Die Pos 18 Maart 2016

Page 1

Vrou ernstig ná aanval by oord

3

Dertien ontsnap uit polisieselle

8

Stigterslid van Lionsklub vermoor

8

®

Herrie los oor dienste 18 Maart 2016

R6.00

Dié groep betogers het vroeg op Woensdag, 9 Maart, in Sektor 1, Mookgophong, byeengekom om hul ontevredenheid oor swak dienslewering te wys.

Marietjie Steenkamp Ontevrede inwoners van Sektor 1 op Mookgophong betoog sedert Woensdag, 9 Maart, oor swak dienslewering, asook oor Sarah Monyamane, burgemeester, se leierskap. Boonop het dié oproerigheid intussen die lewe van minstens een inwoner geëis. Inwoners het Woensdag ’n protesoptog na die munisipale kantore op Mookgophong geloods om ’n memorandum met hul griewe aan Monyamane te oorhandig. Sy was klaarblyklik in Venda waar sy ’n kongres bygewoon het en kon dus nie die

memorandum ontvang nie. Die betogers het hulle daarna tot die polisiestasie op die dorp gewend. Al die uitgangsroetes van die township na die sakegebied is met brandende bande, klippe en groot boomstompe versper. Die groep van ongeveer 3 000 betogers het na die polisiestasie beweeg, die strate bemors en vullisblikke omgekeer. Naamborde in Nelson Mandelalaan is verniel en Mama Afrika, ’n restaurant in dié straat, het ook onder vandale deurgeloop. Die betogers het met hul terugkeer na Sektor 1 die burgemeester se huis geteiken en dit met klippe bestook. Ondersteuners van Monyamane en die

betogers het slaags geraak en die agterruit van Monyamane se Toyota Fortuner het in die slag gebly. Die polisie se openbare orde-eenheid (POPS) van Modimolle het die skare met rubberkoeëls uitmekaar gedryf maar die polisie moes weer Woensdagnag ingryp om woedende groepe in die gebied in toom te hou. Die betogers was op Donderdag, 10 Maart, rustiger en werkers kon terugkeer werk toe, maar die polisie moes die skare Donderdagaand wéér uitmekaar jaag. Volgens kol. Jan Koekemoer, stasiebevelvoerder van die polisie op Mookgophong, moes nóg rondtes

rubberkoeëls verkry word en twee Njalas is op Vrydag, 11 Maart, ontplooi. Die betogers het die polisie met klippe en petrolbomme gegooi. Monyamane is op Vrydag, 11 Maart, om 15:00 saam met Koekemoer, onder polisiebegeleiding na die brug oor die N1-snelweg, wat as ’n versperring gebruik word, geneem om die memorandum te ontvang. “Die memorandum is nie oorhandig nie, want daar was nie een nie,” het Monyamane aan die Die Pos gesê. Die leiers van die betoging wat nie hul name bekend wil maak nie uit vrees vir wraak, het aan Die Pos gesê hulle is moeg (Vervolg op bl. 2.)


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.