Die Pos 13 Februarie 2015

Page 1

DA kla munisipale bestuurder oor besoedeling aan

2

Polisie bêre talle vermeende skurke agter tralies

6

Chaos breek uit op Vaalwater

3

®

13 Februarie 2015

R6.00

Rowers oorval bejaarde in motorhuis Blouoog nadat boewe haar skop Ronél van Jaarsveld

Marieta Kruger (72) is deur drie rowers vasgebind nadat sy in haar motorhuis oorval is. Sy wys hoe die toue haar arms rou geskaaf het. Haar oog was blou en geswel nadat die rowers haar in die gesig getrap het toe sy op die grond vasgebind gelê het.

Marieta Kruger en haar skoondogter, Susara, is op Saterdag, 31 Januarie, op hul plaas op die Kranskop-pad buite Modimolle aangeval.

WEN! WEN! WEN! Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za

’n Kort kuiertjie vroegaand by ’n vriendin het ’n lelike nadraai vir die 71-jarige Marieta Kruger van Modimolle gehad toe sy by haar aankoms tuis deur drie mans oorval is. Kruger woon by haar seun en skoondogter, Alwyn en Susara Kruger, op ’n plaas op die Kranskop-pad. Hulle is die eienaars van die kuierplek, Jagkamp. Sy sê dat sy op Saterdag, 31 Januarie, oudergewoonte in die motorhuis ingery het. Sy het uitgeklim en is deur drie mans met klapmusse aan oorval. Hulle was gewapen met ’n vuurwapen, ’n handgemaakte mes en ’n dik staalpyp. Tydens die stoeiery wat ontstaan het, het Marieta die een aanvaller se vuurwapen probeer afneem. Sy is hardhandig op die grond neergegooi en vasgebind. Haar skoondogter, Susara, wat siek in die bed tuis was, het ’n geskree gehoor en gedink dat haar skoonma geval het. Sy het die deur oopgesluit en is ook oorval. Die twee vroue is die huis ingesleep waar die boewe na geld begin soek het. “Ons het niks kontant in die huis gehad nie. Ek het begin huil en gesê hulle kan enigiets vat, maar moet ons net nie seermaak nie,” het Susara aan Die Pos gesê. Die mans het nie belang gestel in die windbuks of .22-gewere nie en het juwele, beursies, selfone en ’n skootrekenaar gevat.

Die twee vroue is in Marieta se kamer toegesluit omdat dit die enigste vertrek met ’n sleutel was. Die mans het daarna op die vlug geslaan. “Ons het so ’n paar minute gewag en die baksteen wat voor die deur gestaan het, gebruik om ’n gat in die deur te slaan sodat ons kon uitkom. Daar was nie meer selfone oor om vir hulp te bel nie,” het Susara gesê. “Ek het in Desember vir my ’n nuwe motortjie gekoop. Ek was só bang dat hulle my motor sou steel. Toe hulle my in die motorhuis gegryp het, het ek my sleutel onder die motor ingegooi. Ons het die sleutel weer daar gekry en kon na my seun toe ry by die Jagkamp, vanwaar hulle die polisie ontbied het,” het Marieta vertel. Tydens Die Pos se besoek was haar lyf steeds plek-plek potblou, haar oog blou en toegeswel nadat hulle haar in die gesig getrap het en die toue het haar arms stukkend geskaaf. Die vroue was baie geskok, maar andersins ongedeerd. “Ons is gewoonlik so veiligheidsbewus. Ons huis is baie veilig, met dik diefwering voor al die vensters. Selfs ons Jack Russell-hondjie, wat gewoonlik baie kwaai is, was rustig,” het Susara gesê. Sy sê dat hulle die veiligheidsmaatreëls om hul huis nóg verder gaan verskerp. “Ons het baie groot geskrik.” Die vroue sê dat die polisie baie vinnig opgedaag het. Ao. James Findlay van die Modimollepolisie sê dat ’n saak van huisroof ondersoek word. Teen saktyd is niemand nog aangekeer nie.

Staan ’n kans om gratis boeke te wen in ons sms-kompetisie DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER

16


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die Pos 13 Februarie 2015 by Die Pos koerant/newspaper - Issuu