Vegetables & Fruit July/August 2021

Page 6

Byebevolkings daal om verskeie redes, insluitend die aanwending van plaagdoders, droogte, habitatsvernietiging, voedseltekorte, lugbesoedeling en aardverwarming.

Bye se oorlewing ‘n belegging in voedselproduksie en die ekonomie Suid-Afrika se vrugtebedryf oorheers landbou-uitvoer. Sitrus, tafeldruiwe en vlesige vrugte soos appels en pere het in 2020 meer as R40 miljard tot die uitvoerinkomste bygedra. Met meer as 50 gewasvariëteite in Suid-Afrika wat staat maak op die bestaan en werk van die heuningby, is die oorlewing van dié belangrike bestuiwer en die winsgewendheid van die vrugtebedryf met mekaar verweef. DANEEL ROSSOUW NEDBANK

B

yebevolkings daal om verskeie redes, insluitend plaagdo­ ders, droogte, habitatvernietiging, voedseltekorte, lug­ besoedeling en aardverwarming. Baie van dié oorsake is onderling verwant en gevolglik is bestuiwingsvereistes van die landboubedryf hoog, veral tuinbou wat swaar op bestuiwing deur heuningbye leun. Dat dié kwessie getakel word, is veral van kardinale belang vir tuinbougewasse, wat onlangs die sterkste groei ervaar het. Uitvoervolumes van sagte sitrus het van 2011 tot 2020 met 257% gegroei en suurlemoene en lemmetjies met 180% oor dieselfde tydperk. Uitvoer is die primêre aandrywer van tuinbou se groei, wat Suid-Afrika se landbou-uitvoer oorheers. Die

6

Buro vir Voedsel- en Landboubeleid se jongste berekeninge voorspel groei van meer as 100% van makadamias, avokado's en lemoene teen 2030. Voeg hierby dat kleinhandelaars en verbruikers in baie van die buitelandse markte toenemend bewus raak van bewa­ rings- en omgewingsboerderypraktyke, en dit is duidelik hoe belangrik dit is om 'n oplossing vir dalende byebevolkings te vind. Met te min bye om die gewasse te bestuif wat nodig is om die toenemende bevolking te voed, bestee die gemiddelde kommersiële vrugteplaas tydens bestuiwingstyd tussen R700 en R1 100 per byekorf aan die huur van dié belangrike bestuiwers. Dalk moet sommige dié geld bestee word aan die aanplanting van inheemse plantegroei om biodiversiteitbewaringsgebiede uit te brei, voedingsterreine te vergroot

VEGETABLES & FRUIT | JULY • AUGUST 2021


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.