Motordiewe se bestuursvernuf laat hul in steek Modimolle het die beste sakekamer in die land
2
Rekenmeester van Modimolle sterf onverwags
11
4
®
R6.00
17 Oktober 2014
Bouwerk aan die pad tussen Bela-Bela en Thabazimbi is steeds vir motorryers ’n reuse-kopseer. Die eerste 3 km uit die dorp is nou geteer. By die Roodepoort-afdraai is daar ’n padblokkade opgerig, waar daar aan dié deel van die pad gewerk word. Talle gebruikers van dié pad het aan Die Pos gesê dit voel asof die pad nou nóg smaller is as voorheen. Pieter Raath, voormalige voorsitter van die Bela-Bela-belastingbetalersforum en afgetrede siviele ingenieur, het voorheen aan Die Pos gesê die voorgeskrewe wydte vir nasionale paaie is 8,2 m, maar die Thabazimbi-pad se wydte het verlede jaar op 5,2 m gestaan. Die kontrakteur kon nie vir kommentaar bereik word nie. Foto: Herman Steyn
Buitelandse toeriste gekaap Marlene Vermaak ’n Groep buitelandse toeriste is verlede naweek op die R33-pad tussen Vaalwater en Lephalale gekaap. Die verdagtes het hulle voorgedoen as lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en was glo in volledige polisie-uniforms geklee. Hulle het na verneem word ook ’n voertuig met ’n blou lig op gehad en het selfs die bestuurder van die 22-sitplek bussie “in hegtenis” geneem. Konst. Simon Makhuvele, woordvoerder van die Vaalwater-polisie, het aan Die Pos gesê ’n opsporingsfirma van Botswana het
WEN! WEN! WEN!
hulle op Sondagaand, 12 Oktober, geskakel. Dié firma het die polisie versoek om een van hul voertuie te gaan soek omdat hulle snuf in die neus gekry het. Hulle het die presiese plek aangedui waar die bussie reeds vir ’n geruime tyd stilgestaan het, en wou uitvind wat die rede vir die oponthoud was. “’n Voertuig is dadelik na die Zandriftgrondpad, ongeveer 15 km buite Vaalwater, gestuur. Dié lede het op die 20 gestrande toeriste afgekom. Die mense was glo almal baie geskok en kon nie hulp ontbied nie, omdat almal se selfone gesteel is.
Staan ’n kans om gratis boeke te wen in ons sms-kompetisie
16
Die verdagtes het die insittendes, waarvan slegs die bestuurder ’n man was en die res vroue, met vuurwapens in die voertuig aangehou en alle waardevolle items afgeneem. Kontant ter waarde van meer as R200 000, selfone, juwele en nog ander items is geroof,” het Makhuvele gesê. Die vroue, almal van Botswana, het aan Makhuvele vertel dat hulle onderweg na Gauteng was om inkopies te doen en dat dit die rede vir die groot hoeveelheid kontant was. Die bestuurder van die bussie het aan die polisie gesê dat hulle voertuig omtrent 5 km buite Lephalale voorgekeer is. Die kapers
het ingeklim en self die bussie tot by die Zandrift-pad bestuur, waar dit gelos is. Makhuvele het aan Die Pos gesê dat hulle in ’n gesamentlike poging met die SAPS op Lephalale werk om die verdagtes so vinnig as moontlik aan te keer. “Lede van die publiek moet besef dat dit verdagtes is wat hulle voorgedoen het as lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en dat geen lid van die SAPS betrokke was nie,” het Mahkuvele gesê. Makhuvele versoek ook inwoners om die polisie asseblief eerste te kontak indien ’n misdaad vermoed word, omdat waardevolle bewysstukke vernietig kan word indien dit nie gebeur nie.
Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER