Die Pos 16 November 2012

Page 1

G E L I S E N S I E Ë R D

KONTAK

(014) 717-4114 Nelson Mandela Rylaan, Nylstroom (Tussen Nyl Uitlate en Brent Oil)

®

www.buildersdiscount.co.za Hoofnuus

Woede oor staking

R5.00

16 November 2012

ONS SPESIALISEER IN: • Italiaanse geregte • Seekos geregte • Alle braai geregte • Oxtail • Pizza

diepos.linmedia.co.za

BESPREKINGS WORD

AANBEVEEL!

Oud-Nylie sterf ná duik Danie Visser

Stakers keer mense om sake te doen

’n Jong, atletiese oud-Nylie, Gert Alberts (19), is verlede naweek dood nadat hy in ’n swembad geduik en vermoedelik sy nek gebreek het. Dié voorval het op Vrydagaand, 9 November, by die swembad van Susan Strijdomskool op Modimolle plaasgevind, waar een van Gert se vriende ’n verjaardagpartytjie gevier het. Hy was die seun van kapt. Gert Alberts en sy vrou Lena. Albei sy ouers is by die Modimollepolisie gestasioneer. Sy ma werk in die finansiële afdeling. Volgens Gert se ma het haar seun glo omstreeks 19:30 sy selfoon en beursie uit sy sakke gehaal en aan ’n vriendin gegee om vas

BLADSY 2

Skikking buite die hof

Gert Alberts (links) in aksie vir Hoërskool Nylstroom se eerste rugbyspan (onder). Hy was ook ’n presteerder op die atletiekveld. Links onder is sy meisie, Patricia Liebenberg, onlangs tydens ’n sportgeleentheid by die Nylies met Gert se naam op haar bors geskryf.

Inwoner kry ‘aansienlike’ bedrag van polisiehoof BLADSY 4

Foto’s: Herman Steyn

‘Waterlek’ kry die skuld Inwoners sit met hemelhoë rekenings BLADSY 13

te hou. Hy het glo gesê hy gaan swem. Hy het ingeduik en sy vriende het opgemerk dat hy nie weer opkom nie. Van sy vriende het ingespring en hom uitgetel. Hulle het hom op die rand van die swembad neergelê. Vriende het ’n kring om hom gemaak en begin bid, terwyl mediese personeel hom probeer help het. Later het ’n dokter hom op die toneel dood verklaar. Hy het vermoedelik sy nek gebreek. Dieselfde dag het Gert nog by sy beste vriend, Hein de Wet, gespog met die diploma wat hy dié oggend vir gesondheid en veiligheidsbestuurder ontvang het. Hy het nog gesê: “Vandag begin my lewe, nou kan ek gaan werk,” het De Wet onthou. Gert het verlede jaar vir Hoërskool Nylstroom se eerste rugbyspan uitgedraf en was ’n kranige deelnemer by verskeie atletiekbyeenkomste. Nog ’n vriend, Champie van der Kolf, het hom beskryf as ’n regte “teddiebeer”. “Hy was groot en rof gewees, maar met ’n baie sagte hartjie en persoonlikheid.” Gert se ma, Lena, het aan Die Pos gesê haar seun het verlede naweek vir hom ’n groentetuin begin aanlê by die huis. Sy en haar man wil graag die gemeenskap bedank vir hul ondersteuning en bydraes in dié moeilike tyd. Die begrafnis is op Vrydag, 16 November, om 11:00 vanuit die Gereformeerde Kerk op Modimolle. Gert word oorleef deur sy ouers, suster, Sandra Alberts en broer Jannie Alberts. Sy meisie was Patricia Liebenberg, ook van Modimolle. • Die Pos het in 2011 ook berig oor David Khosa (15) wat op Saterdag, 3 Desember, dood is nadat hy in dieselfde swembad verdrink het toe hy en van sy vriende wou gaan swem. David was ook ’n sportheld in Hoërskool Phagameng.

DIESEL

? Tel (014) 717 4000

Ladies & Gents Hairstylists

Pick ’n Pay sentrum, Winkel 6, Nelson Mandela straat,

Nylstroom

HEAD OFFICE — BELA-BELA: (014) 736 2723 FAX: (014) 736 3428 ADV: 082 461 4011

MODIMOLLE— NEWS: (014) 717 1776 ADV: (014) 717 1774/082 421 4429 FAX: (014) 717 2191

NABOOM: 083 928 5933/(014) 743 1879 VAALWATER: 076 032 9661

ADS: diepos@icon.co.za. NUUS: dieposnuus@icon.co.za diepos-nylstroom@icon.co.za. WEBSITE: diepos.linmedia.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die Pos 16 November 2012 by Die Pos koerant/newspaper - Issuu