BESTE PLAASLIKE KOERANT - LiN Media-toekennings vir 2015 Dief helderoordag in veearts se woonhuis betrap Polisie waarsku teen indiensneming van onwettiges
2 14
6 ®
10 April 2015
R6.00
Druk verkeer oor Paasnaweek
Pa dood in nóg ’n aanval sleutels, is weg. Die kluis is met kraggereedskap oopgesny en net daar gelaat. Ons kon nog nie vasstel wat uit die kluis verwyder is nie,” het ’n ontstelde Divan aan Die Pos vertel. Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder in Limpopo, het aan die media gesê dat ’n plaaswerker, Charles Chikaz, intussen spoorloos verdwyn het. Chikaz word deur die polisie gesoek vir ondervraging. Luidens ’n boodskap wat Bossie se skoondogter Annelize Badenhorst op Facebook geplaas het, was hy ’n “man van trots wat altyd net die beste vir sy kinders wou hê”.
Die vermoorde Bossie Badenhorst (middel) saam met sy seun Divan en skoondogter, Annelize. (Nog foto’s op bl. 3.) Charl Diener Waterbergers het oor die Paasnaweek die skoknuus verneem van nóg ’n plaasmoord wat buite Modimolle plaasgevind het. Carel “Bossie” Badenhorst (63) is op Saterdag, 4 April, dood op sy plaas Doelgerig, naby die wêreldbekende Nylsvleyreservaat, aangetref. Volgens sy jongste seun, Divan (32), is Bossie se liggaam deur ’n eiendomsagent in die stoor onder voersakke gevind. Die agent het die plaas besoek omdat dit tans in die mark is. Die agent het dadelik die polisie
ontbied en die familie in kennis gestel. Bossie is glo herhaaldelik met ’n stomp voorwerp teen die agterkop geslaan. Daar word vermoed dat die aanval reeds op Donderdag, 2 April, plaasgevind het. Bossie se vrou, Santie, het volgens Divan dié betrokke oggend Johannesburg toe vertrek om vir Paasnaweek by die kinders te gaan kuier. “Sy het die oggend net ná 10:00 met my pa gepraat en hom laat weet dat sy veilig aangekom het,” het Divan aan Die Pos gesê. Divan het verder vertel dat ’n vriend van sy pa, Danie Minnaar, hom ongeveer 19:00 die aand geskakel en ’n boodskap op sy stempos gelaat het. Sy vrou het hom ook later
weer probeer bel en toe ’n boodskap gestuur. Bossie het nie na haar toe teruggekom nie, maar daar was nie rede tot kommer nie — die sein op die plaas is swak en Bossie was, volgens Divan, nie baie lief vir sy foon nie. Nadat die familie die nuus oor sy dood verneem het, het hulle inderhaas van Johannesburg na die plaas gery. Divan sê die polisie was reeds daar en niemand kon toegang tot die eiendom kry totdat die forensiese span alles klaar gefynkam het nie. “Niks het uit plek gelyk nie, behalwe dat die bakkie teen ’n boom in die tuin gestaan het. My pa se selfoon en geld wat hy by hom gehad het, asook die bakkie en plaas se
WEN!
Charles Chikaz, ‘n plaaswerker van die vermoorde Bossie Badenhorst, word deur die polisie vir ondervraging gesoek. Die familie wil graag die polisie en die gemeenskap bedank vir hul ondersteuning. Hulle doen ook ’n beroep op die publiek om die polisie te kontak met moontlike inligting. Bossie laat sy vrou, Santie (58), seuns Renier (40), Lourens (36), Carel (34), en Divan (32) asook skoondogters en kleinkinders agter. Sy begrafnis is op Vrydag, 10 April, om 12:00 vanuit die Volle Envangelie Kerk op Modimolle. * Die nuus van Badenhorst se dood volg kort ná die moord op Jakes van Deventer wat op ’n plaas buite Bela-Bela voor sy familie deur inbrekers vermoor is.
Staan ’n kans om GRATIS boeke te wen in ons sms-kompetisie
20
Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER