5 minute read
Aartappelboerdery se inkomste onder erge druk
Aar tappelboerder y se inkomste onder erge druk
Die aartappelbedryf se hoë insetkostestruktuur maak dit besonder kwesbaar en in 2022 sal insetkoste-inflasie na verwagting aartappelprysstygings verbysteek. Dit word verder vererger deur die rol wat binnelandse faktore speel in onbestendige pryse, wat dikwels daartoe lei dat pryse van internasionale siklusse afwyk.
Mariana Purnell
MEDEWERKER
Modelle wat finansies op plaasvlak naboots is nuttig om die uitwerking van stygende insetkoste op die winsgewendheid van aartappelprodusente te evalueer. Volgens dr Tracy Davids, BFAP Bestuurder van Kommoditeitsmarkte by die Bureau vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP, Bureau for Food and Agricultural Policy) kan hierdie modelle help om die potensiële gevolge te bereken, gelykbreekvlakke en alternatiewe projek sies te verstaan en om die uitwerking van spesifieke ingrypings te demonstreer.
Vir die BFAP se vooruitskouing in die volgende 10 jaar tot en met 2031 het dr Davis twee prototipe-aartappelplase in die Oos-Vrystaat (droëland) en Sandveld (besproeiing) ontleed om die koste-effek op plaaswinsgewendheid na te boots en die potensiële uitwerking te toon in ’n projeksie waar plaashekpryse daal. Dit is belangrik om daarop te let dat die ontleding die finansiële simulasieresultate van ’n prototipe plaas in die Oos-Vrystaat en Sandveld verteenwoordig en nie ’n gemiddelde is vir hierdie streke nie. Wisselvallighede in opbrengs, prys, insettoekenning en koste sal van plaas tot plaas verskil en behoort in ag geneem te word.
In 2020 was die wêreldwye aartappelproduksie 359 miljoen ton met Oekraïne (20,8 miljoen ton, 5,8%) en Rusland (19,6 miljoen ton, 5,5%) onder die top aartappelprodusente en -verbruikers (FAOSTAT, 2022). Weens onsekere tye as gevolg van die voortslepende oorlog in die Swartsee-streek het dr Davids ’n vooroorlogse en voor-COVID-era vergelyk met die huidige toestand waar hoë insetkoste aan die orde van die dag is. Die prototipe boerderye volg 'n heelplaas-benadering wat direkte uitgawes behels, asook oorhoofse koste, insluitend koste van finansiering en skuldterugbetalings.
Oos-Vrystaat Die modelle vir die prototipe Oos-Vrystaatse plaas (Figuur 1) toon dat direkte uitgawes met R28 000 per hektaar sal toeneem, vergeleke met 2020. Dit verteenwoordig ’n styging van byna 40%. In 2020 het kunsmis 12% tot die totale direkte koste bygedra, maar met die onlangse stygings sal hierdie aandeel tot bykans 20% in 2022 toeneem.
Met ’n tendens in opbrengs van ongeveer 31 ton per hektaar, is die gelykbreekprys vir direkte uitgawes in 2022 meer as R3 200 per ton (R32,00/10 kg sak). Weens die stygings in die koste van insetmiddele toon die indeks in 2022 ’n netto afname in plaasinkomste (van 100 in 2021 tot 46 in 2022). ’n Projeksie word ook aangebied indien die prys vir vars aartappels daal tot by vlakke voor die oorlog en COVID, waar dit gewissel het tussen R32,20/10 kg sak en R34,70/10 kg sak. In hierdie projeksie word bo-koste ook verreken en die ernstige uitwerking op plaaswinsgewendheid is duidelik uit die grafiek.
Sandveldstreek Die ontleding vir die Sandveldstreek (Figuur 2) toon dat direkte insetkoste in die meer intensiewe insetstelsels van besproeiingsprodusente in 2022 met bykans R55 000 per hektaar sal styg, relatief tot 2020. Dit is ’n toename van 34%. Onder die huidige basislyn sal netto boerdery-inkomste onder erge druk wees, met die indeks wat nul nader. Indien die streeksprys vir vars aartappels tot vooroorlogse en COVID-vlakke daal (gemiddeld R40,62/10 kg sak) vanaf 2022 tot 2025, sal netto plaasinkomste aansienlik daal en negatief wees.
BFAP meen Suid-Afrika se aartappeloppervlakte sal na verwagting in 2022 met 4,7% tot 49 900 hektaar afneem, ondanks ’n jaarlikse verhoging van 4,1% in die nominale prys tot R49,69 per sak van 10 kg. Dit sal na verwagting in 2021 ’n afname van 2,8% van 2,6 miljoen ton in produksie teweegbring tot 2,5 miljoen ton in 2022. Die korttermyn-afname in oppervlakte kan toegeskryf word aan die toename in insetkoste wat aartappelprodusente in 2021 en 2022 in die gesig staar. Brandstof en kunsmis behels gemiddeld 25% van produsente se insetkoste.
Dr Davis projekteer dat die oppervlakte onder aartappels oor die komende dekade sal uitbrei sodra wêreldwye insetmarkte begin normaliseer, om teen 2031 byna 3 miljoen ton op 51 400 hektaar te lewer. Die nasionale gemiddelde opbrengs kan teen 2031 57,5 ton per hektaar bereik, weens gemiddelde jaarlikse opbrengsverbeterings. Sodanige op-
OOS-VRYSTAAT Figuur 1. Finansiële modelle illustreer die bykomende direkte koste per hektaar vir die Oos-Vrystaatse droëlandplaas as gevolg van die onlangse stygings in insetkoste. Die grafiek aan die linkerkant vergelyk die toename in direkte koste in 2021 tot 2023, relatief tot 2020. Die grafiek aan die regterkant illustreer die netto plaasinkomste-indeks (basis = 2021 = 100).
SANDVELDSTREEK Figuur 2. Finansiële modelle vir die Sandveldstreek bied ’n soortgelyke ontleding as by die Oos-Vrystaatse droëlandplaas om die uitwerking op besproeiingsprodusente te illustreer, tipies geassosieer met ’n meer intensiewe insetstelsel (basis = 2020 = 100).
brengsverhogings word hoofsaaklik aangespoor deur kultivarontwikkeling, verbeterde produksiepraktyke en beter gewasbeskermingsprodukte.
Uit ’n verbruiksperspektief het die vraag afgeneem en dit sal na verwagting in 2022 tot 2,38 miljoen ton daal. Die versnelde afname in verbruik weerspieël beperkings in verbruikersbe steding en word vererger deur stygende pryse. Gedurende die vooruitsigtydperk gaan die totale verbruik na verwagting toeneem om 2,64 miljoen ton teen 2031 te bereik, aangespoor deur 'n toename van 1,3% in vars verbruik, 1,6% in verwer king en konstante saadgebruiksvolumes as gevolg van die redelik stabiele area. 29
G ro en gou d .
SKANDEER VIR VIDEO O P B R E N G S V E R B E T E R I N G
+24%
12.83 t/ha
10.34 t/ha
Kontrole Kelpak® x2
RANDWAARDE
+34.7%
R69 677/ha
Kontrole Kelpak® x2