Die Pos 13 April 2018

Page 1

Eskom-wolf steeds by dié dorpsdeure

2

Hotelaanvallers kry ‘ligte’ vonnis

2

New municipal manager for Bela-Bela ®

13 April 2018

R8.00

5

Sebola kry pak in hof Ronél van Jaarsveld

Die wêreld verander en daar moet anders na misdaad gekyk word “Sê nee vir korrupsie — of dit miljoene rande behels of die omkoop van ’n verkeersman. Moenie om braaivleisvure daaroor spog nie, want dit is niks beter as Nkandla nie.” Só het die bekende teenkorrupsie-kampvegter, adv. Gerrie Nel, die afgelope week in Modimolle tydens ’n teenkorrupsiekonferensie gesê. “Korrupsie is iets wat ’n gemeenskap binnedring en alles wat gedoen is, ongedaan maak.” — Lees volledige berig op bl. 3. Foto: Herman Steyn

Die stryd om die hart van die ModimolleMookgophong-munisipaliteit te red, het vandeesweek in die hof gedraai. Henry Lubbe, bestuurder van korporatiewe dienste, het die voormalige munisipale bestuurder, OP Sebola, op Dinsdag 10 April in die arbeidshof in Johannesburg, asook in die hooggeregshof in Polokwane geklop met twee bevele in sy guns. Lubbe het ’n aansoek teen Sebola in die hooggeregshof ingedien en aangevoer dat Sebola onregmatig op die kortlys vir die pos as munisipale bestuurder geplaas is en sy aansoek nie aan die formele vereistes voldoen nie. Lubbe het in hofstukke aangevoer dat sy eie aansoek wel aan die vereistes voldoen het en regmatig was, maar dat hy deur ’n verteenwoordiger van die departement van samewerkende regering, tradisionele sake en menslike nedersettings (CoGHSTA) van die kortlys verwyder is en met Sebola vervang is. Sebola was sedert die samesmelting van Modimolle en Mookgophong die munisipale bestuurder. Hy was vantevore ook in dié pos in Mookgophong aangestel. Sy kontrak met die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit het einde Maart ten einde geloop. Volgens hofstukke het Sebola die hof-

dokument op Dinsdag 20 Maart ontvang. Sebola het Lubbe op Maandag 26 Maart op verpligte verlof geplaas. Die redes wat hy hiervoor aangevoer het, was dat Lubbe hom van “onwettige aktiwiteite” aangekla het en dat hy op onregmatige wyse inligting oor die kandidate wat gekortlys is, bekom het. In politieke kringe is bespiegel dat dié skuif daarop gemik was om te verhoed dat Lubbe as waarnemende munisipale bestuurder aangestel word, aangesien dié pos deur ’n artikel 56-bestuurder gevul moet word. (Artikel 56-bestuurders beklee senior poste by munisipaliteite.) Lubbe het hom na die arbeidshof gewend en ’n dringende aansoek wat dié aksie as onregmatig bestempel, ingedien. Die arbeidshof het Lubbe gelyk gegee en sy verpligte verlof tersydegestel. ’n Kostebevel teen die munisipaliteit is ook toegestaan. Dit is nog nie seker wat dié bedrag beloop nie. Lubbe se prokureur wou anoniem bly. AfriForum het hom bygestaan met regskoste, het hy aan Die Pos gesê. Die hooggeregshof het op sy beurt bevind dat Sebola nie ’n regmatige aansoek ingedien het nie en beveel dat die aanstelling van ’n munisipale bestuurder nie mag voortgaan totdat Lubbe se meriete aangehoor is nie. Die onderhoude vir die munisipale bestuurderspos sou op Vrydag 13 April begin het. * Patrick Shika, woordvoerder van die munisipaliteit, het by navraag gesê hulle neem kennis van die uitslag van die hofsake en die kostebevel teen die munisipaliteit. Marlene van Staden, burgemeester, het gesê sy kan nie kommentaar lewer oor die saak nie, omdat sy nog nie die hofstukke onder oë gehad het nie.

8


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.