G E L I S E N S I E Ë R D
KONTAK
(014) 717-4114 Nelson Mandela Rylaan, Nylstroom (Tussen Nyl Uitlate en Brent Oil)
®
www.buildersdiscount.co.za Hoofnuus
Alles is wel, sê hoë Munispale bestuurder meen beswaardes oordryf BLADSY 2
‘Engel’ red egpaar Bejaarde egpaar uit brandende motor gered BLADSY 3
R5.00
15 Junie 2012
ONS SPESIALISEER IN: BESPREKINGS • Italiaanse geregte • Seekos geregte WORD • Alle braai geregte • Oxtail • Pizza AANBEVEEL!
Swaar straf ná gru-moord Ingrid Pepler Die brandstigter wat verantwoordelik was vir die wreedaardige dood van mnr. Gerhard Rautenbach (42), bekende vryskutfotograaf en musiekman van Bela-Bela, is verlede week in die Bela-Bela-streekhof tot ’n effektiewe 20 jaar gevangenisstraf gevonnis. Mnr. Jay April Sebolai (32), ’n pa van drie kinders, het skuld ontken op aanklagte van moord, huisbraak en brandstigting. Streeklanddros Theuns Prinsloo het Sebolai verlede Donderdag, 7 Junie, skuldig bevind op al drie aanklagte. “Ek is tevrede dat die staat sy saak bewys het teen die beskuldigde en dat hy die opset gehad het om die misdaad te pleeg.” Hy het in sy uitspraak gesê die hof neem die getuienis ter strafversagting in ag, maar die verswarende omstandighede van die moord is oorweldigend. Die hof neem ook in ag dat Sebolai geen vorige veroordelings het nie. “Die feite spreek vanself,” het Prinsloo tydens oplegging van vonnis gesê. “Die oorledene was binne in sy huis, die huis is aan die brand gesteek en hy is dood weens brandwonde. “Dit is een van die grusaamste maniere om dood te gaan. Die dubbeldeure van sy huis is van buite af toegemaak en Rautenbach is in die brandende huis vasgekeer. Hy kon op geen manier uitkom nie. Die diefwering moes afgesaag word om hom uit die huis te red. Die misdaad was goed beplan,” het Prinsloo gesê.
Mnr. Gerhard Rautenbach. “Die grondwet sê die gemeenskap is geregtig op ’n misdaadvrye omgewing. U geniet ook die reg,” het Prinsloo aan Sebolai gesê. “Niemand het die reg om in te breek of af te brand nie. Die hof moet genade toon maar ’n duidelike boodskap moet uitgestuur word dat die howe dit nie sal toelaat nie.
Dooie diere gesaai
Die huis waarin mnr. Gerhard Rautenbach dood is nadat die huis aan die brand gesteek is.
Meer as 146 varke dood ná ongeluk BLADSY 4
Die verswarende omstandighede was oorweldigend.” Prinsloo het Sebolai tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord, tien jaar vir brandstigting en drie jaar vir huisbraak met die opset om diefstal te pleeg. Hy het gelas dat die drie jaar vir huisbraak en helfte van die tien jaar vir brandstigting samelopend met die 15 jaar vir moord uitgedien moet word — dus ’n effektiewe 20 jaar tronkstraf. Prinsloo het in sy uitspraak gesê verskeie dokumente is as bewysstukke by die hof ingedien en mondelinge getuienis is ook afgelê. Op die lys bewysstukke wat hy in die hof uitgelees het, was die lykskouingsverslag wat bevind het dat Breytenbach dood is ná komplikasies wat deur sy brandwonde veroorsaak is. Ook ’n bankstaat wat bewys dat mnr. Gerhard Laarse van Jabulani, vir Sebolai op 26 Februarie verlede jaar ’n skeidingspakket betaal het nadat hy hom afgedank het, asook foto’s van die afgebrande huis en ’n forensiese verslag van die polisielaboratorium. Die verdediging het formele erkennings gemaak, onder meer dat Sebolai se bloed in die huis gevind is. Sy bloed is getrek deur die laboratorium en dit stem ooreen met die bloed wat op die toneel op verskeie bewysstukke, onder meer ’n vuurhoutjiedosie, gevind is. Daar is ook bloeddruppels in die stoorkamer gevind waar die kan petrol gehou is en daar was ook bloed aan die kant van die petrolkan. Adv. Kenneth Xilaluwi van Legal Aid SA het ter strafversagting getuig dat Sebolai die enigste broodwinner in sy gesin is en drie kinders het. Die staat het aangevoer Sebolai het nie die staat in sy vertroue geneem nie en het geen berou getoon nie. Toe Prinsloo in die hof gevra het of familielede van die oorledene in die hof was, is hy in kennis gestel dat familielede van die oorledene nie daartoe in staat was om die uitspraak by te woon nie omdat die misdaad so weersinswekkend is. Rautenbach, was die orkesleier van die Krux-jeugbediening op die dorp en het op Jubelani, sowat 10 km buite die dorp op die Thaba Monate-pad gebly. Hy is op 31 Mei 2011 aangeval, waarna die grasdak van die huis aan die brand gesteek is. Hy het ernstige brandwonde in die voorval opgedoen en het op 2 Junie verlede jaar in die brandeenheid van die Mankweng-hospitaal buite Polokwane gesterf.
DIESEL
? Tel (014) 717 4000
Ladies & Gents Hairstylists Pick ’n Pay sentrum, Winkel 6, Nelson Mandela straat,
Nylstroom
HEAD OFFICE — BELA-BELA: (014) 736 2723 FAX: (014) 736 3428 ADV: 082 461 4011
MODIMOLLE— NEWS: (014) 717 1776 ADV: (014) 717 1774/082 421 4429 FAX: (014) 717 2191
NABOOM: 083 928 5933/(014) 743 1879 VAALWATER: 076 032 9661
ADS: diepos@icon.co.za. NUUS: dieposnuus@icon.co.za diepos-nylstroom@icon.co.za. WEBSITE: diepos.linmedia.co.za