Die Pos 13 Junie 2014

Page 1

ie Kompetis

-tyd

12

Modimolle en Mookgophong se begrotings ®

bl. 2 en 3 R6.00

13 Junie 2014

Polisie hoor dreigemente oor foon

Pieter Swartz wat op Radium boer, staan op die plek waar hy deur ses rowers op Dinsdag, 3 Junie, oorval en beroof is. Sy vrou, Veronica, was saam met hom vasgebind en met die dood gedreig.

Andries van der Heyde

“He’s a strong old man, kill him!” Dít was die woorde wat Pieter Swartz, ’n boer van Radium, gehoor het toe rowers hom en sy vrou op Dinsdag, 3 Junie, op hul plaas langs die N1-snelweg aangeval het. Swartz en sy vrou, Veronica, woon al vir die afgelope vier jaar op dié plaas tussen Bela-Bela en Pienaarsrivier, en boer met volstruise, bokke en tarentale. Hulle kom oorspronklik van Mookgophong af. Verlede week was Swartz die oggend in sy bokkraal besig toe hy uit die hoek van sy oog twee vreemde mans binne die kraal op hom sien afkom het. Hy vertel dat een ’n mes en die ander ’n 9mm-pistool by hulle gehad het. Volgens Swartz, wat voorheen ’n kaptein in die ou weermag was, het hy die rower met die pistool se bewegings fyn dopgehou. “Die rower het die pistool op my gerig waarna ek vinnig die pistool se loop vasgegryp en na die kant gedwing het. Terwyl my hand op die loop was, het ’n skoot afgegaan en my hand gebrand. Die koeël het in die grond ingeskiet waarna die pistool nie weer wou afgaan nie,” het Swartz aan Die Pos vertel. Vier ander rowers het skielik bygekom en met Swartz begin stoei. Hulle het probeer om hom teen die grond vas te pen. Die rower met die mes het Swartz in sy hand gesteek en die een met die pistool het hom hard oor sy kop geslaan terwyl die ander hom aanhoudend geslaan en geskop het. Daar was in totaal ses rowers op die toneel. Veronica, wat op daardie stadium in die huis was, het die skoot gehoor en by die venster uitgekyk. Sy het gesien hoe die rowers met haar man in die grond stoei. “Al wat deur my kop gegaan het, is dat my man doodgeskiet is. Op daardie oomblik het ek gewonder; so waarvoor leef ek nou?” het sy gesê. Sy het dadelik die polisie geskakel. Sy was nog besig om op die foon te praat toe die rowers by die voordeur instorm terwyl hulle vir Swartz saamsleep. Die afstand van die

huis na die kraal is ongeveer 30 m. Een van die rowers het toe die pistool, wat nie meer wou afgaan nie, op Veronica gerig en gesê sy moet die foon neersit of hulle skiet haar. Sy het die foon neergesit, maar nie doodgedruk nie. Die polisie het volgens Swartz gehoor hoe die rowers hulle met die dood dreig en beveel om hul geld en wapens

Pieter Swartz wys hier hoe rowers hom beseer het. Die brandmerk op sy regterhand het gebeur toe ’n rower ’n vuurwapen op hom gerig en Swartz die pistool gegryp het. ’n Skoot het afgegaan en hom gemis, maar het sy hand gebrand. Sy linkerhand is beseer toe ’n ander rower hom met ’n mes gesteek het.

Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za

te oorhandig. Die rowers het die egpaar in hul slaapkamer met draad vasgebind en vir Swartz beveel om sy oë toe te maak. Swartz het geweier. Een van die rowers het dadelik na die kant van die bed geloop en Swartz se pistool opgespoor. Die rowers, wat volgens die egpaar vertroud was met die perseel, het toe die res van die huis deursoek en die kluis geplunder. Volgens Swartz het hulle sy gewere soos bakstene een na die ander uit die kluis gehaal. “Toe een van die rowers my 30-06geweer optel, het hy hardop gesê: ‘Ah, now I have a gun for rhinos’”. Swartz het agtergekom dat een van die mans heeltyd op sy foon besig was en het dit glo selfs op luidspreker gehad. Die persoon aan die ander kant van die lyn het die rowers glo aangejaag om die werk af te handel omdat hy vermoed het dat die polisie op pad was. Die rowers het Swartz se 30-06- en .22gewere, twee haelgewere asook sy 9mmpistool gebuit. Hulle het ook ’n bedrag kontant, skoene, radiostelsels en strykysters gevat waarna die rowers toe in alle rigtings gevlug het. ’n Paar van die rowers het in die veld in verdwyn en ander het na die N1snelweg gehardloop.

Die Swartz-egpaar kon daarin slaag om hulself los te maak waarna die polisie asook ’n ambulans by die plaas opgedaag het. Swartz is na die Bela-Bela-hospitaal geneem waar hy vir sy wonde behandel is. Hy is dieselfde dag ontslaan en is terug na sy plaas. Volgens kapt. Bakkies du Preez, ondersoekbeampte, het die polisie vasgestel dat die rowers die vorige aand onder ’n boom buite die erf oornag het in afwagting op ’n geleentheid om toe te slaan. Die heinings rondom die plaas was ook op vyf verskillende plekke geknip. “Omdat Veronica die polisie onmiddellik ontbied het, het dit die rowers waarskynlik onkant gevang en veroorsaak dat hulle haastig geraak en foute gemaak het,” het Du Preez gesê. Volgens Du Preez het die polisie ’n kombers, klere, ’n selfoon, kontant en ’n afskrif van ’n ID-dokument, wat moontlik aan die rowers behoort, naby die eiendom gevind. “Al die bewysstukke is vir forensiese toetse weggestuur en die saak word ondersoek,” sé Du Preez. “Ons is regtig keelvol vir hierdie tipe dinge wat gereeld in die Radium-omgewing plaasvind,” het Veronica gesê. Die egpaar beplan om in die nabye toekoms na Botswana te verhuis.

DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.