Die Pos 11 Mei 2018

Page 1

Eskom dreig weer: Die krag gaan áf

2

Bejaarde egpaar op plaas aangeval

3

Mbizi-man weer in hof oor vrou

4

®

11 Mei 2018

R8.00

Waterfront in vlamme Andries van der Heyde Inwoners van Bela-Bela het op Maandagaand 7 Mei verslae toegekyk hoe vier winkels kort voor 22:00 by die bekende Bela-Bela Waterfront vlamvat en heeltemal verwoes word. Dit is die tweede brand in minder as ’n jaar by sakeondernemings op die dorp. Die dorp se SuperSpar het in September verlede jaar afgebrand. Die Waterfront-brand het na wat verneem word by die ondernemings op die eiland agter die restaurante, wat van die teerpad af gesien kan word, ontstaan. Twee houtbrûe het na die eiland gelei waar daar in die verlede ’n troeteldierwinkel was. Dié winkel was ten tyde van die brand vakant. Die ander winkels wat afgebrand het, is ’n tatoeëersalon, Broken Art Tattoo studio, ’n stoorplek wat deur Jenny Momberg, ’n inwoner van die dorp, gebruik is en ’n veiligheidsmaatskappy, Crosscut Security. Karien Bekker, Jacqui Scheffer wat saam met haar vennoot, Kenny Webber — ’n tatoeëerkunstenaar — die tatoeëersalon besit het, se ma, het by navraag gesê dat daar geen versekering op die winkel of toerusting was nie. Die salon het sy deure in Desember geopen. “Hoe begin ’n mens weer? Waar begin ’n mens weer?” het Bekker gevra. Die Bela-Bela-, asook die Modimollebrandweer het kort ná 22:00 by die toneel opgedaag en na die agterkant van die brandende geboue gery om die brand vandaar te bestry. Talle gemeenskapslede, buurtwagte, die polisie en ambulansdienste het bystand gebied. Kettingsae is gebruik om die brand te beperk aangesien al dié grasdakstrukture van hout en op ’n houtoppervlak gebou is. Die brand is kort ná middernag onder beheer gebring. Een van die brandweerwaens het op die eiland in die modder vasgesit, maar is later uitgesleep. Andy Gill van APA ambulansdienste het gesê ’n man is tydens die brand op die

’n Gedeelte van die Bela-Bela Waterfront het vandeesweek afgebrand. Vier winkels is verwoes. Die restaurante en ondernemings aan die voorkant van die Waterfront is steeds oop. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. Foto: Herman Steyn

toneel behandel nadat hy deur glasstukke wat tydens die brand gebreek het, gesny is. Geen ander ongevalle is aangemeld nie. Frans van Zyl, eienaar van De Dekke-restaurant, het by navraag gesê hy glo die brand het by die ou troeteldierwinkel ontstaan. Fred van Heerden, hoof van Century 21 eiendomme en mede-eienaar van die Waterfront, het by navraag gesê nadat hy videomateriaal van die brand bestudeer het, glo hy iemand het die brand gestig. “Daar was geen kragtoevoer in die gebou waar die brand ontstaan het nie, so dit is

waarskynlik nie deur ’n kortsluiting veroorsaak nie,” het Van Heerden gesê. Hy het teen druktyd genoem dat hawelose mense al vantevore by hierdie geboue gewaar is en moontlik toegang tot die geboue gekry het. Kol. Lindie Marx, stasiebevelvoerder van die Bela-Bela-polisie, het gesê ’n forensiese navraag is aan die polisie gerig om die oorsaak van die brand te bepaal. Fred se seun NJ van Heerden, mede-eienaar van die Waterfront, het gesê die versekering op die geboue is ongeveer ’n jaar gelede gekanselleer.

Hy was ten tyde van die brand by sy huis wat aan die agterkant van die Waterfront geleë is en het uitgegaan om te gaan kyk toe die brand ontstaan het. “Ons sal die rommel binne die volgende paar dae verwyder. Al die ander geboue by die Waterfront is veilig en is steeds oop vir sake,” het NJ gesê. Hy het gesê hulle is tevrede met die brandweer se diens. “Ons wil graag elke persoon, asook die brandweer, bedank vir hul hulp.” * Van Heerden het teen druktyd gesê dat hy ’n klag van brandstigting by die BelaBela-polisie aanhangig gemaak het.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.