpumalanga
Die voormalige beroepsgholfspeler Kobus Pieters van Hazyview boer nog net twaalf jaar maar het reeds ‘n makadamiaboerdery en -verwerkingsaanleg op sy kerfstok en voer sy produk uit.
Pieters is lid van Kiepersol se boerevereniging en was lid van die Makadamiakwekersvereniging se raad. Hy en sy vrou, Lyndie, bedryf ‘n gastehuis op Hazyview.
Hy het begin boer deur ‘n klein verwaarloosde plasie buite Hazyview te koop waarop makadamiaboorde was. Hy het die
boerdery uitgebrei en die Big 5 Mac-handelsmerk gevestig. In die boerdery se verwerkingsaanleg word ongedopte neute verwerk en verpak om na die Verre Ooste uitgevoer te word. Die aanleg neem ook ander boere se produkte in.
In die parsaanleg word makadamia-, pekan- en amandelneute in olie en botter verwerk.
Die ander finalis vir Mpumalanga se titel was Tommie Steele van die Leeuklip-boerevereniging.
Oos-Kaap
Dwayne Kaschula (37) van die Confluence-boerdery by Maclear het ‘n gemengde boerdery met gewasse, lewende hawe, wild en eiers. Die eiervertakking is onlangs bygevoeg en het die voordeel dat die boerdery se eie graan as voer gebruik word en die hoendermis vir bemesting.
Die boerdery se gewasse bestaan uit aartappels, mielies en suikerboontjies. In die veevertakking bestuur Kaschula ‘n Angus- en Brangus-stoetery en teel bulle vir sy kommersiële beeste en om speelkalwers te kan bemark. Verder het hy ‘n Boerbok-stoet en teel wild.
Die twee ander finaliste vir die jongboertitel in die Oos-Kaap was Peet Coetzee, ‘n Merino-skaapboer van Steynsburg, Pieter Jordaan van Aberdeen wat met skaap en Angora-bokke boer en Jonathan Willows, ‘n melk- en pynappelboer van Oos-Londen.
Limpopo
Willem Engelbrecht van Piet Citrus by Marble Hall is Agri Limpopo se kandidaat vir die jongboer-titel. Die plaas se hoofvertakking is sitrus maar hulle het ook pekanneutboorde, ‘n pakhuis vir sitrus en doen akkerbou. Hy boer saam met sy pa, Piet, in die familieboerdery.
Die ander finalis was Moné Pieterse van Letsitele wat met mango’s en groente boer. Sy was die eerste vroulike boer in die kompetisie.
Noord-Kaap
Hannes Bruwer is ‘n besproeiingsboer van die Genade-boerdery by Hopetown. Die boerdery verbou onder meer mielies, springmielies, lusern, gars en koring. Groente wat verbou word sluit uie, beet, witbone, groenerte en aartappels in. Hy is verantwoordelik vir die verkryging van insetmiddele en is logistieke bestuurder van die boerdery se voertuie.
Bruwer se pa en twee broers is in die verlede as uitnemende boere bekroon - sy pa, Vickie Bruwer, was Graan SA se graanprodusent van die jaar. Sy broer, Gerhard, was die nasionale wenner van die jongboertitel en ander broer, Vickie Junior, ‘n provinsiale wenner van die jongboertitel.
Wheat market information 2023/24 marketing year
Sanet Naudé
SA GRAIN INFORMATION SERVICE
International shipping
According to data from the International Grains Council (IGC), vessels transiting the Red Sea and the Gulf of Aden have been attacked more than 60 times, with four sailors killed and the sinking of two ships since November 2023.
Recent data showed that the Black Sea region (especially grain exporters) mostly continue to use the Suez Canal because ships from Russia and Ukraine were already using a conflict zone before reaching the Mediterranean. This likely made it easier for vessel owners to accept the Red Sea war risk insurance premiums.
Vessels from France to China takes an estimate of 42 days to travel via Cape Town, compared to 34 days via the Suez Canal. The increased distances also underpinned fuel consumption as vessels are encouraged to increase speed to limit journey times. Adding to the above, marine (bunker) fuel costs linked to crude oil prices in an already volatile region, has also contributed to higher bunker rates and transportation costs at times.
Local wheat supply and demand (1 October 2023 to 30 June 2024)
Nine months into the current marketing year the unutilised wheat stock at the end of June was 1 132 415 tons. This was 37,0% more than the same period the previous year, while 42 119 tons less wheat was processed for the local market than the same period the previous year. Wheat for animal feed reduced with 88,1% to only 4 538 tons than the same period the previous year. Producer deliveries directly from farms on 30 June 2024 were 2,6% less than the end of June 2023.
According to the Supply and Demand Estimates Committee of the NAMC, the projected closing stock level for 30 September 2024 is estimated at 620 859 tons. At an average processed quantity of 288 458 tons per month, this represents available stock levels for 2 months or 65 days.
Barley, oats and canola: supply and demand
Barley processed for animal feed was 34,6% more than the same time last year, while barley malt imported was 93,4% lower than the same time last year. Due to low quality oats crops, there was an increase
of 28,6% in animal feed. Human consumption for the nine months period was 3,8% lower than the same period the previous year.
On 30 June 2024 a total of 4 958 tons canola was processed for animal feed while 151 357 tons were processed for oil and oilcake. It is encouraging to note that the bigger crop for the current marketing year is being crushed as indicated, by a 15,5% increase in the amount of canola processed for oil and oilcake, where 38 574 tons were exported the previous year.
See Table 1 for the supply and demand for barley, oats and canola, compared to the same period in the previous year.
Wheaten products
From 1 October 2023 until 30 June 2024 a total of 2 576 140 tons of wheaten products were produced. This was 11 944 tons or 0,46% less than the same period the previous year. Wheaten products imported was 19 036 tons, and 20 064 tons were exported.
See Table 2 for the comparative figures year on year for bread baked.
According to data published by Statistics SA for June 2024, prices for some wheaten products were as follows:
• 700 g white bread was R18,63 (0,53% lower year on year)
• 700 g brown bread was R17,31 (0,70% higher year on year)
• 250 g cake flour was R43,10 (1,94% higher year on year)
• 250 g bread flour was R47,21 (0,66% higher year on year).
Noukeurige kontrole om saad se kwaliteit te beskerm
Saad se inherente genetiese eienskappe en toestande in ‘n seisoen speel gesamentlik die deurslaggewende rol in opbrengs.
“O
m saad se genetiese eienskappe ten volle te benut, is dit belangrik dat die saad aan kwaliteitsvereistes moet voldoen. Streng beheer dwarsdeur die ontwikkeling en produksie van ’n kultivar is van kardinale belang om die spesifieke en unieke eienskappe van elke variëteit of kultivar te beskerm,” sê Hendrik van Staden, eenheidshoof van Syngenta se saadafdeling in Afrika.
Saadkwaliteit word bepaal deur ’n verskeidenheid faktore soos fisiese saadkwaliteit, variëteitsuiwerheid, kiemkragtigheid en die kwaliteit van saadbehandelings. Verder word kwaliteit ook beïnvloed deur produksie, verwerking en verpakkingsprosessse, asook tydens die opbergings- of stoorfase.
Volgens Pieter Craven, saadproduksie- en voorsieningsbestuurder van Syngenta, begin kwaliteitskontrole reeds wanneer telersaad vermeerder word. “Sekere stappe word ingestel sodat saad vry is van enige sigbare afwykings voordat dit geoes word. Hierdie saad word aan die produksiespan oorhandig en ’n pre-basissaadproduksie word by SANSOR geregistreer om die sertifiseringsproses af te skop,” verduidelik hy.
Craven wys daarop dat die pre-basissaadproduksies dwarsdeur die seisoen streng gemonitor word om enige aftipes onmiddellik te verwyder. Die saad wat ná die seisoen geoes word, word in die volgende jaar aangewend om ‘n basissaadproduksie te plant. Die basissaadproduksie word op sy beurt streng volgens sertifiseringsvereistes gemonitor om seker te maak dat dit vry is van moontlike kontaminasie.
Om basissaad teen insekte en plantsiektes te beskerm, word insekmoniterings- en berokingsprogramme tydens die stoor van beide die verwerkte en die onverwerkte saad toegepas sodat die saad vry bly van enige insekskade wat die saad se kwaliteit negatief mag beïnvloed.
Saadbehandeling
Syngenta behandel alle verwerkte basissaad met middels om die saad teen stoorinsekte en patogene wat in die land voorkom, te beskerm. Die behandelings hou veral voordele teen wortelsiektes in.
“Om seker te maak dat basissaad tydens die produksieproses suiwer gehou word, word nie net landinspeksies op die pre-basis- en basissaad uitgevoer nie, maar ons produksiebestuurders gee ook baie aandag aan al die stappe in die produksieproses. Eerstens maak ons seker dat ’n produksieland gekies word waarop daar nie in die vorige seisoen enige saad van dieselfde gewas geplant is nie. Die planters en stropers word noukeurig ondersoek om seker te maak dat dit vry is van ander saad,” verduidelik Craven.
Saad word van die stroopproses af tot na die verwerking in nuwe geëtiketteerde sakke versak en gestoor om enige vermenging van kultivars of generasies te voorkom. Voordat
enige saad verwerk word, word seker gemaak die aanleg is deeglik skoongemaak en vry van ander saad.
Terughousaad en sertifisering
Volgens Van Staden neem produsente wat ongesertifiseerde saad plant ’n groot risiko. “Indien iets verkeerd loop, soos swak ontkieming aan die begin van die seisoen, het die produsent geen verhaalreg nie en kan geen aanspreeklikheid geëis word nie. Die produsent sal in so geval die verlies self moet dra.”
Die saadsertifiseringskema behels dat aan ’n volledige kontrolestelsel voldoen moet word, van die vrystelling van die variëteit af tot die uiteindelike verkoop aan produsente. Die kontroleproses vind oor verskeie generasies van vermeerdering plaas wat gewoonlik drie tot vier seisoene lank duur. Craven sê gedurende elke vermeerderingsfase word volledige kontrole uitgevoer, deurdat elke eenheid vir produksie van saad by die Suid-Afrikaanse Nasionale Saadorganisasie (SANSOR) geregistreer word.
SANSOR kontroleer die oorsprong en sertifiseerbaarheid van die ouersaad van die betrokke variëteit voordat die eenheid aanvaar word vir die produksie van saad. Tydens die groeistadium besoek SANSOR-gemagtigde inspekteurs die lande op vasgestelde stadiums om te bepaal of die plante aan die voorgeskrewe minimumvereistes ten opsigte van die variëteitsegtheid en -identiteit voldoen.
Nog meer inspeksies volg wanneer saad verwerk en verpak word, sodat geen vermenging plaasvind nie. Die houers waarin die saad verpak is word ná die inspeksies met voorgeskrewe inligting gemerk op etikette wat SANSOR verskaf. Vir gesertifiseerde saad word ’n blou etiket gebruik met die landswapen en die bewoording SA gesertifiseerde saad: SANSOR daarop gedruk. Elke houer kry ‘n SANSOR-seël en unieke nommer.
“Slegs as ’n saadlot aan ál die minimumvereistes van die Saadsertifiseringskema voldoen, sal ons as maatskappy ’n SANSOR-sertifiseringsertifikaat ontvang. Deur gesertifiseerde saad te koop weet die koper dat elke saadlot aan meer as 90 kontrolepunte voldoen het,” sê Van Staden.
Berg saad met sorg om kwaliteit te behou
Die wyse waarop saad gestoor word is net so belangrik soos al die gekontroleerde prosesse vooraf om die kwaliteit daarvan te beskerm. Die aankoop van kwaliteit saad met ‘n hoë opbrengspotensiaal is ‘n belegging vir die komende plantseisoen en daarom is dit krities dat saad onder optimale toestande geberg word.
Sou die kwaliteit van die saad verminder weens swak of ontoereikende stooromstandighede, kan produsente groot opbrengs- en finansiële verliese in die gesig staar. In sommige gevalle kan swak ontkieming en opkoms as gevolg van nalatige opberging tot ‘n totale misoes lei.
“Saad is ’n lewendige organisme en goeie kwaliteit saad met ’n hoë ontkiemingspersentasie kan vinnig agteruitgaan as dit onder ongunstige omstandighede opgeberg word. Syngenta doen baie moeite om gesertifiseerde saad met goeie kwaliteit aan produsente te lewer. Sou hierdie saad nie reg gestoor word nie, kan produsente onnodig groot verliese ly,” sê Hendrik van Staden, eenheidshoof van Syngenta se saadafdeling in Afrika.
Die omgewing waarin saad opgeberg word het ’n groot uitwerking op die lewensduur en kwaliteit. Faktore soos temperatuurskommeling, die lokaal en oppervlakte asook die saad se voginhoud moet gevolglik noukeurig dopgehou word. Saadkwaliteit word negatief beïnvloed deur temperatuurskommeling, wisseling van of te hoë relatiewe humiditeit, mikro-organismes en insekte.
“Pasop vir opberging in ’n oop stoor of ‘n vertrek wat nie goeie isolering het nie. Die wisselende humiditeits- en temperatuurvlakke in so oop stoor kan variasie in die saadvoginhoud veroorsaak,” sê Van Staden.
Ideale bergingstoestande:
• Die stoor moet droog wees.
• Temperatuur moet beheer word sodat dit nie te warm word nie.
• Temperatuurskommeling moet vermy word. Probeer om die temperatuur so gelykmatig as moontlik te hou.
• Insekte en peste moet doeltreffend beheer word.
• Hou die saadstoor skoon.
• Hou die saad- of graanvog dop.
Deure, vensters en vloere
Wanneer ‘n saadstoor gebou of beplan word, moet aandag gegee word aan ventilasie en indien saad lank gestoor gaan word, moet verkoeling oorweeg word. Die stoorfasiliteit moet verkieslik geen vensters hê nie, met slegs een deur wat geseël en gesluit kan word.
Die fondasie moet van klip of sement wees. Indien die stoor ’n sementvloer het, moet enige krake deeglik verseël word sodat insekte nie daarin kan skuil nie. Alle gapings rondom kragpunte, bedrading, ventilasie en deure moet verseël word. Die mure kan van steen, sement of metaal wees en alle ventilasieopeninge moet ontoeganklik vir insekte en voëls wees.
Goeie higiëne is noodsaaklik om swamme, bakterieë, myte, voëls, insekte en knaagdiere te beheer. Enige saad wat gemors het, moet opgevee en verwyder word. Die vloer en mure behoort gereeld met ’n nawerkende insekdoder gespuit te word. Alle chemiese plaagbeheerbespuitings moet in oorleg met ’n chemiese agent gedoen word.
Die stoor moet gereeld geïnspekteer word vir insekte, voëls of ander plaagdiere soos rotte en muise. Maak seker dat daar nie lekplekke in die dak is nie en teken ook die temperature in die stoor aan vir latere verwysing.
Behoorlike rekord moet gehou word van wanneer die saad in die stoor geplaas is. Verskillende soorte saad behoort afsonderlik geberg te word sodat daar nie oorkruis-kontaminasie kan plaasvind nie.
Relatiewe humiditeit en temperatuur is die belangrikste faktore wat die opbergingsperiode van saad bepaal.
Spuitstukke kan ’n groot bydrae tot volhoubaarheid lewer
Volgens die spreekwoord is dit die klein jakkalsies wat die wingerd verwoes. Uit die ander hoek gesien kan ‘n mens sê dat klein dingetjies dikwels ‘n groot verskil maak. Dit is beslis die geval met spuitstukke wat gebruik word om gewasbeskermingprodukte toe te dien.
Hoewel ‘n spuitstuk klein genoeg is om in die palm van ’n kind se hand te pas, het ’n spuitstuk nie net ‘n noemenswaardige invloed op gewasse se opbrengs nie, dit is ook ’n belangrike instrument in die strewe na volhoubare landbou.
Eenvoudig beskou is spuitstukke baie klein onderdele van die voertuig wat gewasbeskermingprodukte van die tenk af na die teiken kry.
“Dit is wat ons meestal van spuitstukke dink, wat verklaar waarom dit algemeen as ’n griefaankoop gesien word,” sê Andries Duvenhage wat Syngenta Suid-Afrika se bemarking vir kleingraan, sagtevrugte en groente lei. “As ‘n mens dit egter sien as ’n presisie-instrument wat terselfdertyd tot ‘n boedery se winsgewendheid bydra en omgewingsinvloed verminder, verander die prentjie heeltemal.”
In die gesprek oor landbou se uitwerking op die omgewing, tree spuitstukke na vore as ‘n kragtige manier om ekologiese balans en hulpbronbewaring te bevoordeel. Presisie spuitstukke is ontwerp om elke druppel van die spuitmengsel op presies die regte plek te plaas. Hulle verminder wegdrywing en verhoed dat produkte in omliggende ekosisteme beland waar waterbronne en wild aangetas kan word. Omdat die teiken keer op keer getref word, bereik produsente hoër opbrengs met minder inset.
Spuitstukke van gehalte wat goed ontwerp is dra verder by tot minder grondverdigting en koolstofdioksied omdat trekkers en spuite minder gereeld deur lande hoef te ry. Nog ‘n baie belangrike voordeel is dat behoorlike en gefokusde toediening weerstand help voorkom deur onderdosering te verhoed. Dit is deurslaggewend vir die bydrae wat chemiese gewasbeskerming tot volhoubare landbou maak.
Bykans elke plaas werk reeds met spuitstukke, gevolglik is geen nuwe belegging in tegnologie nodig nie. Produsente
moet bloot meer aandag aan hul spuitstukke gee en oordeelkundig kies wanneer dit nodig is om hulle te vervang.
Jack Pickering, toedieningstegnologiespesialis by Syngenta Suid-Afrika, verduidelik wat hierdie aandag aan spuitstukke behels. “Die wegspringplek is kalibrasie, nie net van die spuitbalk in sy geheel nie, maar ook van elke spuitstuk afsonderlik.”
Net één spuitstuk wat meer lewer en ’n ander minder as die spesifikasie, het ’n groot uitwerking op doeltreffende toediening en per implikasie die geld wat die produsent aan die produk en die mengwater bestee het, om nie eers te praat van die verlies aan opbrengs omdat die gewas nie doeltreffend beskerm word nie.
“Verslete spuitstukke het ’n ernstige uitwerking op die produsent se bedryfskoste en die potensiële verliese regverdig laglag die prys van ’n nuwe stel,” sê Pickering.
Soos met baie sake in die lewe is ’n holistiese benadering die beste wanneer ‘n spuitstuk aangeskaf moet word. Syngenta se 3D 90 is byvoorbeeld besonder goed om digte lower, soos aartappelblare en kanola, binne te dring en vir die toediening van voor-opkomsonkruiddoders. Dié voordeel is danksy die agressiewe 55 grade invalshoek en afwisselende plasing van spuitstukke op die spuitbalk. Hierdie spuitstuk is ook doeltreffender in winderige toestande as ‘n gewone platwaaierspuit. Met laasgenoemde is windspoed van 10 km/h die afsnypunt; die 3D 90 kan teen 15 km/h nog gebruik word, wat produktiwiteit verhoog.
“Kommersiële produsente is onontbeerlik in die strewe om kos op die groeiende bevolking se tafels te sit sonder om die planeet te knou,” sê Duvenhage. “Syngenta doen moeite om die boodskap van spuitstuktegnologie wyd en syd te verkondig omdat ons glo dat doeltreffende landboupraktyke en omgewingsgesondheid hand aan hand kan en moet gaan.”
Kom ons groei saam
Stel jou plantpakket saam uit die volgende SENSAKOkoringkultivars wat jaar na jaar uitstekend in die wintergraanstreek presteer.
SST 0208
SST 0187
SST 0166
SST 0147
SST 0117
SST 056
SST 015
Met dié kultivars help ons jou om jou goeie planne om te sit in goeie opbrengs.
Ons help jou groei –vandag en môre!
BAAN DIE WEG VIR JOU SUKSES
Altyd aan jou sy ...
Altyd aan jou kant met die Driedubbele-ondersteuningstruktuur wat insluit: gevorderde mieliebasters, gewasbeskermingsprodukte en digitale hulpbronne.
PLANT JOU SUKSES
DEKALBverskil
DATA