
4 minute read
Bye se oorlewing ‘n belegging in voedselproduksie en die ekonomie
Byebevolkings daal om verskeie redes, insluitend die aanwending van plaagdoders, droogte, habitatsvernietiging, voedseltekorte, lugbesoedeling en aardverwarming.
Suid-Afrika se vrugtebedryf oorheers landbou-uitvoer. Sitrus, tafeldruiwe en vlesige vrugte soos appels en pere het in 2020 meer as R40 miljard tot die uitvoerinkomste bygedra. Met meer as 50 gewasvariëteite in Suid-Afrika wat staat maak op die bestaan en werk van die heuningby, is die oorlewing van dié belangrike bestuiwer en die winsgewendheid van die vrugtebedryf met mekaar verweef.
DANEEL ROSSOUW
NEDBANK
Byebevolkings daal om verskeie redes, insluitend plaagdoders, droogte, habitatvernietiging, voedseltekorte, lugbesoedeling en aardverwarming. Baie van dié oorsake is onderling verwant en gevolglik is bestuiwingsvereistes van die landboubedryf hoog, veral tuinbou wat swaar op bestuiwing deur heuningbye leun.
Dat dié kwessie getakel word, is veral van kardinale belang vir tuinbougewasse, wat onlangs die sterkste groei ervaar het. Uitvoervolumes van sagte sitrus het van 2011 tot 2020 met 257% gegroei en suurlemoene en lemmetjies met 180% oor dieselfde tydperk. Uitvoer is die primêre aandrywer van tuinbou se groei, wat Suid-Afrika se landbou-uitvoer oorheers. Die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid se jongste berekeninge voorspel groei van meer as 100% van makadamias, avokado's en lemoene teen 2030.
Voeg hierby dat kleinhandelaars en verbruikers in baie van die buitelandse markte toenemend bewus raak van bewarings- en omgewingsboerderypraktyke, en dit is duidelik hoe belangrik dit is om 'n oplossing vir dalende byebevolkings te vind.
Met te min bye om die gewasse te bestuif wat nodig is om die toenemende bevolking te voed, bestee die gemiddelde kommersiële vrugteplaas tydens bestuiwingstyd tussen R700 en R1 100 per byekorf aan die huur van dié belangrike bestuiwers. Dalk moet sommige dié geld bestee word aan die aanplanting van inheemse plantegroei om biodiversiteitbewaringsgebiede uit te brei, voedingsterreine te vergroot
en habitatsverlies te verminder terwyl produksiekoste verlaag word.
Vir Nedbank is volhoubaarheid en rentmeesterskap van natuurlike hulpbronne van groot belang. Hulle het verlede jaar 'n vennootskap met The Bee Effect en Greenpop se Forests for Life deur die Boland Bome-vir-bye-program gesluit om by te dra tot die aanplanting van 36 000 byevriendelike bome teen 2025. Die projek het ten doel om ekosisteme en vervalle inheemse woude in die Wes- en Oos-Kaap te herstel sodat ook klimaatsverandering se invloed verminder word, waterbronne ondersteun word en habitatte vir bye en ander gebruikers daarvan beskerm word.
Die Nedbank Green Trust werk saam met die Wêreldnatuurfonds (WWF) en Living Lands om fynbos vir heuningbyweiding en kritieke habitat vir plaaslike diere en insekte te herstel, veral in die Langkloof-streek in die Oos-Kaap, 'n belangrike landbousone wat bekend is vir appel- en peerproduksie.
Dié inisiatief kan ook help om ander inkomstebronne vir boere in die omgewing te skep, soos heuningbosproduksie vir uitvoer, plaaslike mikro-ondernemings wat verskeie heuningprodukte bemark en geleenthede in ekotoerisme wat help om inkomste in landbougemeenskappe te versprei.
Die ekonomiese voordele hiervan kan nie geïgnoreer word nie: in 2016 het byeboerdery- en heuningbyprodukte en -dienste byna R16 miljard tot die Suid-Afrikaanse ekonomie bygedra, en boonop 180 000 arbeidsgeleenthede. Ongelukkig het plaaslike heuningproduksie in die afgelope dekade met meer as 50% gedaal terwyl die invoer van heuning met tot 1 000% toegeneem het. Projekte soos dié kan help om opnuut in die plaaslike heuningbybedryf te belê. Sodoende hoef Suid-Afrika minder in te voer, meer bestuiwing moontlik te maak en broodnodige plaaslike ekonomiese ontwikkeling aan te wakker.
Afgesien van dié voordele, is die grondslag dat mense afhanklik is van plante, en plante afhanklik is van bestuiwers. 'n Balans moet gehandhaaf word om lewe op aarde te onderhou. Tans is daar geen standaard of erkenning vir byvriendelike boerderypraktyke in Suid-Afrika nie, maar gelukkig is baie boere daartoe verbind om minder chemikalieë te gebruik en gesonde volhoubaarheidsbeginsels op hulle plase toe te pas.

Daneel Rossouw

Kobus Steenekamp 06/06/1972 – 03/07/2021
Kobus Steenekamp, the country commercial lead for Bayer Crop Science in South Africa, passed away on Saturday July 3, 2021 after being hospitalised due to Covid-19 related complications.
“He will forever remain a true legend in the South African agricultural industry and will be missed by all of us at Bayer Crop Science,” says Klaus Eckstein, CEO Bayer Southern Africa.
“Our condolences go out to his wife Pamela, his children, Stéfan, Christiaan, Reinhardt and Clarissa, family, and friends.
“This gentle giant will be remembered for his leadership, friendship and sense of humour. Kobus’ compassion for others and love for his family was at the core of his humanity. His knowledge and expertise in the industry made a lasting impact on the farmers and colleagues he worked with over the decades. We will mourn the loss of this dear colleague and friend for a long time and pray strength and grace upon his family,”
Kobus was born in Brits in the Northwest province. He matriculated in 1990 at Brits High School after which he graduated with a MSc (Agric) from the University of Pretoria and followed with an MBA from the Northwest University.
Prior to joining Monsanto SA where he spent the most of his career, Kobus served in the product development team of Bayer SA. He joined Monsanto SA in 2001 as an agronomist and had various commercial roles focusing on crop protection, biotechnology and seed. He was the country manager of that company from 2011. After the completion of the acquisition of Monsanto, Kobus was appointed as the country commercial lead of Bayer SA, Crop Science division on July 1, 2019.