Die Pos 18 Augustus 2017

Page 1

Hofsaak teen raadslid begin

2

Rowers slaan weer in hoofstraat toe

5

®

18 Augustus 2017

R6.00

Skok ná nog ’n selfdood Ronel van Jaarsveld en Andries van der Heyde

Inwoners van Bela-Bela is geskok ná die skielike dood van Jannie van Aswegen (50) van Bela-Bela. Foto: Facebook

Die Bela-Bela-gemeenskap is wéér in rou nadat Jannie van Aswegen (50), ’n geliefde inwoner en pa van twee pragtige dogters, vermoedelik op Dinsdag, 15 Augustus, sy eie lewe by die ou-Warmbaddam op die Almapad geneem het. Dit is die sesde selfdoodgeval binne ’n kort tydperk waaroor Die Pos berig. Lede van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) sektor 1 en vriende van Van Aswegen het die oggend ’n soektog na hom geloods nadat hy glo werkers afgelaai en nooit weer gesien is nie. Van Aswegen was ’n boukontrakteur in die omgewing. Volgens verklarings van die Bela-Belapolisie en die GPF het die soekspan Van Aswegen die Dinsdagaand by die dam gevind. Hy het homself vermoedelik opgehang. Die Warmbad-nooddienste het hom op die toneel dood verklaar. Sers. Hester van Zyl, polisiewoordvoerder op die dorp, het gesê ’n geregtelike nadoodse ondersoek is geopen. ’n Selfmoordbrief is na wat verneem word in Van Aswegen se bakkie by die dam gevind. Talle boodskappe vanuit die gemeenskap stroom steeds in waarin mense hul simpatie met die Van Aswegen-gesin deel. Laerskool Warmbad, waar Van Aswegen se vrou, Marinda, voorheen as onderwyser

Honderde atlete op Bela-Bela

24

Ons het ’n vriend, ’n pa en ’n man verloor

gewerk het, het in ’n boodskap gesê hulle simpatiseer met die gesin en wens hulle sterkte toe vir die pad vorentoe. “Sterkte aan Marinda, die kinders en almal wat betrokke was in Jannie se lewe. Ons bid julle sterkte, vrede en liefde toe,” het nog ’n boodskap van die GPF CBD-groep gelui. Mark Maguire, ’n vriend van Van Aswegen, het die dag ná sy dood ’n hartroerende video op Facebook geplaas waarin hy mans aanmoedig om hulp te soek as hulle oorweldig voel deur die lewe. “Ons het ’n vriend, ’n pa en ’n man verloor. Dit breek my hart,” het hy in die video gesê. “Jannie, ons gaan jou mis.” Hy het by navraag gesê sy vriend was “’n ongelooflike man vir sy vrou en pa vir sy kinders, asook ’n puik sportman. Van Aswegen het gereeld tydens die plaaslike Zebellas-gholfklubtoernooie uitgeblink. Nog ’n vriend wat by was tydens die soektog, Jacques Roos, het aan Die Pos gesê dit was ’n baie hartseer aand. “Ek en Oubaas Jan (Van Aswegen) was van skooldae af hier op Bela-Bela vriende. Ek het hom en sy vrou, Marinda, aan mekaar voorgestel en ons is in 1994 ’n week ná mekaar getroud. Ons kom al só ’n lang pad saam,” het hy gesê. Maguire het namens die familie die GPF, Roos, Eddie Gower en die polisie bedank wat na Van Aswegen help soek het. Geen begrafnisreëlings is teen druktyd bekendgemaak nie. Van Aswegen laat sy vrou, Marinda, en sy twee dogters, Deané en Kyla, agter.

8


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.