BESTE PLAASLIKE KOERANT - LiN Media-toekennings vir 2015
Waar is ons dorpe se water?
2
Vrou sterf toe kamer afbrand
3
6 Elephant mauls worker to death
®
R6.00
16 Oktober 2015
Brand
eis Working on Fire-lid se lewe
Dié voertuie by die Entabeni Safari Conservancy buite Mookgophong het in die brand in die slag gebly. Foto: Working on Fire
Marlene Vermaak Verwoestende brande woed reeds sedert Donderdag, 8 Oktober, in die Waterberge en het die lewe van ’n lid van die Working on fire-span geëis terwyl talle eiendomme en wild ook in die slag gebly het. Die Working on Fire-span het op Sondag, 11 Oktober, in een van die klowe op Ertjies Greyling se plaas naby Rankins Pass afgegaan om ’n voorbrand te maak in ’n
WEN! 18 Staan ’n kans om GRATIS boeke te wen in ons sms-kompetisie
poging om die brand te probeer keer, toe die vlamme een van hul lede oorval het. “Ek was bo-op die berg toe ek die werkers in die kloof verskriklik hoor skree,” het Michael du Plessis aan Die Pos vertel. “Ek het baie groot geskrik en dadelik afgehardloop daarheen om te kyk of ek iemand kan bystaan of red. Terselfdertyd het my broer, Willie, na die naaste selfoonopvangsgebied gejaag om die Working on Fire-helikopter te ontbied.” Michael sê hy het dadelik besef die
5 CD’s vir 5 gelukkige lesers Meer op bl.
10
Die Pos op Facebook en Twitter. Web: diepos.linmedia.co.za
werker is in gevaar en het moontlik seergekry toe hy die geskree hoor en het die ergste verwag toe hy onder kom. “Lede van die Working on Fire-span was toe reeds besig om Modikwe Samuel Ramokgaba (35) van Northan by te staan. Ek het by hom gesit en hom probeer kalm hou terwyl ons vir die helikopter gewag het. Hy het vreeslik gebewe,” het Michael gesê. Volgens Matema Gwangwa, provinsiale mediawoordvoerder van Working on Fire,
het Ramokgaba ernstige brandwonde opgedoen nadat hy deur die vlamme oorval is. “Ramokgaba is per helikopter na die Warmbad-hospitaal geneem, maar het dieselfde aand teen 23:00 aan sy wonde beswyk. Hy laat sy ma en twee kinders agter,” het Gwangwa gesê. Working on Fire het hul simpatie aan sy gesin betuig en gesê hul dra sy familie in hul gebede op. “Ons sal ook al die nodige ondersteuning aan sy familie en kollegas voorsien.” Lede van die polisie is ook van die voorval in kennis gestel en ’n volledige ondersoek rondom die omstandighede van Ramokgaba se dood sal geloods word. “Ons het reeds op Donderdag, 8 Oktober, begin om die brand te bestry en teen Maandagaand, 12 Oktober, was daar steeds dele wat gebrand het. Ons is baie dankbaar vir elkeen wat ons kom help het en wil ons innige simpatie aan die familie betoon met die afsterwe van een van die Working on Fire-lede,” het Willie du Plessis, bestuurder van die plaas waarop die treurspel afgespeel het, gesê. Wimpie Cilliers (35) van die plaas Maranatha naby Vaalwater, het self amper in die moeilikheid beland toe hy op Saterdag, 10 Oktober, op dieselfde plaas deur die vlamme oorval is. Gelukkig het Cilliers geen ernstige wonde opgedoen nie, slegs blase en ’n vel wat sonbrand-rooi is. “’n Onverwagse warrelwind het die vlamme binne sekondes rondom my laat brand en die vuur het eensklaps vinniger beweeg as wat ek kon hardloop,” het Cilliers vertel. • Derduisende rande se skade is aan die veld aangerig en diere het ook doodgebrand. Plekke wat die ergste geraak is, sluit in Modimolle, Alma, Vaalwater en ook gebiede verder weg soos Mokopane en Thabazimbi. (Lees ook berigte elders in die koerant.)