Die Pos 16 Februarie 2018

Page 1

Vier hoës van Bela-Bela in hof

3

®

16 Februarie 2018

R6.00

Sello Moswoeu

Freddy Hlungwane

Henrietta Ledwaba

Mark het tussen twee bome beland wat hom gedeeltelik teen die renoster beskerm het

Bela-Bela-dokter se pa deur

renoster aangeval Andries van der Heyde Die pa van ’n bekende dokter van BelaBela is vanaf Thabazimbi na Bela-Bela oorgeplaas nadat hy en sy vrou op Dinsdag 13 Februarie by die Marakelenatuurreservaat buite Thabazimbi deur ’n witrenoster aangeval is.

Mark (62) en Sarah (60) Obree, dr. Nicola Havemann, mediese praktisyn op Bela-Bela, se ouers, het vanuit Simonstad in die WesKaap vir Havemann en haar gesin kom kuier. Hulle wou graag hul kleinkinders sien, maar het ook uitgesien om weer die gerief van ’n ordentlike stort en swembad te kan geniet, het Havemann gesê. Die Wes-Kaap beleef tans ’n ongekende watertekort.

Volgens Havemann het haar ouers Dinsdag die Marakele-natuurreservaat besoek. Hulle het teen ongeveer 05:30 op ’n staptoer saam met twee gewapende veldgidse gegaan en ’n klomp wild gesien. Hulle het op drie renosters afgekom — ’n bul, koei en kalf. Die koei en kalf het vermoedelik weg van die bul beweeg en die egpaar, asook die

John Sesane

Die ouers van dr. Nicola Havemann van Bela-Bela, Mark en Sarah Obree, is deur ’n renoster aangeval terwyl hulle op ’n staptog in die Marakele-natuurreservaat buite Thabazimbi was. Op die foto is Mark saam met die twee veldgidse wat hom en sy vrou op die staptoer geneem en daarna noodbehandeling op hom toegepas het. Die Pos kon teen druktyd nie hul name bevestig nie. Op die agtergrondfoto is die renosterbul wat op die groep stappers afgestorm het.

veldgidse, het tussen die bul en die ander twee renosters beland, het Havemann gesê. Die bul het skielik op hulle afgestorm en vir Mark geteiken. Die veldgidse kon volgens haar geen skoot tydens die voorval afvuur nie. Die renoster het vir Mark gestamp en hy het tussen twee bome beland wat hom gedeeltelik teen die renoster se stampe en stote beskerm het, het Havemann gesê. Gelukkig het die bul sy aanval gestaak. Mark het vier gebreekte ribbes en ’n diep wond van ongeveer 20 cm tussen sy bors en maag aan die linkerkant van sy bolyf opgedoen waar die horing hom getref het. Sarah het twee van haar tone in die proses om weg te kom, gebreek. Die veldgidse moes noodbehandeling toepas nadat Mark sy bewussyn verloor het. Hy het baie bloed verloor. Hulp is ingeroep en ’n SanParke-ambulans het opgedaag nadat die groep vir omtrent ’n uur in die veld gewag het, het Havemann gesê. Mark is na die Mediclinic in Thabazimbi geneem en daar geopereer. Havemann het gesê dat haar pa baie gelukkig was, maar sy het gesê dat hy niks van die voorval kan onthou nie. Die veldgidse het hom by die hospitaal besoek en vertel wat presies gebeur het. Mark sou op Woensdag 14 Februarie na die St. Vincent’s-hospitaal in Bela-Bela oorgeplaas word om daar verder aan te sterk, het Havemann gesê.

8


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.