®
www.buildersdiscount.co.za Hoofnuus
Besware help niks Grondsaak deurgevoer ondanks petisies BLADSY 2
Totsiens ‘Meneer Jan’
BLADSY 3
Vyf dae sonder water Groot dele van dorp vir langer as vyf dae kurkdroog BLADSY 6
R5.00
3 Augustus 2012
NOUE ONTKOMING(S) Die Pos se fotograaf amper twee keer wildskos Die laaste foto (hooffoto) wat Herman Steyn (inlas) van Pea Brain, ’n seekoeibul, geneem het voordat die dier hom vererg het en uit die water gestorm het. Op die inlas lê Steyn se kamera verlate op die houtdek by ’n oord in die Laeveld nadat ’n luiperdwyfie hom probeer bykom het. Die luiperd het twee keer teen die draadversperring vasgespring.
Keina Swart Die Pos se bekroonde fotograaf, Herman Steyn, was binne 24 uur byna luiperd- én seekoeikos — en dit net alles om ’n goeie foto te kry. Wat veronderstel was om ’n fotografie-uitstappie saam met ander entoesiastiese fotomaats te wees, het byna in ’n tragedie geëindig toe Steyn eers onwetend ’n luiperdwyfie met ’n kleintjie vies gemaak het, en net die volgende dag deur ’n woedende seekoeibul bestorm is. Met die weghol-slag van die seekoei af het Steyn albei sy dyspiere geskeur en geval. Die seekoei het tot by hom gestorm met ’n oop bek, waar hulle “mekaar in die oë gekyk het” voordat die dier skielik omgeswaai het en terug water toe is. Steyn was saam met ander fotograwe by die Arathushalodge by die bekende Sabi Sands-reservaat in die Laeveld. Die lodge behoort aan me. Joan Griessel van BelaBela. Steyn, wat steeds eina-eina loop ná die vallery, het die afgelope week aan Die Pos vertel hulle was die betrokke oggend uit en met hul aankoms by die kamp, het die tuinier gesê daar is ’n luiperd in die omgewing met minstens een kleintjie. Kort daarna het sy mede-fotograwe van die kombuis se kant van die lodge geroep dat hulle die luiperd gewaar het. Steyn is voor uit op die dek, waar hy sy oë geskil het vir die luiperd. Die volgende oomblik het die luiperd links van hom onder die dek uitgekom en na hom toe gespring. Sy het teen die draadversperring vasgespring en Steyn het geretireer. Toe sy vir die tweede keer teen die draad vasspring, het hy sy kamera gelos en na die binnekant van die lodge laat spaander. “Ek het eers báie later, báie versigtig uitgekom en báie vinnig my kamera opgetel,” het ’n verleë Steyn vertel. Eers later die aand het hulle die geskree van een of
twee kleintjies gehoor en besef dat die luiperd haar kleintjies onder die dek “bêre”. Vroeër was daar ’n swembad en die dek is bo-oor die gat gebou — die perfekte wegkruipplek vir ’n katfamilie. Die volgende oggend is die groep na ’n nabygeleë dam vir ’n koffietjie. Die seekoei, met die naam Pea Brain, woon al jare in dié dam. Steyn het foto’s geneem, maar toe hy sien dat “die son nie reg is nie”, het hy ’n ent om die dam gestap met sy kamera. Hy het by die water gehurk om beter skote te kry toe die drama begin. “Die seekoei het stadig nader geswem, maar deur die lens lyk alles mos maar groot,” het hy aan Die Pos gesê. Eers toe een van sy fotograafmaats skree, het hy die kamera weggeneem en gesien hier kom moeilikheid. “Toe ek begin hol, was hy nog in die water, maar toe
ek omkyk, was hy heeltemal uit en op volle vaart. Ons albei was. Maar ek moet erken: hy was vinniger as ek.” Steyn het gevoel hoe sy dyspiere skeur en hy het neergeslaan. Die vallery het die seekoei waarskynlik onkant gevang. Steyn sê die dier het tot by hom gekom, hom in die oë gekyk en sy bek oopgerek. Toe draai hy om en storm terug water toe. Steyn se vriende meen die val het sy lewe gered, want dit het die seekoei verwar. Steyn kon vir drie dae ná die voorval skaars loop. Volgens Steyn, wat al twee keer bekroon is as die gemeenskapspers se Fotograaf van die Jaar (nasionaal en Namibië) besef hy hy was dalk onverantwoordelik, veral met die seekoei-voorval. “Dis wilde diere. ’n Mens vergeet dit maklik. Veral as jy ’n kamera vashou.”
DIESEL
? Tel (014) 717 4000
Ladies & Gents Hairstylists Pick ’n Pay sentrum, Winkel 6, Nelson Mandela straat,
Nylstroom
HEAD OFFICE — BELA-BELA: (014) 736 2723 FAX: (014) 736 3428 ADV: 082 461 4011
MODIMOLLE— NEWS: (014) 717 1776 ADV: (014) 717 1774/082 421 4429 FAX: (014) 717 2191
NABOOM: 083 928 5933/(014) 743 1879 VAALWATER: 076 032 9661
ADS: diepos@icon.co.za. NUUS: dieposnuus@icon.co.za diepos-nylstroom@icon.co.za. WEBSITE: diepos.linmedia.co.za