Cheers Vol. 46 Jan / Feb 2020

Page 52

Emile Joubert is a PR practitioner by profession, but a food and wine enthusiast by desire. Check out his blog: www.winegoggle.co.za

FIËSTA-FEES TEQUILA HET WURMS IN – EN MEKSIKAANSE KOS BESTAAN UIT NACHOS, TACOS EN TAMALES. OF HOE?

H

ier aan die suidpunt van Afrika het ons ongelukkig ’n verwronge idee van Meksikaanse kos – net soos die meeste ander lande wat dink dat als brand-sterk moet wees en in ’n wrap toegedraai word voordat jy dit met ’n stewige dop tequila wegsluk. Meksikaanse kos is lig, geurig en gesond. Maar bowenal vars. Gesiene dat die land ’n helse lang kuslyn het is seekos volop en heerlik. Een van die lekkerste visbraaie wat hulle doen is die sarandeado – warm kole, gevlekte vis, baie geur. Diegene wat die deugde van ’n vars vis oor die kole ken sal gaande wees oor hierdie manier wat al die basiese beginsels bevat, maar ietsie anders, ietsie Meksikaans. Jy benodig: Een heel vis soos geelstert, geelbek of kabeljou. Kop aan. 5 suurlemoene waaruit jy 1½ tot 2 koppies sap kan druk I middelslag brandrissie – verkieslik serrano 2 eetlepels Worcestersous ½ teelepel swart peper ½ teelepel sout Metode 1 Vlek die vis langs die ruggraat af sodat hy mooi oopflap. Of kry jou visverkoper om dit te doen. Sny deur die kop – daar is heerlike vleiserige, vetterige goed in die kop.

50 w w w .t o p s a t s p a r. c o . z a

2 In jou voedselverwerker meng jy die rissie met die suurlemoensap. 3 Sit jou vis in ’n oop, vlak houer met genoeg ruimte om die hele vis te hanteer – en sit dit velkant onder. Gooi die suurlemoen- en rissiesap bo-oor die vis, sowel as die Worcestersous, sout en peper. Laat die vis vir 30 minute in die mengsel lê. 4 Verplaas die vis na jou toeklaprooster en sit oor matig-warm kole. Braai die vleiskant eerste vir 2, 3 minute om kleur te kry. Draai dan so heen-en-weer om vir 20 tot 25 minute – afhangende van hoe warm jou kole is. Bedrup met die mengsel wat in die bak oorgebly het. Die vis is gaar wanneer hy maklik van die graat wegtrek en nie te droog is nie – maar dit weet jy! As die vis reg is, bring tafel toe en bedien met koolslaai en skywe suurlemoen. *** Oukei, wat sal iets oor Meksiko wees sonder ’n wrap? Een van die buitelugkok se grootste begeertes, naas ‘n draagbare skottelgoedwasser, is om koel te wees. Soos om kos te maak wat ook as byderwets en modern gesien kan word. Dit help ook veral om sulke geregte uit te haal nadat die kinders dreig om ná twee weke se braai en potjiekos jou van kinderverwaarlosing aan te kla. Dra dus altyd ’n paar wraps saam. Dis nou sulke ronde plat en eetbare pannekoek-goed. Die Indiërs het roti.

Suid-Afrika circa 2019 het wraps. Jy koop dit by al wat ‘n supermark is, en in hul pakkie verseël hou hulle maande. Hierin draai jy (“wrap”) kos toe en eet dit met jou hand. Dis maklik, eenvoudig, lekker en wat kan meer hip, cool en happening wees as ’n wrap met modieuse volstruisvleis? Vat so: (Vir een cool dude) 1 wrap 1 gebraaide volstruissteak (warm of koud) Paar skywe tamatie 1 blaarslaai Paar stukke komkommer Mayonnaise na smaak Maak so: 1 Sit die wrap in ’n warm pan vir so een minuut aan elke kant. Net om hom wakker te maak. Plaas wrap op tafel. Sny die volstruisteak in skywe en pak op die wrap. Voeg tamatie, komkommer en blaarslaai by. Ander goed soos kaas, rissies, uie, knoffel, soetrissies, ens, ens kan ook binne-in die wrap geplaas word, aangesien jong mense mos in elk geval maak nes hulle wil. 2 Vou die wrap toe sodat jy ’n pakkie smaak, kleur en geur het. Hap laat dit klap, en hou servette byderhand. En dis nou ’n wrap.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.