Die Pos 12 Junie 2015

Page 1

BESTE PLAASLIKE KOERANT - LiN Media-toekennings vir 2015 Min antwoorde ná vergadering oor begroting Sloersaak kos dorp al digby R600 000

2 3

2 ®

R6.00

12 Junie 2015

Dorp neem afskeid van groot gees

Riekert moet in tronk bly tot verhoor begin Lodewyk Riekert van Bela-Bela het in die Modimolle-streekshof verskyn op aanklag van moord op sy vrou, Mia. Sy regspan het probeer om die klag na strafbare manslag te laat verander. Op die foto praat Riekert met sy regsverteenwoordiger, Hugo van der Westhuizen, tydens die aansoek.

Andries van der Heyde Lodewyk Riekert, ’n groentesmous van Bela-Bela wat daarvan verdink word dat hy sy vrou verlede jaar met sy kaal hande vermoor het, het verlede week vlugtig in die Modimolle-streekshof verskyn. Hy staan tereg op die moord van sy vrou, Mia, in April verlede jaar. Die moord is glo op hul hoewe in die Noodhulpomgewing buite Bela-Bela gepleeg. Nadat borgtog aan hom geweier is, word hy in die Kgosi Mampuru II-tronk in Pretoria aangehou. Sy aansoek om na die Modimolle-gevangenis oorgeplaas te

word, het misluk. Mia is op Vrydag, 18 April 2014, dood weens wonde aan haar kop wat glo tydens ’n woordewisseling met Riekert opgedoen is. Hy is kort daarna in hegtenis geneem. Riekert, wat glo sedert 2002 aan asma ly, het baie gewig verloor sedert sy laaste hofverskyning en het tydens sy verskyning verlede week telkens in die hof gehoes. Sy regspan het ’n aansoek om ontslag voor die hof gebring en aangevoer die staat het geen getuienis dat Riekert sy vrou vermoor het nie. Daar is gevra dat die klag na strafbare manslag verander word. Die staat het egter tydens sy borgaansoek aangevoer Riekert het ná die moord met

die misdaadtoneel gepeuter. Hy het glo Mia se bebloede klere verwyder, haar lyk gewas en haar weer teruggeplaas op die plek waar sy aanvanklik was toe die woordewisseling tussen hulle uitgebreek het. Die staat het aangevoer Riekert was dronk, maar hy ontken dit. Riekert was die aand van die voorval sonder Mia by ’n geselligheid op die dorp en is later huis toe waar hy haar volgens die polisie vermoor het. Daarna het Riekert glo sy seun gebel en gesê dat “iets vreesliks” gebeur het en dat hy moet kom help. Mia is na die St. Vincent’s hospitaal op Bela-Bela geneem,

WEN!

maar is daar dood verklaar. Die hof het beslis dat die omstandigheidsgetuienis van die saak steeds van belang is en geweier om die klag na strafbare manslag te verander. Die saak is vir verdere ondersoek na Maandag, 28 September, uitgestel. Riekert moet in aanhouding bly tot dan. • Mia was Riekert se derde vrou. Sy het in November 2010 en in September 2012 sake van aanranding teen hom by die polisie aangemeld en om beskermingsbevele teen hom aansoek gedoen. Een van sy vorige vroue het ook voorheen om ’n beskermingsbevel teen hom aansoek gedoen, het die hof vroeër gehoor.

Staan ’n kans om GRATIS boeke te wen in ons sms-kompetisie

16

Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.