10 minute read
Nethuisstrukture: nie ‘n towerstaf vir verhoogde produksie nie
‘n Basiese nethuisstruktuur met goeie bestuurspraktyke.
Nethuisstrukture: Nethuisstrukture:
nie ‘n towerstaf vir verhoogde produksie nie
Die weer is seker die onderwerp waaroor die meeste gepraat word. Almal word skielik kundiges wanneer hierdie onderwerp ter sprake kom en elke persoon het ‘n storie om te vertel oor die invloed van die weer op sy of haar lewe. Die weersomstandighede verander ons gedrag en bepaal grootliks wat ons doen en hoe ons dit doen.
Johan Stronkhorst en Carmen Scholtz
SAKATA
As mense kan ons gelukkig warmer aantrek wanneer dit koud is, die lugversorger aanskakel wanneer dit te warm is, of binne die huis bly wanneer dit reën. Wanneer ons egter nie die opsie het om ons omstandighede te verander nie, besef ons die ongemak wat die weer kan veroorsaak en sal ons vinnig begin kla indien dit te warm, te koud of te nat is.
Dit is om hierdie rede dat ons moet besef plante word ook deur weersomstandighede beïnvloed. Plante wat geplant word of sade wat gesaai word in ‘n spesifieke gebied, kan nie verskuif word nie. Net soos mense nie optimaal kan funksioneer wanneer die omstandighede nie ideaal is nie, word plante ook negatief beïnvloed deur negatiewe klimaatsomstandighede.
Produsente begin dus toenemend strukture oorweeg om plante teen die uiterstes van die natuur te beskerm, soos teen sonbrand, windskade en hael. Nethuisstrukture is ‘n gewilde opsie vir produsente, omdat dit ‘n omgewing skep waarbinne plante kan groei en optimaal produseer. In baie gevalle kan gewasse oor ‘n langer tydperk in nethuise groei as in die oop land en verder verleen dit beskerming en kan as ‘n opleistruktuur dien.
Nethuisstrukture bied ook verskeie voordele vir plante, waarvan die skadu-effek seker die belangrikste is. Skadunet beskerm plante teen die son en veral ultravioletbestraling.
Skadunetstrukture bestaan gewoonlik uit tussen 10% en 40% skadunet. Verskeie kleure kan gebruik word, hoewel grys of wit geweefde nette die algemeenste is. Indien verskeie gewasse onder die strukture verbou gaan word, is ‘n skadunet van 20% ‘n goeie keuse.
Tamaties en rissies verskil in verskeie opsigte van mekaar en rissies kan onder ‘n digter skadunet verbou word as tamaties.
Goeie vrugset van gesonde tamatieplante in ‘n nethuisstruktuur.
Indien tamaties se persentasie netskadu te hoog is, kan die plante se internodes te lank raak. Dit maak die bestuur van die plante moeiliker, dit kan meer arbeid vereis en ook ‘n negatiewe uitwerking hê op die plante se vrugset, wat ‘n laer opbrengs tot gevolg het. Voordele en uitdagings Ander voordele van skadunetstrukture sluit die volgende in: • Dit verminder windbeweging binne die struktuur en kan die tekort aan dampdruk verminder. Dit beteken dat plante gedurende die dag langer fotosinteer, wat tot hoër opbrengste en beter uitpakpersentasies lei. • Dit kan die plant en grond se waterverbruik en verdamping verminder. • Plante word teen hael beskerm. Indien die struktuur goed ontwerp is, kan die struktuur sélf ook minimale haelskade opdoen. • Skadunet kan voordelig wees ten opsigte van grondtemperature. Laer grondtemperature lei daartoe dat grond-organismes en organiese materiaal nie so vinnig afgebreek word nie – grondsiektes en die afbreek van weerstand deur, onder meer, nematodes, kan dan ook kleiner probleem wees.
Skadunetstrukture kan egter ook verskeie uitdagings skep vir produsente: • Skadunetstrukture hou nie insekte uit nie – inseknette kan wel gespan word, maar selfs dan verseker dit nie algehele uitsluiting nie. • Die omstandighede waarin plante groei beïnvloed die plante. Plante wat onder gunstige omstandighede groei kan weens laer lig en temperature sagter wees. • Nethuisstrukture verminder lugbeweging, wat kan lei tot
NA BLADSY 24 23
VAN BLADSY 23
die verhoging in humiditeit – dit kan weer lei tot hoër siektedruk. • Met ‘n vaste struktuur, wat nie rondgeskuif kan word nie, is dit belangrik dat gewasrotasie steeds bestuur moet word.
Tamaties en rissies is nie goeie rotasiegewasse nie, terwyl boontjies en brassicas beter doen. Verskeie kruie kan ook suksesvol onder nette verbou word - die kwaliteit en smaak is goed. Gewasrotasie Gewasrotasie is ‘n baie belangrike onderwerp vir produksie onder enige strukture waar dieselfde area jaar vir jaar gebruik word. Om probleme met plae en siektes in die grond so ver as moontlik uit te skakel en om minerale in die grond te herstel, word aanbeveel om nie gewasse van dieselfde familie binne ‘n tydperk van drie tot vier jaar op dieselfde stuk grond te verbou nie.
Vir verbouing onder ‘n permanente struktuur soos skadunetstrukture waar die spasie beperk is, is dit baie belangrik om gewasse met die korrekte plantfamilies vir optimale produksie te roteer. Gewasse van die Solanaceae-familie (tamaties, rissies en eiervrug) neem baie voeding uit die grond en moet dus geroteer word met gewasse wat voedingstowwe in die grond aanvul.
Swak higiëne in die struktuur lei tot groter probleme.
Kenmerkend van peulgewasse is dat hulle stikstof in die grond “terugsit” en die balans van voedingstowwe in die grond kan verbeter. Rankbone is ‘n baie goeie keuse vir die produsent om tussen aanplantings in te sluit, om die volgende redes: • Rankbone het ‘n vinnige groeisiklus van 60 tot 65 dae van saai tot oes. • Gesonde plante kan oor ‘n verlengde tydperk van tot twee maande geoes word. • Produksiegebiede met subtropiese wintertemperature kan groenbone oes wanneer die markpryse hoog is. • Siektes wat onder die Solanaceae-familie voorkom het geen invloed op peulgewasse nie. • Minder insetkoste, deurdat die groenbone stikstof terugplaas in die grond wat deur die volgende gewas gebruik kan word.
Gesonde grond verskaf die korrekte balans tussen noodsaaklike voedingstowwe, water, suurstof en mikro-organismes wat gesonde wortelontwikkeling, plantegroei en uiteindelik optimale oeste tot gevolg het.
Wenke vir die oprigting van skadunetstrukture • Die oprigting van skadunetstrukture is ‘n groot ekonomiese oorweging - begin eerder klein, maar met die beste kwaliteit. • Kontak verskillende verskaffers van skadunet en maak seker dat die verskaffer betroubaar is. Baie nette word vir buitelandse klimaatstoestande ontwikkel en die Suid-Afri-
Onaanvaarbare groei van onkruid in die nethuisstruktuur.
kaanse son en veral UV-strale veroorsaak dat die skadunet slegs ‘n beperkte leeftyd het. Die meeste produsente begroot om nette elke 10 jaar te vervang. • Maak seker die netstruktuur is hoog genoeg sodat masjiene binne kan beweeg. Indien moontlik moet nette kan oprol sodat implemente kan deurbeweeg. • Oplei-strukture moet verkieslik nie aan die netstruktuur verbind wees nie. Die plante kan tydens reën swaar word en die nethuis tydens ‘n storm omtrek. • Probeer om grond in die nethuis so gelyk as moontlik te maak of maak seker dat geen versuipkolle in die nethuis ontstaan nie. • Sorg dat die strukture gereeld deeglik geïnspekteer word om die uitbraak van siektes en insekte betyds te beheer. • Verdeel die strukture in blokke, indien moontlik, sodat verskillende aanplantings afsonderlik bestuur kan word. • Probeer om so lank as moontlik in die grond te plant – dit bied meer moontlikhede om voedingstowwe aan plante te voorsien en dit verhoog ook opgaring vir die wortels. • Hou die gebied binne en buite die nethuise so skoon as moontlik deur alle onkruid te verwyder – onkruid dien as gashere vir insekte. • Sekere chemiese middels kan ‘n invloed hê op nette se leeftyd – bespreek hierdie punt met verskaffers voor die toediening van hierdie middels.
Skadunetstrukture is nie ‘n towerstaf om die produsent se probleme op te los nie. Dit verg deeglike kennis om die bestuur só aan te pas dat die uitwerking die grootste moontlike voordeel vir die produsent sal inhou.
VRYWARING: Die inligting in hierdie artikel is op Sakata se waarnemings gebaseer en/of op inligting van ander bronne. Aangesien gewasprestasie afhang van die interaksie tussen die saad se genetiese potensiaal en fisiologiese eienskappe en die omgewing, insluitend bestuurspraktyke, gee Sakata geen uitdruklike of geïmpliseerde waarborg vir gewasse se prestasie in verhouding tot die gegewe inligting. Sakata aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige direkte of indirekte verlies wat te wyte aan enige oorsaak mag ontstaan nie. Lees eers Sakata Seed Southern Africa (Pty) Ltd se verkoopsvoorwaardes voordat saad bestel word.
F E RTA S A , G E S E RTIFIS E E RDE G E L O O FWA A R DI G HE I D
KE RN F U N K SIES
Ÿ B e v o r d e r a k t i e f d i e a g r o -e k o n o m i e s e e n o m g e w i n g s v e r a n t w o o r d e l i k e k u n s mis ,- e n a gl i m e- pr ak ty k e;
Ÿ O n t w i k k e l ' n p o s i t i e w e p u b l i e k e b e w u s t h e i d e n a a n v a a rdi ng v a n d i e behoefte a a n k u n s m i s , b i o- k uns m i s en l a n d b o u k a l k - g e b r u i k i n v o e d s e l pr oduk s i e;
Ÿ Ve rb e te r di e bedr y fs om gew i ng w a a r b i n n e s y s a m e s t e l l e n d e n y w e rh e d e funk s i oneer i n 'n g e e s v a n v r y e onder nem i ng en b i l l i k e h a n d el ;
Ÿ A s s i m i l e e r, v oeg w aar de toe tot e n v e r s p r e i k u n s m i s , b i o -k u n s m i s e n l a n d b o u k a l k v e rw a n te i n l i gti ng;
Ÿ Vo o rs ie n 'n g es pr ek s for um v i r s y l e d e e n ander p ar ty e oor al l e a s p e k t e wat v e r band hou m et k u n s m i s , b i o - k u n s m i s e n l a n d b o u k a l k v e r s p r e i d i n g , a g r o n o m i e s e a d v i e s e n p r od u k k wa l i tei t.
O N S S TA A N VIR D I E B E S K ER M IN G VAN DI E VOL H OU B A R E G EBR U IK VA N K U N SM IS
F er t as a e n sy led e is verb in d t ot d ie b e v o rd erin g van v ol h o u b a re g ro n d vr u g b aarh eid e n v e rb e te rd e p lan t vo ed in g .