Raadslede boikot vergadering
3
Wen lekkerlees boeke
16
Die Modimolle-munisipaliteit het in ’n poging om die waterkrisis op die dorp te verlig die afgelope ruk nuwe boorgate gesink en ou boorgate weer oopgeboor en toegerus. Volgens ANC-raadslid Wiets Botes is daar nou ses bykomende boorgate wat water tot die stelsel kan bydra. Dié boorgat is op Vrydag, 4 Maart, geboor. Daar is ook gate in die Drie Hekke-omgewing geboor wat goeie water opgelewer het, asook agter die abbatoir in die industriële gebied en in uitbreidings 5 en 10.
Die Pos wen groot
12
®
11 Maart 2016
R6.00
Dis nou
genoeg!
Modimolle-inwoners staan saam Ronél van Jaarsveld
Dorp boor vir water
Inwoners op Modimolle het besluit genoeg is genoeg. Die dorp se agteruitgang, swak dienslewering en die tekort aan verantwoordbaarheid van die munisipaliteit af, het hulle genoop om koppe bymekaar te sit. Tydens ’n vergadering op Dinsdagaand, 8 Maart, het verteenwoordigers van die hele gemeenskap bymekaar gekom by die Fokus Deo-gemeente, langs die Waterbergdistriksraad. Nie die munisipaliteit of distriksraad wou glo persele beskikbaar stel vir die vergadering nie. Daar was skoolhoofde, predikante, lede van die Waterberg Sakekamer, die leiers van die onlangse protesaksie, sakelui, verteenwoordigers van politieke partye, Kokanje en Bosveldsig, en ’n hele aantal bekommerde inwoners van die ou dorp, asook van Phagameng. Die Modimolle Unified Community Forum is op die been gebring met verteenwoordigers uit elke sektor van die gemeenskap. Daar is besluit dat dié lys aangevul sal word soos nodig. Hulle was dit eens dat die munisipaliteit aan die inwoners verantwoording moet doen. Inwoners van beide kante van die dorp het dieselfde besware gehad, onder meer die waterkwessie, elektrisiteitsvoorsiening, die swak toestand van die F.H Odendaalhospitaal en kommer oor hoe die protesaksie, wat landwyd opslae gemaak het, die dorp benadeel. Jan Koelewyn van die Waterberg Sakekamer, het aan die protesleiers verduidelik dat ondernemings groot skade gely het weens die
die protesaksie en dat poste in gedrang is. Een van die protesleiers, Alfred Maremane, bekend as Madambi, het opgestaan en verskoning gevra aan al die sakelui. “Ek is jammer as ons julle ondernemings seergemaak het,” het hy gesê. Hy het gesê dat werksgeleenthede op die dorp baie belangrik is en dit nie verlore kan gaan nie. Tydens die vergadering is kommer uitgespreek oor wat op Woensdag, 9 Maart, sou gebeur. Die premier van Limpopo, Stanley Mathabatha, het twee weke gelede aan betogers wat die afdanking van die burgemeester, Meisie Kgaretja Lekalakala geëis het, gesê dat hy op dié dag terugvoer aan hulle sou gee. Hy het egter vandeesweek laat weet dat hy nié die dorp sal besoek nie. Teen druktyd op Woensdag was daar geen tekens van ’n protesaksie nie, maar inwoners het hul kommer uitgespreek dat dit wel laatmiddag kan uitbreek. Die Modimolle United Community Forum sal weer op Maandag, 14 Maart, vergader om ’n grondwet op te stel en hul doelwitte te bespreek. Die sameroeper is die plaaslike prokureur, Gerhard Breytenbach. Johann Abrie, DA-organiseerder in die Waterberge, het gesê dat hulle probeer om ’n protesaksie by die munisipaliteit te reël waaraan al die inwoners van die dorp kan deelneem om hul griewe te lug. Dit sal ’n vreedsame samekoms by die munisipaliteit behels. Hoewel die Modimolle-polisie toestemming gegee het vir ’n optog, het die munisipaliteit geweier. “Ons werk daaraan om goedkeuring gereël te kry sodat ons ons griewe op Vrydag, 11 Maart, by die munisipaliteit kan gaan stel,” het Abrie gesê.
16