
4 minute read
‘n Doeltreffender wortelstelsel vir groter opbrengste
Plaaslike proewe met EndoMaxx® op aartappels lewer belowende verhogings in opbrengs.
Beter en doeltreffender wortelstelsels vir plante wat tot groter opbrengste lei is nou binne boere se bereik. EndoMaxx® van Philagro maak dit vir verskeie rygewasse moontlik om beter te presteer.
BENNIE BUYS
PHILAGRO
EndoMaxx, wat uit vier geoptimaliseerde voordelige mycorrhizae-swamspesies bestaan, word tydens plant toegedien. Die mycorrhizae lewe in ‘n simbiotiese verhouding met die plantwortels, wat die wortelstelsel se doeltreffendheid baie verbeter. Dit lei tot verskeie voordele en maksimaliseer die opbrengspotensiaal.
EndoMaxx is 100% ‘n biologiese produk uit die stal van Mycorrhizal Applications (MA) in die VSA, wat reeds van die negentigerjare af ontwikkel en bemark word. Die maatskappy is onlangs deur die Sumitomo Chemical-groep oorgeneem en EndoMaxx word reeds suksesvol in die res van die wêreld aangewend.
Onlangse navorsing toon dat die gebruik en gewildheid van mycorrhizae jaarliks aansienlik groei. Wêreldwyd het hierdie mark reeds in 2019 ‘n waarde van ongeveer $268 miljoen bereik. Dit is ‘n natuurlike, organiese produk en die gebruik daarvan word deur owerhede aangemoedig. Dit sluit by die Europese sienswyse aan van ‘n volhoubare organiese (“biorational”) benadering wat doeltreffende beheer en resultate verskaf, grondgesondheid bevoordeel en veilig in die omgewing aangewend kan word.
WERKING
Die voordelige EndoMaxx-swamme ontwikkel swamdrade, bekend as hifes, wat klein grondruimtes binnedring waar die gewas se wortels normaalweg nie kan bykom nie. Die netwerk hife beteken dat die benutbare worteloppervlak uitgebrei word.
Die woord “mycorrhiza” beteken letterlik “swam en wortel” en die ontwikkeling van die swamme gee aanleiding tot ‘n wedersydse voordelige verwantskap tussen die swam en die plant.
VOORDELE
• Wortelvolume: Mycorrhiza-swamme vergroot die wortelvolume met tot soveel as 100 of meer. Dit is ‘n aansienlike uitbreiding van die plant se wortelstelsel in die grond wat opname van water en voedingstowwe verhoog. • Voedingstowwe: Mycorrhiza-swamme koloniseer die plantwortels en vergroot die plant se voedingstofopname. • Benutting van water: Mycorrhiza-swamme stel die plantwortels in staat om klein hoeveelhede water wat nie gewoonlik opneembaar is nie, wel op te neem en te benut. • Die hife-netwerk kan water opberg wat vir die wortels toeganklik is. Hierdie netwerk kan in die teenwoordigheid van ’n oormaat water strukture (vesikels) vorm wat water
NA BLADSY 10



Beter Wortels… vir Groter Opbrengste.
Mikro-organismes vir makro-voordele.
EndoMaxx® van Philagro bestaan uit ’n vier-sisteem geoptimiseerde voordelige mycorrhizae swamspesies en vorm ‘n simbiotiese verhouding met die wortelstelsels van sonneblomme en ander rygewasse (mielies, sojabone, aartappels, droëbone, grondbone en ertjies), wat die effektiwiteit van die wortels dramaties verbeter. Dit lei tot talle voordele en maksimiseer opbrengspotensiaal. Die voordelige EndoMaxx® swamme ontwikkel swamdrade (bekend as hifes) wat klein grondruimtes binnedring waar die aartappelwortelvolume normaalweg nie ontwikkel nie. Sodoende word die effektiewe wortelstelsel uitgebrei en vergroot die wortelmassa aansienlik. VOORDELE • Verhoog die effektiewe wortelmassa • Verhoog die toegang tot voedingstowwe en water, asook die opname daarvan • Maksimiseer opbrengste • Verbeter droogte- en stresverdraagsaamheid • Verbeter die grondstruktuur en -gesondheid. EndoMaxx® span die krag van die natuur in om die heel beste uit jou oes te haal.
Om voordeel te trek uit dié moderne deurbraak, gesels vandag nog met jou naaste Philagro-kundige.
Water- en voedingstof uitruilingsone Vergroot die wortelvolume deur mycorrhizae
RAADPLEEG DIE PRODUKETIKET VIR VOLLEDIGE GEBRUIKSAANWYSINGS EN BEPERKINGS
EndoMaxx® (Reg. nr. M200, Wet nr. 36 van 1947), bevat Arbuscular Mycorrhizal Fungi (Rhizophagus irregularis (5 625 propagules/g), Claroideoglomus luteum (5 625 propagules/g), Claroideoglomus claroideum (5 625 propagules/g), Claroideoglomus etunicatum (5 625 propagules/g). EndoMaxx® is ‘n geregistreerde handelsmerk van Mycorrhizal Applications LLC, Grants Pass, OR, VSA.
VAN BLADSY 8
en voedingstowwe vir latere gebruik kan opberg. • Plante presteer beter onder droogte- en temperatuurverwante stremmingstoestande. • Die grondstruktuur en -gesondheid verbeter. • Bogenoemde voordele bring aansienlike opbrengsverhogings en gepaardgaande wins vir boere mee.
Die opbrengsverbetering korreleer met die vermindering van sekere stremmingsfaktore wat opbrengs gewoonlik negatief kan beïnvloed.
Bykomend tot die welbekende voordele en rol van mycorrhizae tot plantgesondheid, het dit ook ‘n positiewe uitwerking op en verbetering van grondgesondheid. Reeds in 1996 is bevind dat ‘n gluko-proteïen, genaamd glomalin, in oormaat deur die hife-strukture geproduseer word. Die glomalin is soos ‘n soort “grond-gom” wat mikro-grondpartikels bind om stabiele makro-grondaggregate te vorm. Dit dra tot beter wortel- indringing by, die grondsuurstofvlakke verhoog en verdigting verminder.
Philagro doen navorsing op gewasse en positiewe resultate is by peulgewasse soos droëbone, groenbone, ertjies, kekerertjies (chickpeas), sojabone, grondbone, lupiene en klawers verkry, asook by mielies, sorghum, aartappels en sonneblomme. Hierdie gewasse verskyn reeds op die produketiket.
Na verskeie statistiese veld- en demonstrasieproewe kan Philagro bevestig dat veral sonneblom in Suid-Afrika baie goed op EndoMaxx-toedienings reageer. Opbrengsverhogings van meer as 20% is behaal. Hierdie soort verhogings is natuurlik nie dieselfde vir alle gebiede en klimaattoestande nie en sal nie gewaarborg kan word nie.
EndoMaxx word in die plantvoor toegedien teen ‘n dosis van slegs 10 gram per hektaar. Moerbehandelings van aartappels is ook doeltreffend.
EndoMaxx word in gerieflike pakkies van 100 gram bemark en sal tydens 2021 hoofsaaklik deur Laeveld AgroChem en Farmers Agri-Care bemark word.
Raadpleeg ten alle tye die EndoMaxx-etiket vir volledige gebruiksaanwysings. Vir meer inligting oor EndoMaxx, besoek www.philagro.co.za of skakel Bennie Buys by 082 809 5447.
EndoMaxx® (Reg. nr. M200, Wet nr. 36 van 1947), bevat Arbuscular Mycorrhizal Fungi (Rhizophagus irregularis (5625 propagules/g), Claroideoglomus luteum (5625 propagules/g), Claroideoglomus claroideum (5625 propagules/g) en Claroideoglomus etunicatum (5625 propagules/g). EndoMaxx® is ‘n geregistreerde handelsmerk van Mycorrhizal Applications LLC, Grants Pass, OR, VSA.
Philagro Suid-Afrika (Edms) Bpk l Reg. nr.: 98/10658/07 PostNet Suite #378, Privaatsak X025, Lynnwoodrif 0040 Pretoria: 012 348 8808 l Somerset-Wes: 021 851 4163
