Vrou versorg 98 weeskatte op hoewe
3
Motorongeluk eis gr. R-leerder se pa
5
Veghonde takel drawwer in woonbuurt ®
12 September 2014
R6.00
2
Bestuurder tref motor van agter en jaag weg Adri de Villiers hou die drupsak omhoog in ’n poging om paramedici te help terwyl hulle na haar broer, Piet Esterhuizen, omsien.
Marlene Vermaak Marlene Vermaak ’n Gesin van Vaalwater het ’n reuse-skok gekry toe ’n vermeende roekelose motorbestuurder van agter in hul voertuig vasgery het. Piet Esterhuizen (54), sy vrou Pikkie (45), en dogter Cindy (6) was op Maandag, 8 September, op pad na die Vaalwaterveilingskrale toe ’n bestuurder hulle glo teen ’n hoë spoed van agter getref het. Volgens ’n ooggetuie, Jannie Grové, het
WEN! WEN! WEN!
die slag van die botsing soos ’n geweerskoot geklink. “Ek, Chris van Niekerk, Dup du Plessis en George Erasmus het voor die veilingskrale se hek gestaan en gesels toe ons sien hoe ’n wit Toyota-bakkie vir Piet met ’n verskriklike slag van agter tref. Die geluid was soos dié van ’n geweerskoot. Ons het aanvanklik glad nie verstaan wat presies gebeur het nie. “Piet se bakkie het dadelik links van die pad afgeswenk en in die gras tot stilstand gekom. Ons het nader gehardloop en gesien hoe erg die bakkie beskadig is,” het Grové
Staan ’n kans om gratis boeke te wen in ons sms-kompetisie
18
gesê. Volgens Grové het die bestuurder van die ander voertuig dadelik spoed verminder en binne-in die teerpad tot stilstand gekom. “’n Man het uitgeklim en met ’n verdwaasde uitdrukking op sy gesig na Piet se Nissanbakkie gehardloop. Hy het net een kyk binne-in die bakkie gegee en toe hardloop hy terug na sy eie bakkie en trek weg. Ek het gedink hy wou net gou sy bakkie uit die teerpad trek. “Ons kon nie ons oë glo toe ons sien dat die Toyota-bakkie versnel en met ’n spoed
wegry van die ongeluk af nie. Ek en George het binne sekondes albei in ons eie voertuie gespring en die kalant agternagesit soos twee wafferse jaagduiwels.” Die twee Vaalwater-boere het die Toyotabakkie ná ongeveer 8 km inge-haal en hom van die pad afgedruk met hul voertuie. “Daarna het ons ’n burger-arrestasie gedoen en die man na die on-gelukstoneel teruggeneem waar ons hom aan beamptes van die Vaalwater-polisie oorhandig het,” het Du Plessis gesê. Adri de Villiers, Piet se suster, het vertel dat hulle drie ure lank moes sukkel om ’n ambulans op die toneel te kry, terwyl haar broer ernstig beseer langs die Melkrivierpad gelê het. “Twee lede van die Limpopo Mediese Nooddienste het my werklik bygestaan in hierdie tyd en het hulle bes probeer om so vinnig as moontlik ’n ambulans op die toneel te kry, maar arme Piet moes steeds vir drie ure in die son lê en wag. Gelukkig het Pikkie en Cindy slegs oppervlakkige wonde opgedoen. Hulle is deur ’n dokter ondersoek en vir skok behandel, waarna ons hulle huis toe kon neem,” het De Villiers gesê. By navraag is aan Die Pos gesê dat die rede vir die oponthoud is omdat Vaalwater en Modimolle glo slegs een werkende ambulans het en dat dié in ’n bedenklike toestand is. ’n Paramedikus, wat verkies om anoniem te bly, het gesê dat die ambulans die hele tyd oorverhit het en hulle moes elke 10 km stilhou op pad vanaf Modimolle af “om nog water in die verkoeler te gooi in ’n poging om te verhoed dat die enjin oppak”. Esterhuizen is na die FH Odendaalhospitaal op Modimolle geneem. Volgens paramedici op die toneel was hulle baie bekommerd oor sy toestand, veral omdat hy ná drie ure nog geen lewe in sy onderlyf getoon het nie.
Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER