Cheers Vol. 31 July / Aug 2017

Page 42

THE WHISKY ISSUE

HULLE SÊ DIT IS DIE BELANGRIKSTE MAALTYD VAN DIE DAG. KOOLHIDRATE IS NIE MEER ‘KOEL’ NIE EN DIE SUIKER IS DEESDAE OOK NIE GOED VIR MENS NIE. NOU WAT DAN? SOOS GEWOONLIK, HET EMILE JOUBERT ’N PAAR GOEIE VOORSTELLE.

Drie

ONTBYT HAPPE vir homo sapiens

D

ie buitelug is eenvoudig net nie gemaak vir muesli-, Cocoa Popsof jogurt-eters nie. Nee, hier moet jy ordentlik brêkfis om krag te kry vir die dag se stap, hengel of ry wat voorlê. ’n Stewige ontbyt word ook veral benodig as jy en jou trawante tot diep in die nag onder die sterre gesit en uitgebreide gesprekke oor wêreldsake genuttig het. Begin die dag met een van die volgende:

1 VISTERMANSMOOR

Ek is tot hierdie een gedwing omdat die visse wat ek deesdae vang so groot is dat selfs ’n stewige groep mense nie al die vorige aand se gebraaide vis kan opeet nie. Bêre dus die gebraaide galjoen, steenbras, geelstert of kabeljou en maak die volgende oggend ‘n visontbyt. (VIR VIER HOMO SAPIENS HENGELARUS) 4 groot koppies vol koue gebraaide vis, in vlokkies gebreek met die hand 1 groot soetrissie, ontpit en fyngekap 1 groterige ui, afgeskil en fyngekap 2 middelslag vars tamaties, fyngekap 2 eetlepels mayonnaise Paar skeute Tabasco (sterk)

40

w w w. t o p s a t s p a r. c o . z a

Eetlepel kookolie. ½ teelepel sout ½ teelepel swartpeper ½ teelepel suiker 1 Braai ui en soetrissie stadig in groterige pan totdat die ui deurskynend is. Voeg tamatie by en kook totdat tamatie sag is. Kook sous af as dit te lank is. 2 Voeg vis by en roer deur. Prut als vir 10 minute. Laat looi met die mayonnaise, sout, peper en suiker. Roer deur en prut vir minuut of twee om te sorg als is lekker warm. Spuit met Tabasco. Bedien saam met hompe vars gebotterde bruin brood – en vir die res van die dag gaan dit nie net jou lyn wees wat styf is nie. WENK: Maak ryker, dikker en rooier deur ‘n klein blikkie tamatiepasta in te roer net nadat jy die vis bygegooi het. En as jy rêrig mal te kere wil gaan, gooi ‘n paar olywe en kappertjiesade (capers) by.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.