Vegetables & Fruit July/August 2021

Page 8

PROMOSIE

‘n Doeltreffender wortelstelsel vir groter opbrengste

Plaaslike proewe met EndoMaxx® op aartappels lewer belowende verhogings in opbrengs.

Beter en doeltreffender wortelstelsels vir plante wat tot groter opbrengste lei is nou binne boere se bereik. EndoMaxx® van Philagro maak dit vir verskeie rygewasse moontlik om beter te presteer.

BENNIE BUYS PHILAGRO

E

ndoMaxx, wat uit vier geoptimaliseerde voordelige mycorrhizae-swamspesies bestaan, word tydens plant toegedien. Die mycorrhizae lewe in ‘n simbiotiese verhouding met die plantwortels, wat die wortelstelsel se doeltreffendheid baie verbeter. Dit lei tot verskeie voordele en maksimaliseer die opbrengspotensiaal. EndoMaxx is 100% ‘n biologiese produk uit die stal van Mycorrhizal Applications (MA) in die VSA, wat reeds van die negentigerjare af ontwikkel en bemark word. Die maatskappy is onlangs deur die Sumitomo Chemical-groep oorgeneem en EndoMaxx word reeds suksesvol in die res van die wêreld aangewend. Onlangse navorsing toon dat die gebruik en gewildheid van mycorrhizae jaarliks aansienlik groei. Wêreldwyd het hierdie mark reeds in 2019 ‘n waarde van ongeveer $268 miljoen bereik. Dit is ‘n natuurlike, organiese produk en die gebruik daarvan word deur owerhede aangemoedig. Dit sluit by die Europese sienswyse aan van ‘n volhoubare organiese (“biorational”) benadering wat doeltreffende beheer en resultate verskaf, grondgesondheid bevoordeel en veilig in die omgewing aangewend kan word.

8

WERKING Die voordelige EndoMaxx-swamme ontwikkel swamdrade, bekend as hifes, wat klein grondruimtes binnedring waar die gewas se wortels normaalweg nie kan bykom nie. Die netwerk hife beteken dat die benutbare worteloppervlak uitgebrei word. Die woord “mycorrhiza” beteken letterlik “swam en wortel” en die ontwikkeling van die swamme gee aanleiding tot ‘n wedersydse voordelige verwantskap tussen die swam en die plant.

VOORDELE • Wortelvolume: Mycorrhiza-swamme vergroot die wortelvolume met tot soveel as 100 of meer. Dit is ‘n aansienlike uitbreiding van die plant se wortelstelsel in die grond wat opname van water en voedingstowwe verhoog. • Voedingstowwe: Mycorrhiza-swamme koloniseer die plantwortels en vergroot die plant se voedingstofopname. • Benutting van water: Mycorrhiza-swamme stel die plantwortels in staat om klein hoeveelhede water wat nie gewoonlik opneembaar is nie, wel op te neem en te benut. • Die hife-netwerk kan water opberg wat vir die wortels toeganklik is. Hierdie netwerk kan in die teenwoordigheid van ’n oormaat water strukture (vesikels) vorm wat water NA BLADSY 10

VEGETABLES & FRUIT | JULY • AUGUST 2021


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.