G E L I S E N S I E Ë R D
KONTAK
(014) 717-4114 Nelson Mandela Rylaan, Nylstroom (Tussen Nyl Uitlate en Brent Oil)
®
www.buildersdiscount.co.za Hoofnuus
Kyk binne... BLADSY 14
R5.00
15 Februarie 2013
ONS SPESIALISEER IN: • Italiaanse geregte • Seekos geregte • Alle braai geregte • Oxtail • Pizza
diepos.linmedia.co.za
BESPREKINGS WORD
AANBEVEEL!
Oud-Nylie sterf ná ongeluk Pa en seun bots met koeriervoertuig in digte mis Andries van der Heyde
Joggie moet 20 jaar sit Landdros sê mense is sat vir misdaad BLADSY 2
Trauma lei glo tot dade Polisieman praat oor moordtog by stasie BLADSY 3
’n Oud-Nylie wat saam met sy pa in ’n motorongeluk was, is die afgelope week — sowat ’n week ná die ongeluk — oorlede. Jannie Breytenbach en sy seun Henrico (19) was op Saterdag, 2 Februarie, in digte mis in ’n botsing reg van voor betrokke met ’n koeriervoertuig. Die ongeluk het op die draai tussen Thaba Kgatla en die Kranskop-tolhek gebeur. Die pa en seun was op pad Carolina toe met ’n sleepwa om ’n bees te gaan oplaai. Hul voertuig is afgeskryf en lede van die nooddienste moes hulle uit die wrak sny. Henrico is erg beseer in die ongeluk. Hy is eers in die FH Odendaal-hospitaal op Modimolle behandel en daarna na die Montana-hospitaal in Pretoria en toe na die Unitas-hospitaal, ook in Pretoria, oorgeplaas. Hy het nooit sy bewussyn herwin ná die ongeluk nie en is op Saterdag, 9 Februarie, oorlede. Henrico sou op Dinsdag, 30 April, 20 jaar oud geword het. Henrico was ’n puik gimnas en het as 12-jarige ’n goue medalje by die Suid-Afrikaanse gimnastiekkampioenskappe verwerf. Hy was daardie jaar algeheel vierde in die land in sy kategorie. Henrico het sy laerskoolloopbaan by Laerskool Tuinplaas voltooi en was in 2011 in matriek by Hoërskool Nylstroom. Hy het onlangs gekwalifiseer as fiksheidsinstrukteur by Planet Fitness in Centurion. Jannie en Alta Breytenbach, sy ouers, wil graag almal bedank wat betrokke was op die ongelukstoneel, en hulle ondersteun het met SMS’e en bemoediging. Henrico word oorleef deur sy ouers, sy boetie Erhard (11) en sy sussies Nicola (15) en Mart-Marie (18). Sy begrafnis is op Vrydag, 15 Februarie, om 11:00 vanuit die Hervormde Kerk op Modimolle.
Henrico Breytenbach (links), oud-Nylie, wat die afgelope naweek dood is ná ’n motorongeluk. Jannie Breytenbach se Pathfinder (bo), wat in die ongeluk afgeskryf is. Foto: Herman Steyn
DIESEL
? Tel (014) 717 4000
Ladies & Gents Hairstylists
Pick ’n Pay sentrum, Winkel 6, Nelson Mandela straat,
Nylstroom
HEAD OFFICE — BELA-BELA: (014) 736 2723 FAX: (014) 736 3428 ADV: 082 461 4011
MODIMOLLE— NEWS: (014) 717 1776 ADV: (014) 717 1774/082 421 4429 FAX: (014) 717 2191
NABOOM: 083 928 5933/(014) 743 1879 VAALWATER: 076 032 9661
ADS: diepos@icon.co.za. NUUS: dieposnuus@icon.co.za diepos-nylstroom@icon.co.za. WEBSITE: diepos.linmedia.co.za