BESTE PLAASLIKE KOERANT - LiN Media-toekennings vir 2015 Modimolle se standbeelde staan darem nog Een op parade uitgewys ná wrede mesmoord
2 3
Binne Landboubylae
®
17 April 2015
R6.00
Aanvaller self gewond ná inbraak
Helgaardt Botha en sy hond Bertus op die bank waar Botha gelê het toe hy op die aanvaller geskiet het. Die aanvaller het by die kombuistoonbank in die agtergrond gestaan. Ronél van Jaarsveld ’n Gewapende plaasaanvaller is Sondagaand, 12 April, gewond nadat sy haelgeweer se slagpen vasgehaak en Helgaardt Botha (67) blitsig gereageer het. ’n Rustige Sondagmiddag het in ’n oogwink vir Botha, wat op die plaas Langkloof op die Grootfonteinpad buite Modimolle boer, verander. Nadat Botha van
sy beeste afgekom het, het hy op die bank gaan lê en televisie kyk. Sy hond Bertus het oudergewoonte teen die venster gelê. “Om en by 18:00 se kant het ek die skuifslotjie op die kombuisdeur skuins agter my hoor kraak. Ek het eers gedink dis my broer wat ook hier op die plaas woon, maar die deur het ’n stadige skuifgeluid gemaak en ek het besef dis nie hy nie. Ek het oor die rand van die bank gekyk. Die man het dadelik sy haelgeweer gelig en probeer
skiet,” het Botha aan Die Pos gesê. Hy was skaars 4 m van waar Botha gelê het. Die geweer het vasgehaak en die aanvaller het agter die kombuistoonbank gaan sit en spook om dit oor te haal. “Ek het onmiddellik my .357 Magnumrewolwer, wat ek maar altyd by my het, uitgepluk en na die toonbank toe geskiet. My hond het begin blaf. Die man het opgespring en uitgehardloop,” sê Botha. Die koeël is deur die toonbank en asblik.
WEN!
Dit is onduidelik of die aanvaller toe getref is. “My eerste reaksie was een van woede. Die vermetelheid van die man om my in my eie huis te wil skiet! Ek en Bertus het agter hom aangehardloop, want ek was bekommerd oor my broer, Ferdinand, wat hier naby my bly,” het Botha gesê. Hy het die man teen die hoek van die huis gesien en weer geskiet. Die aanvaller het sy wapen laat val en die bosse ingehardloop. “Die Spoorsnyers, ’n privaat veiligheidsmaatskappy, en die polisie het die eerste bloedspore ’n ent daarvandaan gekry. Hulle het ook drie stelle spore langs ’n wilddraad gekry, wat reeds oopgebuig was sodat hulle maklik kon deurkruip,” sê Botha. Vossie Vosloo van die Spoorsnyers het gesê dat hulle die bloedspoor teen die berg op gevolg het. Vermoedelik het die aanvaller gaan sit om sy wond te verbind. Botha sê dat daar twee weke gelede ’n inbraak by sy broer se huis, so 100 m van hom af, was. Die lyndraad was geknip. “Die beelde van die man met sy klapmus op, wat sy geweer lig om my te skiet, en my eie hand wat wip toe ek die sneller trek, is nog baie helder in my gedagtes. Maar as die Here nie die aanvaller se geweer se slagpen vasgehou het nie, sou ’n duisend rewolwers my niks gehelp het nie. Dit is net Hy wat my gespaar het. “My dogter en skoonseun dring daarop aan dat ons veiligheidshekke opsit, maar ek voel nie besonder onveilig ná die aanval nie. Ek het gisteraand weer goed geslaap,” het Botha gesê. Botha sê hy wil boere aanraai om bewus te wees van hul omgewing. Let op na voertuie en vreemdelinge wat in die omgewing rondbeweeg. “Ons moet sê: hierdie plaasaanvalle stop nou! Ons moenie slagoffers wees nie, maar wakker wees,” sê hy. Kol. Ronél Otto, provinsiale woordvoerder van die polisie, sê dat die haelgeweer wat die aanvaller gebruik het, tydens ’n onlangse huisroof gebuit is. Hulle ondersoek die moontlikheid dat die man by ander aanvalle betrokke was. Teen druktyd was hy nog op vrye voet.
Staan ’n kans om GRATIS boeke te wen in ons sms-kompetisie
23
Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER