Die Pos 15 Maart 2013

Page 1

G E L I S E N S I E Ë R D

KONTAK

(014) 717-4114 Nelson Mandela Rylaan, Nylstroom (Tussen Nyl Uitlate en Brent Oil)

®

www.buildersdiscount.co.za

R6.00

15 Maart 2013

ONS SPESIALISEER IN: • Italiaanse geregte • Seekos geregte • Alle braai geregte • Oxtail • Pizza

diepos.linmedia.co.za

BESPREKINGS WORD

AANBEVEEL!

Posstaking verby... of nie? Andries van der Heyde Ondanks berigte dat die landwye poskantoorstaking verlede Donderdag, 7 Maart, iets van die verlede sou wees, lyk dit asof poskantore in die noordelike streke steeds die spreekwoordelike slakkepas handhaaf. Werkers by die sentrale punt waar posstukke gesorteer en versprei word vanuit Pretoria, die Tshwane Mail Centre, asook Witspos, het die afgelope ruk gestaak weens beweerde bedrog binne die posdiens, asook ontevredenheid oor werkers se salarisse. Behalwe vir die chaos met duisende mense wat nie die afgelope maand rekenings betyds ontvang het nie, is van die mense wat ook met die hande in die hare sit, Unisa-studente, wie se kursushandleidings teen saktyd vandeesweek nog nie by hulle uitgekom het nie. Sonja Smalberger, die Bela-Bela-poskantoor se bestuurder, het aan Die Pos gesê hulle is moedeloos, omdat voorraad en pos nie opdaag nie. Internasionale pos staan ook na wat verneem word steeds op lughawens. “Mense se polisdokumente daag wel op, maar dis basies al wat ons gekry het,” sê Smalberger. Daar is ooreenkomste met Speed-koerierdienste aangegaan om pakkies af te lewer, maar pos kom steeds net stukstuk in, het sy gesê.

2

Volgens haar is dit net die noordelike streke wat nie resultate sien nie, terwyl die res van die land wel pos ontvang. “Mail Centre tel nie eens hul telefone op wanneer ek probeer skakel nie,” het Smalberger bygevoeg. “Ek weet vir ’n feit daar’s baie (ongesorteerde) pos (by Mail Centre), want almal soek hulle pakkies.” Die Bela-Bela-poskantoor is geselekteer om binnekort geoudit te word, maar volgens Smalberger is daar nie genoeg voorraad of pos wat die oudit moontlik sal maak nie. Sy het ’n beroep op die publiek gedoen om vorige of ou rekenings saam te neem poskantoor of munisipaliteit toe sodat inwoners kan uitvind wat hulle verskuldig is op hul rekenings totdat die posdiens weer op dreef is. Sy het die publiek gevra om in ag te neem dat die poskantoor-takke in Limpopo nie deelgeneem het aan die staking nie. Met ons ter perse gaan het die BelaBela-poskantoor laat weet hulle het pas ’n reuse-besending opgehoopte posstukke ontvang.

Die poskantoor-staking by Pretoria se sortering- en verspreidingsbasis het Bosvelders behoorlik warm onder die kraag gehad.

Steeds in hospitaal Inwoner ernstig ná botsing met taxi

4

Wat ruik so sleg? Inwoners kla oor reuk by parkie

5

Strike at local school Pupils ask for ‘good education’

DIESEL

? Tel (014) 717 4000

Ladies & Gents Hairstylists

Pick ’n Pay sentrum, Winkel 6, Nelson Mandela straat,

Nylstroom

HEAD OFFICE — BELA-BELA: (014) 736 2723 FAX: (014) 736 3428 ADV: 082 461 4011

MODIMOLLE— NEWS: (014) 717 1776 ADV: (014) 717 1774/082 421 4429 FAX: (014) 717 2191

NABOOM: 083 654 5820/(014) 736 2723 VAALWATER: 076 032 9661

ADS: diepos@icon.co.za. NUUS: dieposnuus@icon.co.za diepos-nylstroom@icon.co.za. WEBSITE: diepos.linmedia.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.