Die Pos 16 September 2016

Page 1

Ongeluk ná stopteken verdwyn

2

Humeure vlam op tydens vergadering

2

Wildboer sterf ná ongeluk

5

3

®

16 September 2016

R6.00

So bespaar ons, sê DA Ronél van Jaarsveld

Danie du Toit oorhandig ’n beloning aan Collen Makgetlwa en Prince Makhopa vir die terugbesorging van die Hansies se gesteelde klere.

Gesteelde Hansie-klere

teruggevind Marietjie Steenkamp

Jaco van Heerden, afrigter van Hoërskool Hans Strijdom op Mookgophong se o.15Arugbyspan, glimlag weer breed nadat sy span se gesteelde rugbyklere teruggevind is. Volgens Van Heerden is die klere uit sy voertuig gesteel nadat die ruit van sy bakkie voor ’n winkel op die dorp uitgeslaan is. Die voorval het op Vrydag, 2 September, in die hoofstraat plaasgevind. Van Heerden het die span se klere laat was

en dit was in ’n groot seilsak verpak. Die boewe het klaarblyklik gedink dat die sak waardevolle goedere bevat en het daarmee laat spaander. Niks anders is gesteel nie. Groot was sy verbasing egter toe twee mans wat vir Transnet werk, op Dinsdag, 6 September, by die skool opdaag met inligting dat hulle ’n sak met klere langs die spoorlyn buite die dorp sien lê het. Die twee, Collen Makgetlwa en Prince Makhopa, het foto’s van die klere geneem en vermoed dat dit aan die Hansies behoort. Hulle het die ver pad skool toe gestap en

Danie du Toit, onderwyser by die skool, het dadelik die klere herken en is saam met die manne daar weg. Die sak met alles daarin is agter die Toyota-motorhawe langs die spoorlyn gevind en “huis toe” gebring. Die skool het besluit om ’n beloning aan Makgetlwa en Makhopa te gee en hulle het dit met ’n breë glimlag ontvang. “Ons is baie dankbaar dat daar nog sulke eerlike mense op ons dorp is en daarom het ons besluit om hulle te beloon. Die waarde van die klere is ongeveer R5 000,” het George Klopper, hoof van die skool, gesê.

Die nuwe munisipaliteit van Modimolle/Mookgophong is verwelkom deur ’n bankbalans wat diep in die rooi gelaat is deur die vorige administrasies van dié twee saamgesmelte munisipaliteite. Marlene van Staden, burgemeester, het tydens die raadsvergadering op Maandag, 12 September, gesê sy is diep bekommerd oor die hoeveelheid krediteure wat aanklop. Die munisipa-liteit moet daarom noodgedwonge kyk waar en hoe hulle kan bespaar. Van Staden het by navraag aan Die Pos gesê die munisipaliteit het slegs drie voltydse raadslede aangestel pleks van die ses wat hulle kan aanstel. Dit het ’n besparing van R1,4 miljoen meegebring. Hulle sal ook slegs twee persoonlike assistente aanstel pleks van die drie assistente wat voorheen aangestel is. Die burgemeester sal ’n persoonlike assistent hê en die hoofsweep en speaker sal een deel. Dit bring ’n verdere besparing van R223 000 mee. Die peperduur BMW 535i wat deur die vorige burgemeester van Mookgophong aangekoop en R790 000 werd is, is aan die bank terugbesorg. Volgens DA-raadslid Hercules Louw is die motor teen R25 891 per maand op ’n huurkoopooreenkoms afbetaal. “Die huidige begroting sal in Januarie en Februarie hersien word en daar sal dan na nóg besparings gekyk word. Die 2017/2018-begroting sal beslis ons nuwe aanslag op vermorste bestedings weerspieël,” het Van Staden gesê. * Volgens Louw het ’n groep boere van die Mookgophong-omgewing reeds ingespring en ’n 20 km lange strook plantegroei wat tot teen die elektriese drade gegroei het, skoongemaak. ’n Groep vroue het ook gevra of hulle die dorp se verwaarloosde tuine onder hande kan neem en netjies maak en beplant.

12


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.