Die Pos 15 Januarie 2016

Page 1

BESTE PLAASLIKE KOERANT - LiN Media-toekennings vir 2015

Egpaar oorleef plaasaanval

5

Warries spog met nuwe hoof

6

Trane en vreugde op eerste skooldag ®

15 Januarie 2016

R6.00

10

’n Stormsterk wind het die afgelope naweek die groot markiestent waar kunstenaars by die Kranskopfees buite Modimolle opgetree het, omgeruk en verskeie mense is beseer. Die volgende aand het nóg ’n storm een van die ander tente laat platval (onder). Foto: Herman Steyn

Dorothy Scheepers saam met haar man, Piet. Dorothy is in die Unitashospitaal opgeneem met ’n rugbesering en twee gebreekte ribbes nadat een van die tentpale haar in die lae rug getref het.

Storm rig skade aan, bring welkome reën Ronél van Jaarsveld Vanjaar se Kranskopfees op Modimolle is bykans in die wiele gery deur die langverwagte reën wat met oorgawe opgedaag het. Modimolle het op Vrydagaand, 8 Januarie deurgeloop onder ’n hewige storm wat met sterk rukwinde gepaard gegaan het. Omstanders het gesê die storm het soos ’n tornado gelyk. Foto’s wat op sosiale media versprei is, wys dat die wolke ’n tuit gevorm het. Die sterk wind het die groot markiestent waar kunstenaars opgetree het, omgeruk en verskeie mense is beseer. “Ons skat dat daar so 20 mense beseer is. Lifemed-ambulansdienste en die provinsiale

ambulans het agt mense na hospitale in die omgewing vervoer. Die meeste van die beserings was minder ernstige snye en skrape, maar vier mense is ernstig beseer,” het Martie Jonker van Lifemed gesê. Daar was noodpersoneel op die terrein en hulle kon onmiddellik reageer. Van die ander beseerdes is met privaatvoertuie hospitaal toe. Dorothy Scheepers (65) is by St. Vincent’shospitaal op Bela-Bela gestabiliseer en na die Unitas-hospitaal in Pretoria oorgeplaas nadat sy ’n ernstige rugbesering opgedoen en twee ribbes gebreek het toe een van die tentpale haar in die lae rug getref het. Teen druktyd was sy steeds in die hoësorgeenheid. “Dit was ’n verskriklike ervaring. Dit het

begin met ’n koel bries wat skielik vererger het. Nadat die skerms op die verhoog geval het, het die mense begin uithardloop terwyl die tentpale omval. Dit was donker en ons het stof ingeasem. Die tent het ons vasgedruk en ons kon nie uitkom nie,” het Michelle Louw, haar dogter, gesê. Die Scheepers-gesin boer naweke naby Kranskop, maar woon in die week in Kempton Park. Marie Nel (82), ’n inwoner van Modimolle en ’n vriendin, Paddy Simmonds (79), was onder die tent vasgekeer nadat dit geval het. “Dit was skrikwekkend. Die tentpale het tussen die mense geval. Paddy het op haar rug geval en kon nie opkom nie. Toe die mense uithardloop, het die stoele omgeval en die pad versper. Dit was pikdonker onder die tent. Twee jong mans het Paddy kom uithaal.

WEN!

Sy was baie bekommerd dat hulle my nie sou kry nie. Ons wil hulle baie graag ontmoet en bedank,” het sy gesê. Sy vra dat die mans haar kontak. Nel se arm het gebloei en haar hand is potblou. ’n Videogreep van die tent wat omwaai is op Die Pos se Facebookblad beskikbaar. Renier Boshoff, een van die organiseerders, het gesê dat van die uitstallers skade gehad het, sowel as die tentverskaffers. Inwoners op Modimolle sê dat hul reënmeters aangedui het dat daar Vrydag 75 mm geval het. Verskeie bome is omgewaai en het kragonderbrekings veroorsaak. Saterdagaand het die weer ook opgesteek en sterk winde het gewaai. Dit het sowat 20 mm gereën. (Sien nog foto’s en berigte op bl. 2.)

Staan ’n kans om GRATIS boeke te wen in ons sms-kompetisie

12

Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die Pos 15 Januarie 2016 by Die Pos koerant/newspaper - Issuu