Die Pos 15 April 2016

Page 1

Waar is dorp se water heen?

2

Kiesers kan steeds registreer

5

Dokter sterf in motorongeluk

3

®

15 April 2016

R6.00

Verwaarloosde grafte Talle grafstene is omgegooi, stukkend geslaan of heeltemal verwoes.

’n skande Marlene Vermaak

Jannie Grové wys na beskadigde en verwoeste grafte op Vaalwater. Dit is duidelik dat geen onderhoud aan die begraafplaas gedoen word nie.

Die ou Vaalwater-begraafplaas is in ’n haglike toestand. Die Pos het die begraafplaas op Maandag, 4 April, besoek en gesien in watter toestand dit is. Jannie Grové, oudinwoner van Vaalwater, het aan Die Pos uitgewys hoeveel van die grafte beskadig en verwoes is. “Ek kom gereeld in die begraafplaas wat tussen my huis en Lesideng geleë is. Ek was geskok om te sien hoe min respek mense deesdae vir grafte en grafstene het,” het Grové gesê. Die begraafplaas, wat langs die Melkrivier-pad geleë is, is van 1947 tot 1992 gebruik voordat Vaalwater ’n nuwe begraafplaas langs die R33 tussen Modimolle en Vaalwater aangelê het. Talle grafstene is omgegooi, stukkend geslaan of heeltemal verwoes deur vandale. Die begraafplaas het ook nie meer ’n heining, hek of enige afbakening nie. Dit lyk of die gras vir jare nie gesny of bossies om die grafte uitgetrek is nie. Familielede van die Jacobs-, Smit-, De Beer-, Venter- en Snyders-gesinne is onder meer in hierdie begraafplaas begrawe. Die Modimolle-munisipaliteit is verantwoordelik vir die instandhouding van geregistreerde begraafplase in die Vaalwater-omgewing. Volgens Patrick Shika, woordvoerder van die Modimollemunisipaliteit, was hulle nie bewus dat die begraafplaas in ’n slegte toestand is nie, totdat Die Pos hulle daaroor gevra het nie. Hy het gesê hy sal die saak verder opneem en vra dat iets omtrent die saak gedoen word.

12


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.