Kenners optimisties oor Waterberg se eiendomsmark
2
Groot drama nadat spinnekop vrou op maag byt
3
Kersfees is net om die draai
8 ®
R6.00
12 Desember 2014
‘Kragteloos’ in die feesseisoen Andries van der Heyde
Kersfees is ’n tyd vir saamwees met die gesin. Dié lyster-mamma se tydsberekening was vanjaar perfek. Die skoolkinders was skaars huis toe vir die lang vakansie, of drie babas broei uit haar nes, wat sy in ’n boom reg teenaan die eerste verdieping van Hoërskool Warmbad se skoolgebou gebou het. Die drie skreebekke het haar behoorlik laat rondvlieg vir wurms en ander kos. Foto: Herman Steyn
WEN! WEN! WEN!
Onthou ons SMS-kompetisie vir volgende jaar se boekeblad
Inwoners van Bela-Bela het ’n nagmerrie-naweek agter die rug met — behalwe vir urelange kragonderbrekings — bykans geen druppel water in die krane nie vir die grootste deel van die naweek. Die watertekort het glo ontstaan omdat die pompe by die dorp se reservoirs weens die kragonderbrekings nie kon werk nie. Die dorp het Vrydag, 5 Desember, tot Sondag, 7 Desember, geen water gehad nie. Inwoners moes water koop of die dag se stof in die swembaddens afwas. Huis Talje, ’n tehuis vir gestremdes, was genoodsaak om R1000 se water te koop om die inwoners van dié tehuis te bad. Inwoners is veral ontsteld omdat daar geen waarskuwing van die Bela-Bela-munisipaliteit was dat daar watertekorte sou wees nie. Kobus van der Merwe, DAraadslid, het by navraag gesê die aanvraag na water is steeds hoog. “Inwoners werk steeds nie spaarsaam met water nie, al is hulle gewaarsku,” het hy gesê. Van der Merwe meen die munisipaliteit moenie aanneem dat daar altyd genoeg water vir inwoners sal wees nie. Waterreserwes moet gereeld nagegaan word.” Hoewel Die Pos die hele week lank probeer het om kommentaar uit die Bela-Bela-munisipaliteit te kry, is
daar teen saktyd nog nie ’n woord van munisipale kant oor die krisis gerep nie. Van der Merwe het gesê die dorp se reservoirs se drukking was nie hoog genoeg nie en dit sal onprakties wees om miljoene rande se kragopwekkers te installeer om dié probleem te omseil. Hy sê die munisipaliteit moet die water van die dorp se boorgate ook gebruik totdat ’n gepaste suiweringsmetode gevind is. “Mense moenie hul tuine gereeld natmaak nie en water in houers vir noodgevalle stoor. Sodra die landwye beurtkrag verby is, sal die dorp weer normaal kan funksioneer. As daar weer landwyd lang kragonderbrekings plaasvind, is ons wéér in die moeilikheid,” het hy gesê. Eskom het in ’n verklaring gesê beurtkrag is toegepas omdat hulle tegniese probleme by hul kragstasies ondervind het. Brandstof en waterreserwes het ook opgeraak. Beurtkrag is die afgelope week weer landwyd toegepas. Eskom vra dat alle huishoudelike toestelle wat baie krag gebruik, afgeskakel moet word om die lading op die kragnetwerk te verlig. Eskom het op sy webwerf aangedui dat daar weer beurtkragskedules oor die volgende paar weke kan plaasvind. Vir die volledige beurtkragskedule, besoek www.loadshedding.eskom.co.za(.)
Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER