3 minute read

IRISH EYES

Next Article
SPIRIT NAMES

SPIRIT NAMES

SWART FLUWEEL

TEKSTUUR, DIE GEVOEL VAN IETS – OF DIT MET DIE HAND SE STREEL OF DIE TONG SE SLUK IS – WORD BAIE ONDERSKAT. MAAR MENG TEKSTUUR MET GEUR OF SMAAK EN DIS ’N WENKOMBINASIE. S ynde van Ierse afkoms is die bier in my glas gewoonlik swart eerder as goudbruin. Vir ons halfgebakte Iere is Guinness, die dop met die gitswart lyf en die romerige wit skuimkroon, meer van ’n noodsaaklikheid en voedingsbron as ’n partytjie-genoot. En daardie diep, ryk geur van geroosterde mout is sommer ook gepas in die kombuis waar dit as bymiddel menige gereg aanvul.

Advertisement

Maar voor daar by die spyse uitgekom word, neem tog hierdie Guinness-drankie ter harte: neem ’n bierglas en maak hom halfvol met Cap Classique-vonkelwyn of, as jy in ’n uitspattige staatsgekaapte bui is, Franse sjampanje. Top nou die glas op met yskoue Guinness. Die mengsel staan as Black Velvet bekend, en is ’n rojale manier om jouself te bederf en te bewys dat jy – die Guinness-drinker – darem ook jou wyn waardeer.

As daar met Guinness gekook word, gaan die gereg sielskos wees, dis nou maar so. En hoewel die Walliesers die Welsh Rarebit hul eie gemaak het, word hierdie gereg danksy ’n skeut Guinness vervolmaak.

Neem ’n bierglas en maak hom halfvol met Cap Classiquevonkelwyn of, as jy in ’n uitspattige staatsgekaapte bui is, Franse sjampanje. Top nou die glas op met yskoue Guinness. Die mengsel staan as Black Velvet bekend, en is ’n rojale manier om jouself te bederf en te bewys dat jy – die Guinness-drinker – darem ook jou wyn waardeer.

Emile Joubert is a PR practitioner by profession, but a food and wine enthusiast by desire.

Check out his blog: www.winegoggle.co.za

BESTANDDELE VIR VIER PORSIES, OF TWEE AS DIE MENSE HONGER IS: 2 eetlepels botter 2 eetlepels meel 1 teelepel mosterd – Dijon eerder as Hot English 1 teelepel Worcester-sous ½ teelepel sout ½ teelepel varsgemaalde swartpeper ½ koppie Guinness ¾ koppie room 1 ½ koppies gerasperde cheddarkaas 3 druppels Tabasco-sous 4 snye geroosterde brood – rog is veral lekker.

DIE TEGNIEK IS NIE TE VEELEISEND NIE 1 Plaas ’n kleinerige kastrol op ’n plaat wat lig-warm is en smelt die botter daarin. Roer die meel deur die gesmelte botter en hou aan roer vir 2 tot 3 minute om die meel gaar te kry, maar moenie dat dit bruin raak nie. 2 Voeg die mosterd, Worcester-sous asook sout en peper by, en roer of klits totdat dit ’n sysagte beslag vorm. Roer die Guinness deur als, en dan die room. Wanneer dit gemeng is, laat die kaas geleidelik in die beslag val en roer aanhoudend totdat dit in die heerlikheid ingesmelt is. Dit gaan sowat 4 tot 5 minute neem. 3 Drup jou Tabasco by, kry die roosterbrood gereed en skep vir jou ’n ruim laag van hierdie heerlike beslag oor elke stuk brood. Smul.

1 Kap die knoffel en die ui baie, baie fyn en plaas in ’n mengbak. Doen dieselfde met die dragon en pietersielie, en sit by. En dan die Worcester-sous, mosterd, Guinness, sojasous en die ander geurmiddels. Roer als mooi deur. Dis donker, en blink. Mooi. 2 Laat die mengsel teen kamertemperatuur staan vir sowat ’n uur – die geure moet mekaar leer ken. 3 As jy varksnitte gaan braai, laat die snitte in die marinade lê vir 4 tot 12 uur.

Hoender, sowat 2 tot 6 uur. 4 Haal vleis uit en neem stelling in by die braaiplek. 5 Voeg nog ’n koppie Guinness by die oorblywende marinade. Terwyl daar gebraai word, bedrup die sous sorgvuldig oor die vleis. 6 Hou koue glase Guinness byderhand om te sorg daardie tikkie Ierse geluk bly behoue.

’N SOUSIE

As daar van Guinness, Ierland en die koue Noorde gepraat word, is braaivleis gewoonlik onderaan die lys van besprekingspunte. Watwou – daai getroue swartbier maak ’n voortreflike marinade en bedruipsous vir die braai van veral vark en hoender.

NEEM: 1 koppie Guinness 4 huisies knoffel 2 eetlepels sojasous ½ ui 1 eetlepel Worcester-sous 1 eetlepel mosterd, Dijon of Amerikaans 1 teelepel dragon 1 teelepel pietersielie 1 teelepel sout 1 teelepel varsgemaalde swartpeper

This article is from: