Cheers Vol. 47 Mar / Apr 2020

Page 46

SWART FLUWEEL TEKSTUUR, DIE GEVOEL VAN IETS – OF DIT MET DIE HAND SE STREEL OF DIE TONG SE SLUK IS – WORD BAIE ONDERSKAT. MAAR MENG TEKSTUUR MET GEUR OF SMAAK EN DIS ’N WENKOMBINASIE.

S

ynde van Ierse afkoms is die bier in my glas gewoonlik swart eerder as goudbruin. Vir ons halfgebakte Iere is Guinness, die dop met die gitswart lyf en die romerige wit skuimkroon, meer van ’n noodsaaklikheid en voedingsbron as ’n partytjie-genoot. En daardie diep, ryk geur van geroosterde mout is sommer ook gepas in die kombuis waar dit as bymiddel menige gereg aanvul. Maar voor daar by die spyse uitgekom word, neem tog hierdie Guinness-drankie ter harte: neem ’n bierglas en maak hom halfvol met Cap Classique-vonkelwyn of, as jy in ’n uitspattige staatsgekaapte bui is, Franse sjampanje. Top nou die glas op met yskoue Guinness. Die mengsel staan as Black Velvet bekend, en is ’n rojale manier om jouself te bederf en te bewys dat jy – die Guinness-drinker – darem ook jou wyn waardeer. As daar met Guinness gekook word, gaan die gereg sielskos wees, dis nou maar so. En hoewel die Walliesers die Welsh Rarebit hul eie gemaak het, word hierdie gereg danksy ’n skeut Guinness vervolmaak.

Neem ’n bierglas en maak hom halfvol met Cap Classiquevonkelwyn of, as jy in ’n uitspattige staatsgekaapte bui is, Franse sjampanje. Top nou die glas op met yskoue Guinness. Die mengsel staan as Black Velvet bekend, en is ’n rojale manier om jouself te bederf en te bewys dat jy – die Guinness-drinker – darem ook jou wyn waardeer.

44 w w w .t o p s a t s p a r. c o . z a

Emile Joubert is a PR practitioner by profession, but a food and wine enthusiast by desire. Check out his blog: www.winegoggle.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.