BESTE PLAASLIKE KOERANT - LiN Media-toekennings vir 2015
Amptenare in hof oor ‘bedrog’ Hoës kies Spur bo vergadering
2 2
3 ®
14 Augustus 2015
R6.00
Wie is die mooiste in die Waterberg?
Philip van Staden by die nuwe waterpyplyn wat vanaf die pompstasie na Mookgophong aangelê word.
Mookgophong se water-situasie verbeter Marietjie Steenkamp Inwoners van Mookgophong is dit eens dat die watervoorsieningsprobleme op die dorp drasties verbeter het. Dit volg nadat AfriForum ’n dringende hofinterdik teen die munisipaliteit gekry het om dié probleem op te los. Die interdik dwing die munisipaliteit om ’n behoorlike en regverdige watervoorsieningsdiens aan
inwoners te lewer. AfriForum het in Augustus 2014 die Noord-Gautengse hooggeregshof genader. Die munisipale bestuurders van die Waterberg-distriksraad én die munisipaliteit van Mookgophong word verantwoordelik gehou vir die waterkrisis wat op Mookgophong ondervind is. “Die inwoners was al raadop en het AfriForum genader om in te gryp. Daar was gereeld wateronderbrekings in die gebiede
wat deur die munisipaliteit bedien word — soms vir tot sewe dae aaneen. Die onderbrekings word meestal aan gebrekkige infrastruktuur toegeskryf,” het Philip van Staden, voorsitter van die AfriForum-tak op Mookgophong, aan Die Pos gesê. Die munisipaliteit het ook reeds in samewerking met die Waterbergdistriksraad met die eerste fase van ’n projek begin om ’n nuwe pyplyn vanaf die boorgatpompstasie tot by die reservoir aan
WEN!
te lê. Die eerste fase, wat tot by die spoorlyn sal strek, behoort teen Oktober 2015 voltooi te wees, waarna fase twee sal afskop. Een van die vereistes wat AfriForum gestel het, was die aanstelling van ’n gekwalifiseerde tegniese bestuurder. Clifford Makofane is op in Februarie aangestel, waarna dinge glo drasties verbeter het. “Nadat senior personeel in hul poste rondgeskuif is, het die manipulasie van oortydbetaling tydens die herstel van gebarste waterpype, heeltemal opgehou. Waar herstelwerk voorheen dae geneem het, word pype nou binne ’n paar uur gelas en daarom is daar nie meer dele van die dorp wat vir dae sonder water sit nie,” het Van Staden gesê. Die Waterberg-distriksmunisipaliteit het ook toegetree om te help om van die hofbevel se vereistes na te kom. Die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) van die munisipaliteit staan die Waterbergdistriksmunisipaliteit finansieel by met die boor van vyf nuwe boorgate en die toerus daarvan. “Die gemeenskap moet die DA bedank wat die waterprobleem op Mookgophong tot in die parlement gevoer het waar die minister ná ’n skriftelike vraag van die DA toestemming gegee het vir die boor van vyf nuwe boorgate,” het Van Staden verder gesê. “Die grootste uitwerking van die hofbevel, so glo ons, is dat die ou pyplyn vanaf die pompstasie vervang word,” het Van Staden gesê. Die eerste 4,5 km om die ou pyplyn vanaf die pompstasie te vervang, is aan Water & Sanitation Services South Africa, ’n kontrakteur, toegeken wat voor einde Oktober die nuwe, groter pyp van 350 mm met die ou lyn sal verbind. Dit staan bekend as fase een om die watervoorsiening op te gradeer. Die konstruksiewerk vorder glo fluks en kan moontlik voor einde Oktober voltooi word. Morné Mostert, AfriForum se provinsiale koördineerder in Limpopo, het gesê daar is ’n merkwaardige verbetering sedert die uitreiking van die bevel. “Herstelwerk word vinniger gedoen en wateronderbrekings het baie afgeneem. Ons wil die munisipaliteit, in besonder die nuutaangestelde tegniese bestuurder, vir hul goeie samewerking bedank.”
Staan ’n kans om GRATIS boeke te wen in ons sms-kompetisie
16
Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER