Boewe buit 40 rekenaars by skool
2
Inwoners vies oor ‘modderwater’
3
Vrou sterf aan hart by werk
3
®
11 Augustus 2017
Mynreus
R6.00
Bo: Die Nylsvley-reservaat is ’n veilige hawe vir derduisende voëls en ander diere. Onder: Een van Sylvania Platinum se myne in die noordelike deel van die Bosveld. Foto’s: www.nylsvley.co.za en www.sylvaniaplatinum.com
’n tree nader aan Nylsvley
die skade wat aangerig word, sal baie jare lank duur.
Ronél van Jaarsveld Die jarelange stryd om mynbedrywighede op die voorstoep van die bekende Nylsvleyvloedvlakte te verhoed, is steeds nie verby nie. Dít was die gevoel onder belangegroepe ná die nuus dat die departement van minerale bronne die Australiese myngroep Sylvania toestemming gegee het om voort te gaan met sy planne vir oopgroefmyne op die plaas Volspruit, wat digby Nylsvley geleë is. Die Nylsvley-reservaat lê aan die voet van ’n 70 km-lange vloedvlakte in die boonste opvangsgebied van die Nylrivier. Dit is die grootste vleigebied van sy soort in die land. Die gebied is volgens Birdlife SA ’n tuiste vir
sowat 426 voëlspesies waarvan meer as 100 watervoëls is. Tydens vloedtydperke kan daar tot 80 000 voëls in die gebied wees. Die gebied is as ’n internasionale Ramsar-gebied verklaar weens sy sensitiwiteit en die noodsaaklikheid om dit te bewaar. Volgens Emile Honiball van die Nylaksiegroep is hulle teleurgesteld. “Hoewel die mynlisensie toegeken is, het hulle nog nie omgewingsgoedkeuring by Limpopo se departement van ekonomiese ontwikkeling, omgewingsake en toerisme ontvang nie. Sover ons kon vasstel het Sylvania ook nog nie ’n waterlisensie nie,” het hy gesê. “Dit is ontstellende nuus. Ons sal moet saamstaan en kapsie maak teen die besluit,” het Marion Mengell van die Vriende van Nylsvley, gesê.
Sylvania beplan om in twee oopgroefmyne vir platinumgroepmetale soos platinum, palladium en rodium te myn. Die gebied is sowat 15 km suid van Mokopane en 2 km noordwes van die N1-snelweg, reg langs die Nylrivier. Volgens Honiball sal Sylvania se twee oopgroefmyne sowat 100 ha beslaan en tot op ’n diepte van 180 m gemyn word. “Die groot dispuut is werksgeleenthede teenoor bewaring. Ons kommer is dat die myn ’n leeftyd van slegs 20 jaar het, maar die skade wat aangerig word, sal baie jare lank duur. Die aantal werksgeleenthede regverdig nie die omgewingskade nie,” het hy gesê. “Ons groot kommer is hoe die grondwater beïnvloed gaan word en dat die myn water uit die vloedvlakte sal dreineer. Dit het ’n impak
op gemeenskappe verder af, asook boerderybedrywighede. Ons glo dat die ontwikkeling van werksgeleenthede in toerisme en landbou gesonder langtermynopsies is,” het hy gesê. Die datum waarteen belanghebbendes appèl teen die besluit kan aanteken, is reeds verby. Die Nyl-aksiegroep ondersoek die tydperk wat vir reaksie toegestaan is. Goedkeuring is op Dinsdag, 20 Junie, gegee en appèl moet binne 20 dae aangeteken word. Die kennisgewingsbrief is glo eers op Woensdag, 28 Junie, aan belanghebbendes gestuur. Volgens Honiball het Sylvania ook aansoek gedoen om chroom by die ou ondergrondse Grass Valley-myn te ontgin. Dié sal egter nie baie diep gemyn word nie en die impak sal nie so groot wees nie.
8