Die Pos 16 Januarie 2015

Page 1

Daar ‘gat’ ons weer met Thabazimbi-pad

3

Vriende bring hulde aan Lodie de Jager

4

Ruiters wys hul slag by groot fees ®

R6.00

16 Januarie 2015

24

Mooiste mejuffrou

Vir Pieter en Tessa Roux van Bela-Bela is dit vanjaar driedubbele boeke oortrek, kosblikke pak, skoolklere koop en huiswerk doen. Die drieling Kyle, Dean en Neil Roux is vanjaar gr. 1-leerders van Laerskool Warmbad en kyk dan net hoe soet is hulle — botter kan nie in daardie bekkies smelt nie. Foto: Michelle Jansen van Rensburg

Kommer oor nuwe slaagvereistes Andries van der Heyde

Die pragtige Natasha Joubert (middel) is verlede naweek tydens Modimolle se groot Kranskopfees (voorheen die Druiwefees) as Mej. Kranskopfees aangewys. (Lees op bl. 12 alles oor dié fees der feeste.) Foto: Herman Steyn

WEN! WEN! WEN!

Staan ’n kans om gratis boeke te wen in ons sms-kompetisie

16

Mookgophong-streek se skole het die hoogste slaagsyfer uit al die skole in die Waterberge (86,63%) in die 2014-matriekeksamen behaal. Die Lephalale-streek was tweede met 82,03% en Modimolle derde met ’n slaagsyfer van 81,06%. Die algehele 2014-slaagsyfer in die Waterberg-distrik was 73,98%, wat 0,12% laer is as in 2013. Die Waterberg-distrik bestaan uit Mookgophong, Lephalale, Modimolle, Thabazimbi, Vaalwater, Palala-Suid, Bela-Bela, Palala-Noord en Dwaalboom. Hoërskool Warmbad het die beste slaagsyfer uit al die skole in die streek behaal. Volgens ’n onderwyskenner, wat anoniem wou bly, is daar kommer oor ’n beleid van die onderwysdepartement dat leerders in hoërskole ’n graad net een keer mag druip en dan

na die volgende graad bevorder moet word sonder om die slaagvereistes te behaal. Die kenner sê dit is net van toepassing op gr. 8-11-leerders en nie op gr. 12-leerders nie. Die slaagvereistes per vak vir 2015 is as volg: ’n leerder moet ’n minimum van 40% vir sy huistaal kry, vir twee ander vakke ook 40% en vir drie ander vakke bo 30%. Die kenner meen lewensoriëntering, wat ’n verpligte vak geword het, help sekere leerders om hul jaar te slaag, maar hy meen dat dit nie veel waarde aan die leerder se opvoeding toevoeg nie. • Luidens ’n verklaring van Solidariteit Helpende Hand se Vereniging vir Afrikaanse wiskunde-onderwysers (VAW) het altesame 7 198 Afrikaanse matrieks verlede jaar onderskeidings vir wiskunde behaal. In ’n studie het hulle bevind dat 31% van die wiskunde-onderskeidings uit Afrikaanse skole gekom het.

Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die Pos 16 Januarie 2015 by Die Pos koerant/newspaper - Issuu