ATKV Mediaveertjies 2013 - Beste plaaslike koerant Munisipaliteit van Modimolle ruim gemors op Woonhuis op Settlers erg in brand beskadig
Hofmeyr en ander bekendes by Windpompfees
3 ®
15
13 R6.00
17 April 2014
Paasfees is hier! Terwyl duisende motoriste reeds die jaarlikse uittog na die noorde vir die Paas-saamtrek van die Zionistekerk buite Polokwane aangepak het, verkies ander om Paasfees stil en tuis te geniet. Danell (5) en Fourie (2) van der Merwe van BelaBela ken die Paasverhaal, maar is darem ook baie bly oor die Paashaas se besoek aan hul tuin. Foto: Herman Steyn
Die Pos nou ook op Facebook en Twitter
Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za
Basta met slegte paaie Marlene Vermaak Die Vaalwater Distrikslandbouunie het besluit om in te gryp en ’n oplossing vir die slegte paaie-kwessie te probeer vind. Die Vaalwater-DLU het op Donderdag, 10 April, ’n paaievergadering met die Limpopo-departement van paaie en vervoer gehou. Ben Mostert (voorsitter van die DLU op Vaalwater), Pieter Prinsloo en Burt Gildenhuys het die DLU verteenwoordig. David Munzhedzi en LA Moaga van die departement van paaie en vervoer was teenwoordig. Volgens Mostert het Munzhedzi gesê hulle is bewus van ongeveer tien paaie in die Waterberg-distrik wat onbegaanbaar is en wat reeds aandag geniet. Dié paaie sluit in die Warmbad/De Nyl Zyn Oog-pad, die R33-pad tussen Vaalwater en Lephalale, Schoongelegen (Thabazimbi), die Krokodilrivierpad, Witkop, die Sandrivierpad, Baviaanshoek en Beauty (Lephalale). Volgens Munzhedzi het hulle reeds begin om paaie en brûe by De Nyl Zyn Oog en Melkrivier te herstel. Die R33-pad tussen Vaalwater en Lephalale is met ’n tydelike ligte voertuig-brug herstel. Dié brug mag egter nie deur trekkers of swaervoertuie gebruik word nie. Sandrivierspoort se pad is besig om weg te sak en volgens Munzhedzi en Moaga is die Limpopo-departement en die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) bewus daarvan. “Die kontrakteurs wat die Sandrivierpad gebou het, is vir die herstel daarvan verant-
woordelik. “Die departement van paaie en vervoer het reeds met rampbestuur vergader, wat befondsing vir die herstel van paaie in die distrik belowe het. Die departement is bewus daarvan dat paaie in ’n baie swak en onbegaanbare toestand is, en beloof om ’n werklike verskil te probeer maak in die komende paar maande.” Volgens die Vaalwater-DLU het al die grondpaaie dringend aandag nodig. “Duikslote sal uitgegrawe, skoongemaak en teruggeplaas moet word. Die begruissing van padoppervlaktes sal ook gedoen moet word. “Die samewerking van grondeienaars weerskante van die paaie word gevra met die oopmaak van waterafvoerslote en kanale sodat die water nie in die padreserwe vergader nie. “Ons versoek ook grondeienaars om die departement van paaie en vervoer behulpsaam te wees met die beskikbaarstelling van gruis,” het die woordvoerders van die Vaalwater-DLU gesê. Munzhedzi het genoem dat die departement van paaie en vervoer ekstra toerusting en masjinerie byhuur om die herstel te bespoedig. Op die vraag aan Munzhedzi in verband met die R647 549 miljoen wat glo teruggestuur is, van die provinsie na die tesourie, wat vir die herstel van paaie bedoel was, het hy geantwoord dat hy niks daarvan weet nie en dat die Waterberg-distrik se geld alles opgebruik is. Volgens die Vaalwater-DLU doen hulle nou navraag by die provinsie oor dié saak. Die Vaalwater-VLU vergader weer met Munzhedzi en Moaga vroeg in Junie.
’n kans om gratis boeke te wen in ons sms-kompetisie WEN! WEN! WEN! Staan
16