Die Pos 13 Mei 2016

Page 1

Vaalwaterkliniek die beste

4

Vyf vas ná reeks misdade

5

Hansies groet adjunkhoof

2

®

13 Mei 2016

R6.00

Polisieman in sop oor ontsnappings

Ronél van Jaarsveld

Hy het na bewering saaglemme en ’n boutsnyer aan hulle gegee en glo ‘anderpad gekyk’ Ao. Elias Mothloki (56) van die Modimolle-polisie is aangekeer ná die onlangse ontsnapping van 13 verhoorafwagtendes.

’n Legkaartstuk het verlede week vir die polisie in plek geval nadat van die verhoorafwagtende mans wat aangekeer is ná ’n ontsnapping op Dinsdag, 15 Maart, uit die selle op Modimolle, geklik het oor ’n polisiebeampte wat hulle glo gehelp het. Altesame 13 mans het die hasepad gekies nadat hulle glo die versterkte maasdraad oor die oefenlokaal van die selle oopgeforseer het. Die polisie het tot dusver nege van hulle weer aangekeer. Volgens die polisie het van die aangekeerdes vir ao. Elias Mothloki (56), wat tydens die ontsnapping aan diens was, by die ontsnapping betrek. Hy is op Vrydag, 5 Mei, in hegtenis geneem en het ná ’n deeglike interne ondersoek in die hof verskyn op 13 klagtes van hulpverlening tot ontsnapping en twee klagtes van korrupsie. Hy is op borgtog van R1 500 vrygelaat en moet weer op Vrydag, 3 Junie, in die hof verskyn. Hy is tans op verlof. Volgens ao. James Findlay, woordvoerder van die Modimolle-polisie, het Mothloki glo R5 500 en R1 500 onderskeidelik van twee groepe gevangenes ontvang. Hy het na bewering saaglemme en ’n boutsnyer aan hulle gegee en glo “anderpad gekyk” terwyl die ontsnapping plaasvind. Sover Die Pos kon vasstel, werk Mothloki al langer as 15 jaar by die Modimollepolisiestasie. Hy was glo voorheen by die Verdrag-opleidingsterrein naby Thabazimbi gestasioneer. Die vier verdagtes wat nog soek is, is Given Mogashone, Dennis Jove, Forgive Ngube en Collin Muleya. Hulle is in hegtenis geneem weens klagtes van gewapende roof. Die ander voortvlugtendes is volgens ao. Findlay aangekeer met die hulp van informante.

Misdaad in ’n neutedop:

Vrou van Modimolle deur “voornemende huiskopers” vasgebind en beroof.

2

Inwoner van Bela-Bela in veiligheidskompleks met skroewedraaier gesteek.

3

Bejaarde vrou van BelaBela in veiligheidskompleks vasgebind en beroof.

3

Vrou van Bela-Bela deur “voornemende huiskopers” om die bos gelei en besteel.

6

Booswigte steel beursies uit bejaardes se handsakke by winkelsentrums.

10

78 Immigrante agterop meubeltrok ontdek.

22

10


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.