Die Pos 15 Augustus 2014

Page 1

Spiere bult op Bela-Bela

R6.00

Bakkie ploeg deur plaas se grensdraad

2

Riller-pad kos inwoners al duisende rande

3

®

15 Augustus 2014

Oud-Warrie sterf in botsing

Munisipaliteit versuim glo om inwoner te vergoed ná hofsaak

Theunis Fourie (28), oud-Warrie is op Saterdag, 9 Augustus, in ’n motorongeluk buite Hoedsrpuit dood. Hy was die seun van Louis Fourie, onderhoof van Laerskool Warmbad, en sy vrou, Jo. Volgens sy pa was hy op pad terug van die dorp en het sy voertuig om ’n draai op gruis gegly en ’n boom getref. Theunis was ’n finansiële bestuurder op Hoedspruit. Hy en sy vrou, Sonelja, het onlangs ouers geword van klein Juné, wat Theunis hier vashou. ’n Gedenkdiens is reeds vir Theunis op Hoedspruit gehou, en een word ook vir Saterdagoggend, 16 Augustus, op Bela-Bela beplan.

Andries van der Heyde Johan Mills, AfriForum se takvoorsitter op Bela-Bela, was baie verlig nadat hy ’n saak in die hof vir klein eise teen die Bela-Belamunisipaliteit gewen het, maar nou versuim die munisipaliteit glo om hom ingevolge die bevel te vergoed. Die munisipaliteit is op Donderdag, 3 Julie, deur die hof beveel om ’n bedrag van R6 887,87 aan hom te betaal nadat Mills hulle hof te gevat het oor sy maandelikse munisipale rekening. Mills het vir bykans twee jaar lank probleme met sy munisipale rekeninge ondervind, wat volgens hom buitensporig hoog was. Die munisipaliteit kon nie ’n geldige rede vir die buitensporige bedrae verskaf nie. Mills se rekeninge, waarvan Die Pos afskrifte het, is baie wisselvallig en teenstrydig met die munisipale glyskaal waarop die bedrae bereken is. “Die hof het reeds uitspraak gelewer en die munisipaliteit moet hom daaraan onderwerp. Ek het reeds ’n lasbrief vir restitusie aan die munisipaliteit oorhandig en die balju is ook betrek,” het Mills by navraag gesê. Daar word beoog om ’n veiling te hou waarop munisipale eiendom verkoop sal word om my te vergoed indien die munisipaliteit dit nie eersdaags doen nie,” het Mills gesê. “Ons sal enigiemand wat deur dieselfde proses wil gaan ondersteun, want niemand is verhewe bo die reg nie,” het Mills gesê. • Die Bela-Bela-munisipaliteit kon teen druktyd nie vir kommentaar bereik word nie.

WEN! WEN! WEN!

28

Asof dit nie reeds erg genoeg is dat die pad tussen die ATKV Klein-Kariba-oord en Bela-Bela tans heeltemal opgekap word nie, het dié vragmotor boonop vandeesweek net buite die dorp vasgeval en sy vrag verloor. Verkeer is vir etlike ure nog verder ontwrig totdat die toneel opgeruim is. Foto: Herman Steyn

Staan ’n kans om gratis boeke te wen in ons sms-kompetisie

16

Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.