®
10 Januarie 2014
Vrou kry skedel by wasgoedlyn 5
R6.00
Kry nóg nuus binne oor matrieks
Oud-Nylie sterf ná motor haar tref 8
Waterberg se skole spog met slimkoppe en hoë slaagsyfers
Connie Labuschagne Die matriekgroep van 2013 het die hoogste slaagsyfer nóg in die afgelope 20 jaar behaal en is deur president Jacob Zuma as die beste matriekklas sedert 1994 bestempel. Dit kom nadat Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, die matriekuitslae op Maandag, 6 Januarie, bekend gemaak het. Volgens Motshekga het die nasionale slaagsyfer met 4,3 persentasiepunte gespring van 2012 se 73,9% tot 2013 se 78,2%. In Limpopo, en veral die Waterberg, het die skole net so goed presteer. Die LUR vir onderwys in Limpopo, Dikeledi Magadzi, het die provinsie se presteerders op Dinsdag, 7 Januarie, tydens ’n toekenningsgeleentheid in Polokwane uitgewys. Volgens Magadzi het die slaagsyfer in die provinsie ’n reuse-sprong gegee van 2012 se 66,9% tot 2013 se 71,8%. “Die 71,8% wat deur die matriekklas van 2013 behaal is, is die hoogste persentasie behaal sedert die aanvang van demokrasie in Suid-Afrika,” het Magadzi gesê. “Dié hoë slaagsyfer dui daarop dat die provinsie baie hard werk om seker te maak dat die meerderheid leerders slaag.” Magadzi het tydens haar toespraak uitgewys dat 82 483 leerders van Limpopo aan die 2013-matriekeksamen deelgeneem het, waarvan 59 183 kandidate geslaag het en 18 781 universiteitstoelating behaal het. Ook in die Waterberg was daar ’n aansienlike verbetering in die slaagsyfer en is die Waterberg as een van die drie top-distrikte in Limpopo aangewys. Die Waterberg het die tweede posisie beklee. Daar het 7 130 leerders in die Waterberg die penne opgetel vir die matriekeksamen, waarvan 5 034 kandidate geslaag het, wat die Waterberg se slaagsyfer na 70,6% opgestoot Die Pos op Facebook en Twitter
Gerhard Steenekamp en Adriaan Snyman van Hoërskool Nylstroom het albei sewe onderskeidings in hul matriekeindeksamen behaal. Hier is die twee verlede jaar met pienk hare vir ’n Kansa-veldtog. Foto: Herman Steyn het. Die Waterberg se slaagsyfer was in 2012 60,1%, wat beteken die Waterberg se slaagsyfer het met 10,5% verbeter. In Die Pos se lesersgebied het twee skole vanjaar onder die 40 topskole, wat betref hul universiteitstoelating-slaagsyfer, in die
Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za / www.diepos.com
provinsie geëindig. Hoërskool Warmbad het breëbors die 17de plek opgeëis en Hoërskool Nylstroom het die 31ste plek behaal. Hoërskool Warmbad het weer gewys hulle is ’n skool om mee rekening te hou en het vir die derde agtereenvolgende jaar ’n 100%-slaagsy-
fer behaal. Slegs nege skole in die provinsie kon ’n 100%-slaagsyfer in 2013 se eksamen behaal. Die Warries het ook twee trofeë ontvang (100%-slaagsyfer en top 40 skole). Van die 119 Warrie-matrikulante wat geskryf het, het 90 van dié kandidate met universiteitstoelating geslaag. Die Warries se topkandidate vir die 2013-matriekeksamen is Dené Eksteen (5), Charline Jacobsz (5), Joanise Cilliers (4), Melandri Alberts (4), Annelie Dodd (4), Orapeleng Makwela (4), Lebogang Mogale (4) en Marizel Rautenbach (4). Hoërskool Nylstroom het ook die 2013matriekwenstreep met groot sukses klaargemaak. Altesaam 143 Nylie-matrikulante het die penne opgetel vir die matriekeksamen, waarvan 141 geslaag het. Die skool spog vanjaar dus met ’n 98,6% slaagsyfer. Van die 143 Nylie-matrikulante het 69 universiteitstoelating ontvang. Die Nylies se top-kandidate, Gerhard Steenekamp en Adriaan Snyman, het elk sewe onderskeidings behaal. Liesie Calitz en Marcia van der Merwe het vyf onderskeidings behaal terwyl Louis Jordaan, Nicole Kemp en Bontle Sebele vier onderskeidings behaal het. Die skool het altesaam 96 A-simbole, 150 Bsimbole en 404 C-simbole behaal. Hoërskool Hans Strijdom op Mookgophong het vanjaar 65 matrikulante vir die matriekeksamen ingeskryf. Hulle slaagsyfer was 91% en hul het ’n totaal van 31 onderskeidings behaal. Hul topkandidaat, Johan Botha, het vier onderskeidings opgeraap. Meetsetshehla Secondary School op Vaalwater het ’n 95%-slaagsyfer behaal. Die skool spog met 11 A-simbole. Die skool se toppresteerder, Jeremia Matlala, het drie onderskeidings behaal. Waterberg Academy op Vaalwater se drie matriekleerders het almal met universiteitstoelating geslaag. (Lees ook berig op bl. 2.)
’n kans om gratis boeke te wen in ons sms-kompetisie WEN! WEN! WEN! Staan
14