Die Pos 10 Julie 2015

Page 1

BESTE PLAASLIKE KOERANT - LiN Media-toekennings vir 2015 Skok-bewerings oor Modi-munisipaliteit

2

Booswigte voer gif aan honde

3

®

10 Julie 2015

R6.00

5

Man vra dat been geamputeer word

Nóg klagtes teen vrou se vermeende aanvaller Andries van der Heyde Die man wat na bewering vir Elzaan Smit (Britz) van Bela-Bela aan die begin van Junie aangerand en vir dood langs die treinspoor buite die dorp gelaat het, het op Dinsdag, 7 Julie, weer in die Bela-Belalanddroshof verskyn. Daar is verskeie klagtes teen Freddy Modikwe (26) van Bela-Bela, wat onder meer poging tot moord en menseroof insluit. Die saak is tot Donderdag, 23 Julie, uitgestel vir verdere ondersoek asook vir sy borgaansoek. Modikwe sal tot sy volgende verskyning in aanhouding bly. Volgens die polisie het Smit (41) op Saterdag, 13 Junie, saam met haar ma, Venus Smit, op die dorp by ’n restaurant ’n drankie gaan drink waarna hulle ’n saamrygeleentheid gekry het. Venus is glo by haar huis afgelaai, waarna Smit saam met die man na ’n taverne in die township gery het om verder te kuier. Die man het glo nie lank by die taverne gebly nie en haar daar agtergelaat. Hy word

volgens die polisie nie met die misdaad verbind nie. Modikwe het haar glo deur die loop van die aand genader. ’n Woordewisseling het tussen die twee ontstaan en hy het haar glo aangerand terwyl omstanders toegekyk het. Die volgende dag het ’n voetganger haar langs die treinspoor in Zuma View aangetref, waarna die polisie ingeroep is. Sy het erge skade aan haar gesig opgedoen en is na die provinsiale hospitaal in Polokwane oorgeplaas waar sy rekonstruktiewe chirurgie aan haar gesig ondergaan het. Smit het Modikwe volgens die polisie tydens die aanval gekrap. Tydens sy eerste hofverskyning was daar duidelike merke aan sy gesig sigbaar. Modikwe is op Woensdag, 17 Junie, in hegtenis geneem. ’n Woordvoerder van die hospitaal het die afgelope week by navraag aan Die Pos gesê dat Smit reeds uit die intensiewe sorgeenheid na ’n gewone saal oorgeplaas is. Die woordvoerder het gesê sy kan weer praat en loop, maar kon geen aanduiding gee van wanneer sy ontslaan sal word nie. Die ondersoek duur voort.

Elzaan Smit se vermeende aanvaller, Freddy Modikwe (26), het die afgelope week weer vlugtig in die landdroshof op Bela-Bela verskyn. Smit is teen druktyd uit die intensiewe sorgeenheid van die Polokwane-hospitaal na ’n gewone saal oorgeplaas.

WEN!

Staan ’n kans om GRATIS boeke te wen in ons sms-kompetisie

16

Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.