Mookgophongoptog oor waterkrisis
2
Einde van posstaking nog nie in sig
Matrieks in spogvere
3
22 & 23
®
R6.00
10 Oktober 2014
Kranige sportman leef passievol tot einde “In ’n krisistyd in sy lewe kon personeel en leerlinge by Albert leer om positief na probleme te kyk en dit met geloof aan te pak.” Bea Emslie en Andries van der Heyde “Hy het tot die einde voluit geleef en ’n paar dae voor sy dood nog saam met ’n vriendin haar matriekafskeid in Pretoria bygewoon”. Dit is hoe Chantal Smalberger, ’n familievriendin van Albert Pretorius (19) van Bela-Bela sy passie vir die lewe en positiewe gees beskryf, selfs nadat akute limfoomkanker ’n jaar gelede, in sy matriekjaar, by hom gediagnoseer is. Hy het sedert die diagnose chemo-terapie ontvang en in die begin van September ’n stamsel-oorplanting ondergaan. Pretorius is Saterdagaand, 4 Oktober, in die Little Company of Mary-hospitaal in Pretoria
dood ná ’n operasie op Maandag, 1 Oktober, waartydens ’n gewas uit sy dunderm verwyder is. Komplikasies het ingetree en hy het infeksie in die bloedstroom opgedoen. Pretorius, ’n oud-leerder van Laerskool Warmbad en Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria, was die seun van Wicus en Baukje Pretorius van Bela-Bela waar hulle onder meer by die familie se sakeonderneming op die Thaba Kwena-krokodilplaas buite die dorp betrokke is. Hy laat ook sy jonger broer, Henk, agter. Pretorius was ’n skrander Affie-leerder wat aan verskeie sportsoorte deelgeneem het en veral in waterpolo uitgeblink het. Hy was nie net lid van Affies se eerste waterpolospan nie, maar is ook verkies tot die
WEN! WEN! WEN!
Albert Pretorius 19 (regs) is op Saterdagaand, 4 Oktober, in Pretoria dood nadat akute limfoomkanker ’n jaar gelede by hom gediagnoseer is. Pretorius was ‘n kranige sportman wat in waterpolo (bo links) uitgeblink het. Onder links is hy saam met ’n oud-skoolmaat, Inari Janse van Vuuren, by die Nylies se matriekafskeid in 2013. Noord-Gauteng o.19A-span in dié sportsoort en was deel van die Suid-Afrikaanse 0.18-waterpolospan. Hy is vir hierdie prestasies deur Affiies vereer met die prestigetoekenning as die skool se belowendste sportman. In Affies se getuigskrif oor Pretorius word hy beskryf as ’n innemende en vriendelike jongman wat nie skroom om sy Christelike lewensbeginsels uit te leef nie. “In ’n krisistyd in sy lewe kon personeel en leerlinge by Albert leer om positief na probleme te kyk en dit met geloof aan te pak,” staan in die getuigskrif. Hy was ook die skool se CSV-voorsitter. Ook as laerskoolseun op sy tuisdorp, Bela-Bela, het Pretorius
Staan ’n kans om gratis boeke te wen in ons sms-kompetisie
16
nie net in sport nie, maar ook op kultuurgebied uitgeblink. Sy ouddrama-onderwyseres, Amanda Janse van Vuuren, onthou hom as “’n pragtige kind en dit was ’n plesier om vir hom drama te gee. Hy was regtig ’n gentleman,” het sy gesê. Janse van Rensburg se dogter, Inari, en Pretorius was groot maats en hy het tydens sy hoërskoolloopbaan in Pretoria deurentyd met ma en dogter kontak gehou. Hy het Inari in hulle matriekjaar in 2013 na haar matriekafskeid by Hoërskool Nylstroom vergesel, al was hy in Affies. Volgens Janse van Rensburg was “dit die tipe mens wat Albert was”. Op Pretorius se Facebook-blad het sy vriende talle boodskappe vir Alie
(soos sy vriende hom genoem het) geskryf. Ivan Middlemost skryf op dié blad: “Albert...ek kan nie glo jou tyd is klaar nie. Ek het jou geken vir jou smile, goeie hart, goeie upbringing en as voorbeeld vir elke gentleman in die wêreld”. Smalberger, wat as die Pretoriusfamilie se woordvoerder optree, het aan Die Pos gesê dat die gesin baie hartseer is, maar dat hulle vashou aan die mooi herinneringe en tye wat hulle saam met hulle oudste seun en ouboet, veral die afgelope jaar, beleef het. Pretorius se gedenkdiens vind op Woensdag, 15 Oktober, om 11:00 in die NG Ooskerk in Kirknessstraat in Clydesdale (oorkant Loftus Versfeld) in Pretoria plaas.
Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER