Die Pos 12 Mei 2017

Page 1

Dele van Modi al dae sonder water Four arrested for alleged poaching

2 3

Binne ®

12 Mei 2017

R6.00

Hoe om Ma op Moedersdag te bederf

Blomme en soene vir ma

Piet Maluleka (27) is in hegtenis geneem nadat hy glo met 25 pakkies nyaope in sy besit betrap is.

Man vas vir dwelmbesit Ronél van Jaarsveld

Moedersdag word vanjaar op Sondag, 14 Mei, gevier. Shamoné (3) en Chélani (3) Oosthuizen van die Alma-omgewing het sommer reeds begin om hulle mamma, Adél, met soentjies en blomme te bederf. Foto: Herman Steyn

’n Inwoner van Modimolle het vandeesweek sy rieme styf geloop toe hy glo beplan het om ’n paar rand uit die verkope van die dwelm, nyaope, te maak. Die 27-jarige Piet Maluleka is op Maandag, 8 Mei, vasgetrek toe die polisie se honde-eenheid aan diens was en inligting ontvang het dat hy in besit is van dié gevaarlike dwelm, het ao. James Findlay van die Modimolle-polisie, aan Die Pos gesê. Nyaope is ’n dodelike konkoksie van dwelms wat die gebruiker laat hallusineer. Die dwelmmengsel bestaan dikwels uit rotgif, derdegraadse heroïne, skoonmaakmiddels, batterysuur, antiretrovirale medisyne wat vir HIVpasiënte bestem is en dagga of tabak. Daar is reeds duisende verslaafdes in die land. Die uitwerking daarvan duur tussen twee en vier uur en volgens ’n artikel op die webwerf Wikipedia, word die dwelm gekenmerk deur sy newe-effekte wat onder meer pynlike maagkrampe, rugpyn, sweet en kouekoors, angstigheid en rusteloosheid insluit. Verskeie sterftes is al aangemeld. Ao. David Kwinana het Maluleka by die Modimolle-taxistaanplek in hegtenis geneem nadat 25 pakkies van dié dwelm in sy besit gevind is. Maluleka het op Dinsdag, 9 Mei, in die hof verskyn. “Nyaope is ’n groeiende probleem onder jong mense op die dorp, veral in arm woonbuurte. Daarom tree ons vinnig op in sulke gevalle om die verspreiding van dié dwelm te verhoed,” het Findlay gesê.

8


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.