Die Pos 11 April 2014

Page 1

ATKV Mediaveertjies 2013 - Beste plaaslike koerant Munisipaliteit begin vloedskade aan paaie herstel AfriForum stuit aansoek om dorpsuitbreiding

Musieklegende van Waterberg se stem is stil 5

2 ®

6

11 April 2014

R6.00

Skolerugby uit die boonste rakke

Die jaarlikse Hansieweek op Mookgophong het die afgelope vakansie weer vir skouspelagtige skolerugby op Mookgophong gesorg. Dié rugbyweek is vanjaar vir die 22ste agtereenvolgende jaar aangebied en altesaam 70 spanne van 21 verskillende skole het deelgeneem. Die eindstryd was tussen Hoërskool Wonderboom (Pretoria) en die Rooikatte van Hoër Tegniese Skool Middelburg. Die Rooikatte het die stryd gewen en is as die algehele eerstespanwenners van die toernooi aangewys. Hier duik Samuel Cornelius van Wonderboom met die bal. Foto: Herman Steyn

Die Pos nou ook op Facebook en Twitter

Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za

Rowers slaan toe op Modimolle-vulstasie Denise van Bergen Die Engen-vulstasie langs Waterberg Toyota op Modimolle is in die vroeë oggendure van Maandag, 7 April, beroof. Volgens polisiewoordvoerder, ao. James Findlay, het die voorval om ongeveer 02:40 plaasgevind. Twee mans in ’n goue Toyota Corolla het glo by die vulstasie stilgehou om brandstof in te gooi. Die bestuurder van die motor het vir die petroljoggie gesê om die motor se tenk vol te maak, terwyl die passasier in die kiosk in is om ’n koeldrank te koop. Daar was geen ander kliënte by die vulstasie of in die kiosk nie. Die bestuurder van die motor is daarna ook by die kiosk in. Die passasier het glo skielik ’n vuurwapen uitgehaal en op die kassier gerig. Die kassier is beveel om die kontant in die kasregister te oorhandig. Dit het glo só stil gebeur dat die petroljoggie buite heeltemal onbewus was van wat binne-in die kiosk besig was om te gebeur. Die mans het die geld gevat, vinnig in hul motor geklim en weggejaag sonder om vir die brandstof te betaal. Die kassier en petroljoggie het dadelik die sekuriteitsfirma en polisie ontbied. Volgens ooggetuies het die

mans in die rigting van Vaalwater gery. Die polisie het die rowers agterna gesit, maar hulle het weggekom. Barinda Barnard, die bestuurderes van Engen, het aan Die Pos gesê dat dié voorval binne ’n kwessie van tien minute afgespeel het. Sy sê dat een van die rowers die ander een glo aangesê het om die kassier te skiet, maar dat die een met die vuurwapen dit gelukkig nie gedoen het nie. Hy het net die geld uit die kasregister gegryp en spore gemaak. Volgens haar was daar nie meer as R2 000 in die kasregister nie, aangesien kontant in die kasregisters gereeld gebank word. Al waarmee die rowers dus weg is, is dié bedrag en brandstof ter waarde van sowat R500. Hulle het ook net die note in die kasregister geneem. “Hierdie was die tweede keer in omtrent 15 jaar dat ons beroof is. Dis baie geld wat geneem is, maar die skade kon heelwat erger gewees het,” het sy dankbaar gesê. Barnard sê die kassier sal vir berading gestuur word aangesien hy baie getraumatiseerd is deur die voorval. Niemand is tydens die voorval beseer nie. Findlay sê hulle hoop om die voertuig se registrasienommer vanaf die sekuriteitskamera se opname te verkry sodat die rowers vasgetrek kan word.

’n kans om gratis boeke te wen in ons sms-kompetisie WEN! WEN! WEN! Staan

16


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.